Thursday, December 31, 2009

nog 'n dekade


"To travel back in time to 1999, you have to start by shedding a few things, as though you’re going through airport security. No iPod. No smartphone. No YouTube. No Facebook. No Twitter. In 1999, the Internet was shiny-new and just out of the box"
kliek op die woorde en lees nog meer interressanthede...
.
hierdie komende jaar gaan ek gryp met beide hande
en die rooi strik afskeur
en elke geleentheid gebruik
en elke oomblik leegsuig
dankie Here
vir tweede kanse
en derde kanse
en nog baie meer
.
.

.
nog 'n dekade
nog 'n geskenk
.
'n Voorspoedige jaar
vir jou
wens ek toe
.
.

Wednesday, December 30, 2009

ek onthou

'n paar van die dinge van Desember
wat ek wil onthou

neute
koekies
kersversierings
die reuk van speserye
'n nativity in die winkelkompleks
'n nommerplaat aan 'n onbekende se kar
liggies aan 'n huis
candy canes
dennebolle
carolers
blomme
vreugde
Jesus
rus
.
lig van die wereld
.
.

pienk verskrik

wel, wel
wie sou dit nou kon dink
ek is deesdae pienk verskrik
'n kleur wat ek nooit regtig van gehou het nie
gee my groen of oranje
nie blou of pienk nie
.
maar deesdae word ek al hoe meer aangetrek na hierdie twee kleure
.
allerhande goeters
in soetgoed pienk
en babablou
.


.
van links bo
na regs onder
.
~die malse blomme prag op ons eiland op die oomblik
~my nuwe (tweedehandse) kussingslope wat deesdae al te fraai blom
~selfs die Kersliggies in die strate word oorgeneem deur pienk rankplante
~malse wolke in skakerings van pienk soos spookasem by die Kermis
~vanilla roomys en vars aarbeie, saamgeklits in die versapper
~my nuwe (tweedehandse) teepot met die mooiste pienk roos
.
ek het die tweedehandse winkels ontdek
hier op die eiland
en dis 'n fees
.
goedkoop goeters
baie mooi
en soms amper splinternuut
en oral vang my oog die sagte pienke
en die baba bloue....

Friday, December 25, 2009

John 18:37 (New International Version)

37"You are a king, then!" said Pilate.
Jesus answered, "You are right in saying I am a king. In fact, for this reason I was born, and for this I came into the world, to testify to the truth. Everyone on the side of truth listens to me."

Geseende Kersfees

dankie Jesus
dat U gekom het
sodat ek vryheid kan he
vrede en vergifnis
vir vies wees vir my man
omdat ons Kersfees nie perfek is nie
nie is presies soos wat ek dit wou he nie
dankie Jesus
dat U die geskenk is
en vergewe my vir my tekortkominge

'n Geseende Kersfees

vir jou wat hier lees

vrede bid ek jou toe

.

Wednesday, December 16, 2009

geduld en papierknipsels




My man raak bekommerd
ek knip en knip en knip
daar is iets nuuts
elke dag
wanneer hy by die huis kom
.
'n gogga het my gebyt
.
knipsels uit papier
.
dit is zen
dit is vreugde
dit is vrede
dit is kalmte
dit is rus
.
in hierdie dae
van wag vir Kersfees
.
hierdie fantastiese, groot sneeuvlokkies
of is dit sterre
hang oral in ons klein shack
.
ek het dit ook begin maak
om vir vriende te gee
as geskenke/Kerswense
maar nou sit ek een gedrukte bladsy in
met die woorde
'Jesus is the gift'
groot sneeuvlokkies/sterre
.
geweek in gebed
vir die ontvanger
.
dit is die grootste geskenk
wat ek kan gee
.



soos ek alreeds tevore gese het
dit mag dalk hierdie Kersfees sneeu
.
ater all
.
.
.
.
.
.

'n oulike musiek video
kyk tot die einde
dit is wat die Yank bekommerd maak
.

Friday, December 11, 2009

kyk

in hierdie dae van wag
.
'n kruis
gevorm deur die raam van 'n venster
in die sonkol op my bank
.
'n donker skadu
op 'n gehekelde lap
splinternuut van die tweedehandse winkel
.
met 'n patroon soos
sneeuvlokkies
.
lyk my dit gaan 'n wit Kersfees wees
.
after all
.

Monday, December 7, 2009

hoop


Emily Dickinson het gese:

"Hope is the thing with feathers

That perches in the soul,
And sings the tune--without the words,
And never stops at all,

And sweetest in the gale is heard;
And sore must be the storm
That could abash the little bird
That kept so many warm.

I've heard it in the chillest land,
And on the strangest sea;
Yet, never, in extremity,
It asked a crumb of me. "




Hoop
,

my woord

vir hierdie tyd

van

Advent



Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!

Romeine 15:13




Sunday, December 6, 2009

soekend

hierdie foto
het ek geneem die ander aand
.
'n normale aand
soos enige ander
.
met die kleure van die sakkende son
maar hierdie
een
was tog anders
.

.
met drie wyse manne
.
die voorste een wat wys na die lug
.
'n kameel
en
die strale
van 'n ster
wat die koms
van 'n Koningskind aankondig
.
hulle
.
op reis
na 'n Verlosser
.
net soos ek
.
wat wag
.
.
.

Thursday, December 3, 2009

seenwoorde

Ierse seenwoorde
in hierdie dae
van wag,
wees geduldig tot by 1:20
en luister na die o so mooie
Ierse aksent
en natuurlik
die woorde
.

en my Advent kerse

wat die koms van 'n Koningskind

voorspel

..

Tuesday, December 1, 2009

Advent

hierdie jaar
vat ek dit rustig
.
stil
met nadenking
.
oor
wat dit beteken
dat my Vader
Sy Seun
gestuur het
vir my
.
ek
gebroke en vuil mens
.
skoon gewas
.
deur Jesus
.
en ek
wag
.
met verlange
vir 'n kind
.
om te kom in 'n stal
.
.
.

gaan lees hier by Ann Voskamp wat Advent regtig beteken, met links na ander Advent blogs.

Ann se blog, Holy experience is een plek op die net wat ek elke dag besoek.