Friday, January 30, 2009

fifi en vloei

Gek oor Fifi lapin.



en gek oor hierdie video.

irregular flow from 4khz on Vimeo.

Ons gaan 'cupcake' eiland toe vir die naweek! :)

naweek!

Ek en die Yank het albei verkoues, maar ons gaan die beste maak van die naweek.
Kyk net na hierdie Yummie koeke:

nog by cake nouveau
lekker naweek almal, rus lekker en eet 'n snytjie koek ;)

Monday, January 26, 2009

pure plesier


Die Yank se mooie voete...





aaah,
wat 'n salige
naweek.
Rondle,
lees,
fliek,
eet
journaling.
My gunsteling tipe
naweek.


vanilla roomys met Milo besprinkel, yummie!




oulike video met 'n boek met 'pop-up' letters, ek is mal oor 'pop-ups'!


Tuesday, January 20, 2009

'n nuwe dag


dankie.
Heer bewaar GWB en raak die Obama's aan asb.

Thursday, January 15, 2009

mooi

Ek het vandag bietjie op etsy rond gespeel, hier is 'n paar goed wat ek baie van hou, kliek op die mosaiek om dit beter te sien en gaan kuier by die winkels deur op die name te kliek:


gebreide hippo aaah, te wonderlik vir woorde, sy het my laat dink aan my eie skeppings van wol, toe ek nog in die laerskool was.

houthartjie so oulik.

gebreide hondehoed hier MOET jy gaan inloer, hierdie hond is dierbaar en sy baas baie talentvol, dit het my dag gemaak!

yo yo's wie het dan nie yo yo gespeel nie! Ek het altyd van die rooi Coke yo yo's gehou, maar hierdie is baie mooier.

skets as ek maar so oorpronklik kan wees.

Londen ek hou baie van hierdie ou reis advertensie plakate.

hartjie so oulik, die oranje en die felt.

sokkie honde :) wat meer kan ek se?



o, vir 'n etsy winkel...

Wednesday, January 14, 2009

onthou jy, sea monkeys?

Het jy ook advertensies vir hierdie wesentjies gesien in ou tydskrifte? Dit het my altyd gefassineer, ek het eekeer ampertjies die bestelling weg gestuur, maar ek was grillerig vir wat ek sou kry.
Ek het regtig gedink dat 'seamonkeys' soos klein, vreemde mensies lyk en dit was darem te grillerig vir my om hulle in 'n vistenk aan te hou.
Dit was in die dae voordat ek geweet het van advertensie foefies, as ek geweet het hulle was bloot maar 'glorified' garnale of so iets, sou ek minder na die advertensie gestaar het en met die paddavisse in ons visdam gaan speel het. Ai, die ou herinneringe.

wat is dit?

Tuesday, January 13, 2009

kaskenades!


Sit hierdie prentjie op 'n sieklike babablou agtergrond op my rekenaarskerm en dit is, op die oomblik, die prent wat ek die meeste haat in die hele wereld.
Glo dit of nie, ons eiland is die 'hub' vir die mees progressiewe 'fiber optic' tegnologie in die wereld, maar omdat ons regering hier so korrup is en soveel nonsens het, kon hulle nog nooit tot 'n ooreenkoms kom met die maarskappy om vir ons die beste internet konneksie in die wereld te kry nie.
So, ons moet verlief neem met 'n konneksie wat heeldag kom en gaan, seker duisende keer 'n dag verskyn hierdie bogenoemde prentjie op my skerm en dan wil ek skreeu.
Wel, ek moet seker dankbaar wees dat ons hoegenaamd internet toegang het, maar ek moet erken dat ek bederf was in Europa en nou is dit nogal frustrerend om die internet hier te gebruik.
My grootste pyn is dat baie van die foto's op mense se blogs deesdae net die klein rooi kruisie wys en as daar baie detail is op 'n blog, dan kry ek dit nie oop nie.
Nou ja, dis van my hart af, nou sal ek ophou kla.
O ja, terwyl ek nou kla oor die eiland net gou iets interressant. Kyk hoe word die kaartjies vertoon by ons 'supermark':

ha! Moenie dink jy kan gou inhardloop en 'n kaartjie koop as jy haastig is nie, die koeverte is almal op die onderste rak, so jy moet nog een soek wat pas ook...
Hoe meer dae hoe meer dinge, maar ons leef steeds in die Paradys. ;)

help my Here!

Friday, January 9, 2009

dis Vrydag!


Ons vriende vlieg more terug Kanada toe, so dit is net ek en die Yank die naweek.
Feeste!

'n Paar joernaal blaaie, wat ek gemaak het vandat ek besluit het op my woord vir die jaar.
Fly!



Ek is gek, gek oor my kersgeskenk, die PRISMACOLOR kleurpotlode, wat so sag is soos botter.

Lekker naweek almal!

Wednesday, January 7, 2009

kersfees in Egipte!

Vandag vier my vriende in Egipte Jesus se geboorte ( en ook natuurlik die Russe, miskien is daar nog ander volke ook) My gedagtes is met die Egiptiese Christene vandag, waar hulle in 'n land sit waar Christene al hoe meer vervolg en onderdruk word, selfs al was die Koptiese Christene daar, voordat die Moslems van Saudie-Arabie daar aangekom het.
Ek was 'n paar jaar gelede in Egipte en dit was fassinerend om al die geskiedkundige plekke te besoek.
Die volgende skildery is baie treffend vir my.

"Rest on the Flight Into Egypt" by Luc Olivier Merson, 1879
Kliek op die foto vir 'n groter vertoning.

Egiptiese Kersfees resep vir Lebkuchen:
(ek los dit maar in Engels)

•2 eggs
•225g almonds
•10g cinnamon
•2 1/2 teaspoon baking powder
•4 egg yolks
•225g dried peel (thinly sliced)
•1 teaspoon nutmeg
•450 sugar
•1 teaspoon grated lemon rind
•175g butter
•700g flour
1. Melt butter over low heat. 2. Stir in sugar, spices, chopped almonds and well beaten eggs. Add flour and baking powder. 3. Roll dough out thinly and cut into shapes. Place half an almond in the center of each biscuit, and brush the top of each biscuit with the white of an egg. 4. Bake at 180 degrees Celsius until brown

Tuesday, January 6, 2009

my woord


Fly!

Ek het so rondgelees op die kuns blogs die afgelope dae en baie van hulle het 'n spesiale woord gekies wat hulle as hulle motto sien vir 2009.
Dit is nogal moeilik vir my, daar is so baie goeies en gepastes.
Ek het egter op die woord VLIEG besluit, maar ek sal dit meestal in Engels gebruik, want dit is korter en lyk ook vir my mooier.
Hierdie jaar gaan ek soek na my vlerke.
Letterlik en figuurlik is dit my jaar vir vlieg.
Wat is jou woord?

Monday, January 5, 2009

muis in die huis


Die klein karnallie het twee piepklein gaatjies gevreet in elke hoek van die sif voor ons kamervenster.
Nou en dan sien ons me. Muis die huis binnesluip uit die hoeke van ons oe. Ek voel te aardig om haar in 'n muisvalletjie te vang. Ek kan nie daardie klapgeluid vat en die gedagte dat ek haar dood veroorsaak het nie en wat as sy ly? O nee goeie aarde, dit kan ek nie doen nie.
Ons het nou al gewonder wat ons kan doen wat menslik sal wees.
Vanoggend toe sien ek hierdie oulike 'kunstige' muisvalletjies, wat ook nie die muis sal beseer nie.
Ek dink egter nie almal sal werk nie...
Kyk hier hoe oulik.
Enige raad?

Saturday, January 3, 2009

eenvoud

Dis 'n nuwe jaar en hier is Januarie, in my Mucha kalender.


Gisteraand is ek weereens herinner aan die volgende vers in die Bybel.

Better is a dinner of herbs where love is than a fatted ox and hatred with it.
Proverbs 15:17
Amplified Bible




Vriende van die Yank kuier hier op die eiland op die oomblik. Hulle het 'n seilboot hier en kom so twee keer 'n jaar hierheen om te seil en aan die boot te werk. Hulle is alreeds in 'n verhouding vir 15 jaar, toe vind sy 'n rukkie gelede uit dat hy 'n hele paar ander verhoudings gehad het gedurende die tyd wat hulle al saam is en dat daar op die oomblik ook 'n ander vrou in sy lewe is.
Onnodig om te se dat dit 'n baie groot skok was vir haar.
Nou probeer hulle dinge uit werk, maar dit lyk my sy is die een wat sal moet inval by sy wense, hy sien niks verkeerd met die feit dat hy meer as een verhouding op dieselfde tyd het nie.
Sy lyk gebroke en het vreeslik baie gewig verloor in teenstelling met die Yank en ek, wat lekker rond geraak het die afgelope jaar.
So, toe dink ek gisteraand aan die bogenoemde versie, terwyl ons eet aan die biryani wat ek al laas week gekook het. Dit was so erg gespesery, dat ons dit moes afwater met meer en meer rys, ons het naderhand so baie gehad,dat ons nou al vier keer daaraan geeet het.
Praat van die weduwee se kruik, wat nooit opdroog nie!
Ons vriende het gisteraand by die duurste restaurant op die eiland gaan eet, terwyl die Yank en ek ons biryani potjie gedeel het.
Toe tref die gedagte my, ek verkies 'n eenvoudige, opgewarmde ete met liefde daarby as 'n ete in die duurste restaurant, met seer, wantroue, ontnugtering en skok daarby.

Thursday, January 1, 2009

kreatief



sterre

Ek het nog nooit van Oujaarsaand gehou nie. My hele lewe lank was ek of alleen wakker wanneer daardie klok slaan of ek het gevolunteer om te werk, enigiets om tog net nie 'n partytjie by te woon nie!
Ek kan die kere wat ek dit saam met 'n groep mense binne gegaan het op my een hand tel, eintlik 'n halwe hand.
Vir my is daar iets wat my hartseer maak wanneer ek die ou jaar groet.

Hierdie jaar was egter anders, omdat dit my eerste een saam met die Yank was. Vreemd genoeg het ek steeds daardie vreemde heimwee gehad, maar dit was lekker saam met hom.
Ons het sjampanje op die ys gehad en in die buitelug jacuzzi gaan klim net voor middernag.
Dit is deesdae nogal koel hier in die nag, so die lekker stoom warmte was heerlik. Die sjampanje was wonderlik en die wereld het sommer mooi gelyk, so gebaai in die blou lig van die jacuzzi.
Toe praat ons diep dinge, geloof dinge, God dinge. Ek het opgekyk na die wye donker uitspansel met flikkerende liggies en het gewonder of God elke detail van die aarde beplan het. Toe Hy dit gevorm het, het alles net gebeur soos dit gebeur het, of het ons hemelse Vader elke klein detail spesifiek geskep, vir ons om te geniet?
Die Yank dink dat Hy net Sy hand geswaai het en dinge geskape het, die sterre in die lug gestrooi het, maar ook fyn, klein dingetjies gemaak het, net omdat Hy kan en in oomblikke van die hoogste kreatiwiteit.
Dit is vir my lekker om hieroor te wonder en toe kom ek af op hierdie wonderbare inskrywing, ek volg haar blog nou al vir 'n rukkie en dit wat ek daar kry is soos manna

Kyk na hierdie wonderlike video:

túrána hott kurdís by hasta la otra méxico! from Till Credner on Vimeo.

hoe en waar het jy die nuwe jaar binne gegaan?

dankie vir hierdie blou planeet o Heer

'n splinternuwe lied



The doors of the year open,
like the doors of language,
onto the unknown.
Last night you said:
tomorrow
we must draw signs,
sketch a landscape, hatch a plot
on the unfolded page
of paper and the day.
Tomorrow we must invent,
anew,
the reality of this world…

Octavio Paz


skenk my wysheid Heer

foto: Joana Vasconcelos