Sunday, November 29, 2009

vroee oggend lied

But tomorrow, dawn will come the way I picture her,

barefoot and disheveled, standing outside my window
in one of the fragile cotton dresses of the poor.
She will look in at me with her thin arms extended,
offering a handful of birdsong
and a small cup of light.
~William Collins

.


.
sy het gekom
en sy was
beeldskoon,
in die teenwoordigheid van
my Skepper
.

Thursday, November 26, 2009

blou is 'n bokkie

ons het gisteraand teen skemer 'n besoeker gehad voor ons deur,
ek moes suutjies rondsluip
met kamera in die hand,
hierdie foto's het baie donker uitgekom,
dit is deur die sif voor die venster geneem,
en ek moes dit ligter maak,
maar hier is sy,
in al haar prag
.
.
en toe laat die foto's van haar,
my dink aan hierdie een van die ander aand
.
'n sonsondergang
wat die lug sagpienk geverf het
.
.
vandag was Thanksgiving dag hier in die Amerikaanse wereld
en ek het so ongelooflik baie
om voor dankie te se
.
ek is mildelik geseend
.

Tuesday, November 24, 2009

pesto

aaaaa
ek het geskryf oor die pesto wat ek gemaak het.
gisteraand het ons dit gemeng,
met pasta
en
edamame
swart peper
en
parmesaan kaas

hemels
.

Monday, November 23, 2009

vol hart

die naweek was goed,
so goed



.
pesto gemaak met die basel
vir my gepluk met die hande van my

dierbare
deur die blare,

'mad as a hatter' maat
.
passievrug sap gemaak
met armsvol
passievrugte,
mmm
heerlik
.
gelees, lees, lees
.
fliek gekyk met my Yank
.
en geluister
na
Aretha Franklin
Shirley Bassey
ander wat ek nie kan onthou nie
en natuurlik Nina Simone
.
hulle musiek laat my hart swel
asof dit te groot is vir my lyf
.

hierdie lied van Nina
kan ek oor en oor en oor luister
.
.

Sunday, November 22, 2009

mooi uit die as...

gister is ek 'n lewensles geleer



hierdie piep, piep klein sampioene,
.
(die boonste tweetjies
is omtrent die grootte van 'n koppiespeld)
.
groei
in die oliekol,
waar ons ou trok
geparkeer staan,
.
voorwaar
skoonheid uit die as
.

Wednesday, November 18, 2009

paperclips

ek het alreeds aan die begin van hierdie film
'n reuse knop in my keel gehad,
nie lank nie en trane het gestroom oor my eie wange
en die van my man.
kyk dit as jy kan.


paperclips


Wikipedia

Tuesday, November 17, 2009

gedagtes in my kop

so baie wat my gedagtes vasvang deesdae
.
'n klein, bruin dogtertjie
met die reuk van appels in haar hare,
op my skoot
tydens kinderkerk
.
'n blou oog katjie,
ontdek onder die kap van ons trok,
by die vulstasie
en die verwyt dat ek haar nie kon vang
en 'n huis gee nie
waar, o waar is sy nou
.
moontlike werk,
in die dieptes van 'n universiteit,
VIGS navorsing,
klink na iets wat ek kan doen
.
'n monster groeisel
gesny van my Yank se nek,
Here, mag al die kwaad weg wees,
asseblief.
.
en die foto wat by hierdie woorde sou pas
wat ek nooit geneem het nie
.
.

Wednesday, November 11, 2009

dankie aan die Veterane...



Ek onthou toe ek eenmaal die monument vir Amerikaanse soldate wat in WWI en WWII geveg het besoek het. Dit is gelee tussen die heuwels van Cambridge in Engeland.
Die rye en rye wit kruise het my weemoedig gelaat en ook diep dankbaar vir alles wat hierdie manne opgegee het, sodat die Weste (ons) in vrede en vryheid kan lewe.
Toe het ek nog nie die opoffering van die Amerikaanse soldaat verstaan nie, dit het my gekos om hier te kom bly en saamleef met 'n patriotiese Amerikaner, om dit te kon verstaan.
Stadig maar seker het al my wilde, liberale idees, waarmee ek van Europa af gekom het, weg gesypel, soos wat ek geluister het na die Yank en Amerika begin verstaan het.
Ek het stories gehoor van Amerikaanse soldate wat alles gee om hulle land en haar mense te beskerm, selfs wanneer daardie mense hulle bespot en met eiers gooi wanneer hulle terug keer na hulle land.
Soos gebeur het met my twee swaers, wat in Vietnam geveg het. Baie van hierdie soldate het nie gekies om daar te wees nie, hulle is opgeroep vir diens en het baie getraumatiseerd terug gekeer en moes maar net op hulle eie weer normaal leer leef in 'n samelewing wat hulle gehaat het.
Ek glo vas dat ons steeds in 'n vrye wereld lewe, omdat hierdie manne ( en vroue ) dit moontlik maak.
Ek onthou ook hoe een van my ouer pasiente in Engeland vertel het, hoe aantreklik die Amerikaanse soldate tydens WWII vir hulle was, hulle het in Engeland aangeland, bruingebrand en gesond met bloesende wange, so anders as die bleek Britse mannetjies!
Geen wonder dat soveel Britse meisies met hulle weg geloop het nie.
Vra my, ek weet wat 'n Yank aan 'n mens se hart kan doen!
Hier onder, 'n paar van my foto's van die WWI en WWII gedenktuin naby Cambridge in Engeland.












en twee kosbare foto's van my nou 85 jarige skoonpa, wat Japan toe gestuur is gedurende WWII






vandag se ek dankie aan alle veterane, my skoonpa en twee van my swaers ingesluit.

Thursday, November 5, 2009

skoonheid omring my

ek het die skoonheid van New England besing in my laaste paar posse,
maar gister was een van daardie dae
wat my so bly maak dat ek hier bly
hier,
op hierdie eiland,
'n dag wat deurskynend was,
met 'n koelheid in die lug teen sonsondergang
'n dag waarop 'n mens 50 kilometer ver kan sien tot waar die ander eilande op die horison le
'n dag wat my betower het,
'n dag,
met die mag,
om my hier te hou,
vir altyd

.
.



.


.

of miskien tog

nie

.

staan stil, kyk en luister...

hier is hoe ek die ongelooflike mooi skouspel van Herfs in New England vas gevang het, met foto's en 'n kort video. Kliek op die foto's om dit in volle glorie te kan waardeer, glo my die ou klein foto'tjies doen dit 'n onreg aan.




Autumn is a second Spring, when every leaf is a flower

Albert Camus
















































volgende keer:

Die oulikste seuntjie in die wereld en die mooiste Herfs lied.


Kyk na die mooiste Herfs foto's in die Boston globe se big picture