Wednesday, November 26, 2008

danksegging


"The First Thanksgiving", painted by Jean Leon Gerome Ferris (1863–1930).

More is dit "Thanksgiving" hier.
Ek se dankie vir al die wonderlike seeninge in my lewe.
Kos
Klere
Asem
Hoop
Vrede
Geloof
Genade
Liefde
Vryheid
Gesondheid

Mag elkeen wat hier lees dit ook he.
geskiedenis

Saturday, November 22, 2008

hoop in Irak

Omdat die liberaal leunende/Bush hatende media in Amerika dit nie wil erken nie, doen die bloggers dit
Kliek op die links van die hoof blogs of scroll tot onderaan die blog inskrywings en kyk ten minste na die foto's.


'n Video van 2007

Wednesday, November 12, 2008

armsvol liefde

Dankie.

Monday, November 10, 2008

Sarah geoffer.

My gedagtes was in so 'n warboel die afgelope dae, ek weet nie waarheen om met hierdie blog te gaan nie.
Dit was oorspronklik bedoel as net 'n tipe van 'n dagboek, ek het nooit eens gedink dat iemand dit sal lees nie. Dit is waarom ek in Afrikaans begin het, toe begin ek meer internasionale blogs lees en praat met hulle, maar hulle kan nie terugpraat hier nie. So, ek weet nie, ek gaan of heeltemal ophou, of my taal verander of heeltemal verander waaroor ek blog.
Eintlik het ek alle lus hiervoor verloor, ek lees nie eens meer ander blogs nie.
Sal maar moet sien.
Ek wou lankal die volgende foto's deel, hierdie is die foto's van 'n vrou, vir wie ek verskriklik baie respek het. Iemand wat nie verdien wat aan haar gedoen is nie. Sy is gevat vanuit haar suksesvolle wereld en op die wereldverhoog gesit, om 'n party wat nie kon oorleef nie, te red.
Sy het haar bes gedoen, is verneder deur 'n media wat met alle mag die oposisie in beheer wou he en nou word sy gekruisig deur lede van haar eie party.
Ek weet dat gese word dat 91% van Republikeine steeds 'n positiewe opinie van haar het, maar dit breek my hart wanneer my oorsese vriende dink dat sy 'n 'airhead' is.
Dit is ongelooflik hoe die aanmekaar gelaste onderhoude en die leuens van mense, ons beeld van iemand kan vorm.
Sy sal nooit die leuens wat oor haar vertel is kan oorleef nie, sy wou boeke verban, sy wou he dat verkragte vrouens vir hulle eie 'rapekits' betaal, sy glo in dit en sy glo in dat, sy het dit gedoen en sy het dat gedoen.
Dit maak nie saak HOEVEEL keer dit bewys is dat dit alles leuens was nie, mense glo dit nog steeds.
Sy is 'n vrou wat so baie dinge in haar eie staat bereik het, maar sy is gekruisig deur die liberale wereld waarin ons leef.
Hulle wou 'n vrou op die wereldverhoog sien, maar asseblief tog net nie een met konserwatiewe waardes nie, behoede ons!!
Ek lees nou die dag 'n aanmerking op 'n blog, die ou het geskryf: "I will take a bullet for this woman."
So, voel ek ook.
Hier is sy met haar baie kosbare babaseuntjie, Trig, die baba met down sindroom ( deesdae word 90% van baba's met down sindroom geaborteer in Amerika ) en twee van haar dogters.











Sarah, ek sal ook 'n koeel vir jou vat!

Friday, November 7, 2008

woorde wat lewe gee 5


Die Yank en ek se seker honderde keer elke dag vir mekaar dat ons mekaar liefhet, maar gister het ek 'n tydjie gevat en hom mooi vertel, hoe vreeslik ek hom waardeer en dat hy my rots en my hero is.

Toe se hy: "Our hearts are knitted together, Love."

My man WEET hoe om lewe te gee met sy woorde, nie net aan MY nie, maar ook aan ander mense.

Thursday, November 6, 2008

die lug is steeds blou



Ek lees gister een van die Kubaans-Amerikaanse blogs, waarin die ou se dat 'n vreemde ding gisteroggend gebeur het. Hy het opgestaan en toe hy buite die huis kom toe het die son opgekom en sy honde het by die deur uitgehardloop en hulle bene gaan lig, hy het koffie gedrink en sy twee dogtertjies more gesoen.

Dit klink miskien na 'n vreemde storie, maar miskien is dit meer verstaanbaar as mens onthou dat hierdie Kubane vanaf Kuba gevlug het, nadat Fidel Castro sy revolusie gewen het. Hy het 'change' belowe en het Kuba toe in 'n sosialistiese land verander.
Hulle het nog al hierdie jare bankvas agter die Republikeinse party gestaan, wat nog altyd vasgeskop het teen Castro. Hulle vertrou nie die Demokrate nie en het nog nooit in groot getalle vir hulle gestem nie. Hierdie jaar het Obama baie hard gevry vir hulle stem en almal het gedink dat hy daarin geslaag het om dit te kry.
Die verkiesing wys toe anders, die meeste Kubaans-Amerikaners het weereens vir die Republikeinse kandidaat gestem.
Hulle het vas gestaan en gese, nooit sal hulle weer deur iemand om die bos gelei word nie, hulle se dat die charisma van Obama hulle herinner aan die van Castro.
Dit, laat die van ons wat saam met hulle staan natuurlik nie gemakliker voel nie.

So, in die lig hiervan kan mens verstaan hoekom hierdie man gedink het dat die son nooit weet gaan opkom nadat die Demokrate die Wit huis gevat het Dinsdag nag nie.

Ek, het ook weereens besef, dat die lug STEEDS blou is.

Vandag, praat ek oor een van die dinge wat my verskriklik en volkome DANKBAAR maak in hierdie lewe:

Die Yank.

Ek het die wonderlikste man in die wereld, wat my ongelooflik baie liefhet.
Hy is 'n tradisionele, maar ook 'n moderne man, ek het nog altyd gese, dat ek nooit met 'n man sal kan trou, wie ek nie respekteer nie en ek het die man gekry vir wie ek nie anders kan nie, as om die hoogste respek in die wereld te he.
Hy bring die beste in my uit, werp lig op my tekortkominge en laat my skaam kry vir myself, wanneer ek onvriendelike dinge oor ander mense se.
Hy het die hoogste werketiek en selfs sy medewerkers kan nie help om hom te respekteer nie, selfs nou nadat hulle uitgevind het dat hy glad nie polities met hulle saam stem nie.
Hy werk meestal saam met Rasta-ouens van die eilande, wat nou sy siel uittrek omdat sy kandidaat verloor het.
My man vat dit soos 'n man en grap terug, al wroeg dit hom diep in sy siel.
HY kry trane in sy oe oor die geringste hartseer situasie, selfs in flieks, maar tog is hy een van die sterkste mans, wat ek ken.
Die wonderlikste ding in my lewe, is om langs hom wakker te word in die nag en sy warm liggaam, daar langs my te voel.
Dit vat die alleenheid weg, veral omdat ons absoluut op dieselfde golflengte is in alle aspekte van ons lewens.
Ek het baie lank gewag vir hom en die wag was totaal en al die moeite werd.

My man ROCK!

Wednesday, November 5, 2008

toe gaan ons vir die 'cool guy'


So, ons word wakker in 'n nuwe wereld. 'n Amerika met 'n nuwe President-elect, die Amerikaners het gepraat....
Amper die helfte van die mense in Amerika, is nie baie gelukkig vandag nie, die ander, net oor die helfte is in ekstase, saam met die res van die wereld.
Ek weet nie wat dink ons troepe en die Amerikaanse Jode, wat in Israel bly, vandag nie, meer as 70% in beide groepe, het hom nie gekies as President nie.
Feit is, ons het hom en hy is gelukkig, dat konserwatiewe mense nie op riots gaan nie.
Nee, ons is mos bitter en klou vas aan ons gewere en ons geloof, soos ons nuwe President-elect, nie so lank terug, gese het nie, maar ten minste hou ons onsself in.
So, nou sit ons en wag dat hy die wereld begin gesond maak, dit is mos wat hy belowe het.
Hy kan begin by die President van Somalie, wat al klaar hoop dat hy die probleme in sy land gaan kom uitsorteer of hy kan begin om petrol in Peggy se kar te gooi, of haar huisverband af te betaal.
Sy was een van die opgewonde ondersteuners waarmee 'n onderhoud gedoen is nadat ons President-elect, een van sy toesprake gehou het.
Ek voel nogal vandag soos ek gevoel het toe die ANC aan bewind gekom het in SA, verlig dat swart mense nou kan ophou om 'witmense' te blameer vir al hulle probleme, of in hierdie geval liberales wat konserwatiewes blameer.
Ons is bang, regtig bang vir wat 'n Obama presidensie aan Amerika gaan doen, hy het belowe hy gaan ons steenkool produksie so hoog belas, dat dit bankrot sal raak. Hy het belowe om energie pryse te laat 'skyrocket', dit is nie wat Amerika, nou nodig het nie.
Hy is daarop uit om klein besighede so hoog te belas, dat hulle nie sal kan voortbestaan nie, die Yank werk vir een van daardie, so ons voel dit aan ons lyf.
Die Yank, het amper 'n hartstilstand gekry, toe hy gesien het wat Sen. Obama se belasting behels vir Amerika, net 'n voorbeeld, hy wil mense wat geld erf so hoog belas, dat omtrent 40% van die erfgeld, na die staat toe gaan.
Hy glo ook, dat daar nie genoeg reperasie gedoen is aan swart mense na slawerny nie, selfs al is slawerny alreeds in 1856 beeindig.
Dit is interressant dat meeste mense wat gevra is, gese het dat een van die redes dat hulle vir hom gestem het, was omdat hy swart is, ten minste het Amerika aan die wereld gewys dat dit nie so rassisties is soos wat hulle gedink het nie.
Dan weer, een of ander swart persoon, het die ander dag gese dat Amerika steeds rassisties is, want Obama is net half swart....
Wat help dit egter om die goedkeuring van die hele wereld te he, as jou eie land bankrot raak.
Daar was sprake dat Wallstreet net gewag het vir 'n McCain oorwinning, om te herstel, maar dat dit dieselfde sal bly, met 'n Obama oorwinning, ons sal moet sien wat gebeur.*
Een ding waaroor ek baie bly is, is dat die Bush- en Palin-bashing (miskien) nou sal stop, ek het geleer hier in Amerika, dat liberale mense net 'tolerant' is, wanneer 'n mens saamstem met waarin hulle glo, anders verander hulle in die vreemdste wesens, wat die aakligste haat kan uitspuug, wat ek nog ooit aanskou het.
Gelukkig sal ons nou ook nie Hollywood sterre en feministe by vensters sien uitspring of in massas Kanada toe sien verhuis nie, dit is altyd 'n bonus.
Die meeste mense in Amerika, hoop vandag dat ons nuwe President-elect, nie regtig so ver links is soos sy rekord se nie, ek dink egter die wat hoop dat hy al sy beloftes in sy toesprake gaan nakom, gaan lank wag.
So, baie geluk met die oorwinning President-elect Obama, ons sal jou ondersteun, want ons glo dat 'n President dit verdien en nie die 'bashing' wat gewoonlik deur die liberales aan 'n konserwatiewe President toegedien word, die hele tyd wat hy aan bewind is nie.
Natuurlik wil ons jou suksesvol sien, want ons is lief vir hierdie land en hierdie nasie en Amerika verdien dit.
Bo alles egter, sal ek vir jou bid, want ja, ek is een van daardies wat vasklou aan my geloof.

Dankie ook aan almal wat gebid het vir ons verkiesing.

Die foto hier bo is soldate en offisiere tydens WWI, dink net die ongelooflike werk wat ingegaan het in die koreografie, om die beeld te vorm, in daardie tyd waar hulle mos nie al die tegnogologie gehad het wat ons vandag het nie.
Kliek op die foto, dit is regtig iets besonders.

****Opgedateer- 6 Nov 2008
Gaan kyk HIER, wat Wallstreet toe se.
mmmm, interressant......

Tuesday, November 4, 2008

demokrasie




ImageChef.com - Custom comment codes for MySpace, Hi5, Friendster and more
nou vir die lang wag...

Saturday, November 1, 2008

November


November in my Mucha kalender.

Net 'n paar gedagtes oor my aborsie pos van die ander dag. Dankie vir al die reaksies, positief en negatief. Jammer, ek gaan nie reageer op enige e-posse nie, ek voel te emosioneel oor die saak.
Ek oordramatiseer nie, wanneer ek sé, dat ek die afgelope weke miljoene trane hieroor gestort het nie.
Dit is 'n kwessie wat letterlik besig is om my hart uitmekaar te skeur, daar is 'n diep wroeging in my siel hieroor, dit is iets waaroor ek nie eens kan praat, sonder om te begin huil nie.
My diepste wese word aangeraak hierdeur en ek maak geen verskoning daarvoor nie.
Ek het al te naby gekom aan aborsie in my lewe en wat ek gesien het, is afskuwelik.
So, ek gaan weg wees van hier af vir 'n paar dae, ek vra weer, dat die van julle wat glo in God, asseblief sal bid vir ons verkiesing hier, in Amerika, hierdie komende Dinsdag.
Ons weet dat dit nie rérig saak maak, wie ONS in 'n posisie van mag wil hé nie, maar wie God wil.
Mag Sy wil geskied.