Tuesday, September 29, 2009

herfs

Ons vlieg die einde van die week Amerika toe!
Ek kan nie wag nie,
om langs 'n wilde, woeste, koue see te stap
warm baadjies,
serpe,
handskoene,
my geliefde jean.
Ek.kan.nie.wag.nie.

New England is natuurlik
een van die dele in die State
met die mooiste herfskleure
Ek.kan.nie.wag.nie.
my maag is op 'n knop

HIER

loer ek om te sien
hoe die
verkleuring van die bome vorder


op hierdie stadium

lyk dit of ons dit net mooi

gaan tref

het ek al gese
ek.kan.nie.wag.nie?
.

Friday, September 11, 2009

Remembering Julie Lynne Zipper


Today I am remembering
Julie Lynne Zipper,
for Project 2,996

All I know about her,
is that she was
product manager of SunGard Trading Systems/BRASS
and that she died in the World Trade Centre,
during the tragic events of 11 September 2001,
now 8 years ago.
She was only
44 years old.

To me and many of us,
Julie will remain just a name
on a medical examiner's list of people,
who died that day.
I was particularly struck
by the starkness
of that list,
the rows of names
and the lack of a picture
next to her name,
but
we know that she was a woman of flesh and blood,
who loved and was loved by many.
may we never forget that,
may we never forget
that the name Julie Lynne Zipper,
belonged to a real person
and that she left behind people that love her.

I found a few memorial pages for her
and saw beautiful tributes written for her
with some people
remembering
how her shoulders shook,
when she laughed.
People saying how pretty she was,
how friendly
and how real.
I saw the little footprints
of a daughter
on those pages.
Julie was loved.

Julie Lynne Zipper
died that day,
but her soul lives on.

and
we remember
...


legacy.com

tribute page

9/11



'n man se 'onthou' getwitter gisteraand.

"One of the weirdest feelings, which I’m sure everyone can share, is that I remember distinctly feeling…
…in the month or two before the attack that “important” news no longer existed. It was all inane bulls**t about…
…shark attacks and Gary Condit and overaged pitchers in the Little League World Series. To this day…
…I try never to grumble about a slow news day because the alternative is horrifyingly worse."

lees dit, dit het my bloed laat stol...

kliek op die woorde hier onder, lees en onthou hulle:
" The Missing"
"By evening all their ash had settled so
That on the leaves outside my window glowed
Their souls in small bright stars until the rain
Cleaned all of what could not be clean again."

Project 2,996, kliek en onthou...



Sunday, September 6, 2009

die posman

tema musiek van Il Postino



...

hierdie fantastiese fliek
kom al baie jare saam met my,

.
ek het dit nou vir die eerste keer gekyk,
maar ons geskiedenis is lank

.

ek het dit omtrent 15 jaar gelede opgeneem

toe dit uitgesaai is deur die SAUK,

maar my pa het iets anders daaroor opgeneem

ek was baie ongelukkig.

maar pa het gese

dat dit nie 'n goeie fliek was nie

(seker maar oor die subtitels...)

.

ek het hom geglo

.

en

vreemd genoeg het ek dit toe nooit gesien nie,

tot nou

.

wat 'n wonder

.

ek het nie eens besef dat die digter daarin

Pablo Neruda

is nie

.

hy is een van my mees geliefde digters

en ek het eers so 4 jaar gelede van hom gehoor

.

dit het my laat besluit dat ek Spaans wil leer,

sodat ek sy werk in die oorspronklike taal kan lees

.

die volgende gedig

het ek 'n paar jaar gelede gevind

voor in 'n boek,

die naam van die boek het ek vergeet,

maar die gedig en die digter

die, onthou ek

.

Brown and agile child

Brown and agile child, the sun which forms the fruit

And ripens the grain and twists the seaweed

Has made your happy body and your luminous eyes

And given your mouth the smile of water.

A black and anguished sun is entangled in the twigs

Of your black mane when you hold out your arms.

You play in the sun as in a tidal river

And it leaves two dark pools in your eyes.

Brown and agile child, nothing draws me to you,

Everything pulls away from me here in the noon.

You are the delirious youth of bee,

The drunkedness of the wave, the power of the heat.

My somber heart seeks you always

I love your happy body, your rich, soft voice.

Dusky butterfly, sweet and sure

Like the wheatfiled, the sun, the poppy, and the water.

Pablo Neruda

.

die sien van Il Postino
was soos 'n tuiskoms,
.
'n sirkel,

.

wat uiteindelik

voltooi is

Thursday, September 3, 2009

lekkerte...

ek is gek
.
oor die gevoel van vlinders in my maag,
.
wanneer dit tyd is
vir my man
.
om huis toe te kom
van die werk af...
.
.
dit reen hier
ja, tropiese storm, Erika
het vir ons reen
gebring
.
en dit
maak my bly
.
en
dit is naweek!

Tuesday, September 1, 2009

dans van die surfers

Verlede week se Orkaan Bill, wat so 'n paar honderd kilometer van ons verby is, het vir ons die mooiste branders gebring.
Die surfers was uit in al hul glorie, want dit gebeur nie aldag hier by ons nie.










Hierdie fliek wil ek baie graag sien...
'n fliek oor hoe die see
'n groep vroue bymekaar gebring het.
Kyk mooi by 1:57 hoe dans sy op haar plank.
Wondermooi.


Die foto's op die webblad van die fliek is baie mooi.
Dear and Yonder
die tweede foto is een van 'n surf dancer
sy lyk asof sy op die water loop...