Tuesday, January 13, 2009

boeke

My eerste liefde-boeke. Ek onthou lang nagte by kerslig met Afrikaanse liefdesverhale, avontuurverhale, kinderboeke.
Ek is so bly dat ek op gegroei het in die dae sonder rekenaars, ek het ook nog op die platteland gebly, so ons was ver agter.
Vakansies het ek stapels boeke gehad wat ek wou deurlees, dit het altyd so 'n lekker hol kol op my maag veroorsaak, wanneer ek na daardie stapel gekyk het.
Woorde, papier, 'n wonderwerk! Die reuk van ink, ek kon nooit ophou ruik aan 'n nuwe boek nie en het altyd met my vingernaels oor elke bladsy gekrap, vreemd ek weet.
(Dit is een van my minder vreemde obsessies... shhhh. )
Hieronder, prentjies wat ek geteken het in een van die Yank se speurverhale, toemaar, die boek val uitmekaar en daar is van die bladsye weg, anders sou ek nooit daarin kon teken nie.
Ek het eenmaal 'n kortverhaal gelees oor 'n meisie student wat 'n vriend se boek geleen het en toe hy dit terug kry toe het sy prentjies in die kantlyne geteken, vlinders wat tussen die woorde verskyn en allerhande wonderwesentjies, wel dit het my gefassineer, toe dog ek....




Die boek wat ek 'n ruk terug gevou het en gebruik as nota houer op my lessenaar...


'n Wonderlike animasie video met figuurtjies wat uit boeke klim...


En laaste gaan kyk na hierdie awesomeness ek is gek oor 'pop up' boeke, was nog altyd.
Ons het een jaar op Universiteit so 'n boek uitgegee in ons koshuis en dit het allerhande sulke pop ups gehad en koeverte met goeters in, aaaah, so wonderlik.
My susters, broer en ek het vir ons ma 'n boek gemaak vir haar 60ste verjaardag, met allerhande interressante verrassings, ek het lanklaas daarna gekyk, dit was heerlik om dit te maak.
Nou ja, dit het my nou ver terug gevat.

Jacki het my blog genomineer by die bloggerchoiceawards vir 'best foreign language blog', gaan kyk daar en stem as jy so voel!
Dankie Jacki, dit is nogal iets om aan gewoond te raak.
My site was nominated for Best Foreign Language Blog!