Ek kan nie wag om hierdie fliek van Regardt van den Bergh te sien nie! Hopelik sal dit een van die dae op Netflix uitkom. Hierdie naweek gaan ons "Faith like potatoes" kyk, ek was so bly om dit deur Netflix te kry, ek het al 'n stukkie gekyk en myself verlustig in daardie Suid-Afrikaanse aksente. Die mooiste klanke, hier waar ek in die verte sit.
Vandag dink ek aan my land en sy mense, daar in die verte. Ek kan nie stem nie, ek is wel geregistreer, maar daar is nie 'n ambasade naby ons nie. Ek hoop elkeen, wat kan, gebruik hulle reg om te stem, 'n reg wat so baie ander mense in die wereld nie kan gebruik nie. Mag alles goed afloop in my hart se land en mag die goeie seevier vandag.
Wipneus druk haar liefde vir ons mooi land baie mooi uit, gaan kyk HIER
Ons het die Narnia fliek, Prince Caspian vir die tweede keer gesien, die afgelope naweek. Hierdie keer op vriende se 'wide screen' ek wil ook een he! ;) Die lied, The call van Regina Spektor, wat teen die einde van die fliek speel, is vir my so mooi. Dit maak my weemoedig en laat my verlang na al my vriende wat so ver is. Hier is 'n youtube weergawe.
"When it comes to food consumption, moving about in a heavy body is like driving around in a gas guzzler," volgens 'n artikel deur Reuters. nog 'n paar juwele daar: Overweight people eat more than thin people and are more likely to travel by car, making excess body weight doubly bad for the environment, according to a study from the London School of Hygiene & Tropical Medicine. They estimated that each fat person is responsible for about one tonne of carbon dioxide emissions a year more on average than each thin person, adding up to an extra one billion tonnes of CO2 a year in a population of one billion overweight people.
O aarde, hierdie artikel het my nou laat lag dat die trane loop. Tel dit darem dat ek nie 'n kar het nie? Dis 'n goeie ding dat my dieet/gesondheidsplan vandag begin.
Net 'n nota aan almal wat comment op my blog. Dit is baie moeilik vir my om te blog of selfs net comments te lees en veral om te reageer, met ons internet wat so kom en gaan van minuut tot minuut of moet ek se van sekonde tot sekonde! So, dit is die rede dat ek nie reageer nie, jammer! Ek sal maar sien wat ek gaan doen, dalk is dit goed om 'n breek te vat van die bloggery. Ek sien dat ek laas op die 12de gepos het en nou is dit die 21ste, ek hou van sulke toevallighede in die lewe.
Nota aan Sandra: Die woorde seder fees, in my vorige pos, is 'n link na inligting toe, oor die seder fees. Hulle se dit soveel beter as wat ek kan.
Hierbo, 'n foto van die doring kroon galaxy. So genoem omdat dit baie lyk soos die kroon van dorings wat deur die spotters op Jesus se kop gesit is. Vandag onthou ek dat Jesus moes sterf, sodat Hy weer kon opstaan, sodat ons lewe kan he.
Jesus, woorde is nie genoeg om dankie te se nie.
Ons het vandag 'n seder fees gehou, saam met vriende. Ek het nooit eens geweet van so 'n viering nie, dit was wonderlik om dit te beleef.
aaah my neus loop albei ore is so toe soos kleiosse . ek wag steeds vir die perde om horings te kry met my papiere in Suid-Afrika . my kamera is steeds weg . maar
No pessimist ever discovered the secret of the stars, or sailed an uncharted land, or opened a new doorway for the human spirit. Helen Keller
Ai, soms suck die lewe . gemors van 'n internet konneksie, vir weke nou al . verkoue, die vierde keer in ses maande .
vir dokumente
van ver oor die oseaan
burokrasie en red tape . en nou my kamera gesteel ergste is ek weet
wie
. ja
soms voel ek om op te rol in 'n balletjie en net te bly le
.
die lewe gaan egter aan met die minder mooi EN die bitter mooi . en ek het steeds liefde .
maar
soms
net soms
maak die lewe
van jou
die
April's fool
.
"The soul is dyed the color of its thoughts. Think only on those things that are in line with your principles and can bear the full light of day. The content of your character is your choice. Day by day, what you choose, what you think and what you do is who you become. Your integrity is your destiny; it is the light that guides your way." Heraclitus