Saturday, February 28, 2009

altyd 'n hand

Sjoe, dit was 'n lang week van geen internet, besig, besig, besig en lekker werk in my joernaal.
Ek mis kusntenaars soos John Martyn* en Kathy Mattea, die tipe kunstenaars, wat ek baie sien optree het in Engeland, hier is 'n lied vir jou:

*RIP John Martyn: 29 Januarie 2009








en die wonderlike Dana Falconberry!






Kyk hoe vol raak my joernaal.







Ek het 'n dagboek gehou van vroeg in my hoerskool jare en het deur die jare aan en af een gehad, maar alhoewel ek probeer het om dit visueel mooi te maak het ek nooit regtig voluit gegaan met dit nie. Dit is wonderlik hoe baie ek ontwikkel het die afgelope jaar deur meer kreatief te wees in my joernaal. Hier is twee interressante skakels oor skryf in 'n joernaal:

how to journal for therapy
100 benefits of journaling

Friday, February 20, 2009

ietsie oulik


vir Ouma's, Oupa's, ma's, pa's, tannie's, oom's ag sommer vir enigeen, gaan loer in by:
small magazine




en

ooooe, ek het deesdae 'n obsessie met oulike, opvreetbare baba's gaan kyk hier:
hideously-cute-newborn-babies




geniet die naweek.

wie nie waag nie...

Ek het soms 'n probleem dat ek te perfeksionisties kan wees. As ek iets nie perfek kan doen nie, dan doen ek dit liewer nie. Dit is vreeslik moeilik vir my om te begin teken of verf op 'n skoon bladsy, daarom is die kreatiewe joernaling wat ek deesdae doen so bevrydend. Om net aan te hou met lae plak en verf en om nie om te gee hoe dit uitdraai nie. Ek is altyd so bang dat ek iets sal belemmer en dat my bladsy nie meer so mooi sal wees nie. Dit is ook nie net deel van die kreatiewe deel van my lewe nie, ek dink ek is so met alles. Ek wil nie uitreik na iemand met wie ek dalk vriende kan wees nie, want dalk besef ek later dat ons nie regtig van mekaar hou nie en wat maak ek dan?
Weereens, as ek nie verseker is dat dit perfek sal wees nie, dan doen ek dit liewer nie.
Ek weet dit is nie reg nie en dit is nie hoe die lewe is nie en ook nie hoe ons moet lewe nie, maar soms kan ek myself nie help nie.
Vanoggend moes ek geheime neerskryf op twee joernaal bladsye en dit dan toeplak met allerhande tipe tape. Dit was moeilik genoeg vir my om eerlik oor al my foute en baie verkeerde dinge wat ek in my lewe gedoen het te wees, maar dit was nog erger vir my om dit toe te plak en dan daaroor te verf!
Ek moes myself dwing om dit te doen en dit was 'n ongelooflike bevrydende ervaring, probeer dit!
Eerstens het ek dinge neergeskryf en erken wat ek vir jare nie wou erken of selfs oor wou dink nie en toe het ek die toeplakkery en verwery verskriklik geniet.
Ek kan nie beskryf hoe dit was nie, dit was net eenvoudig wonderlik.
Hier is my bladsye, ek het net blou maskeer tape, gladde bruin en wit elektriese tape gehad, ek is nie mal oor enige van die drie nie. Ek is egter so beindruk met die eindresultaat.
Ek hou baie van die detail op die bladsye, dit kan mooi gesien word op die tweede foto.


so, dit is tyd om dapper te wees en om regtig te VLIEG, my woord vir hierdie jaar!
Die volgende video is wonderlik en som alles op, wat aan die gebeur is in my lewe deesdae: "face your giants"


Ek hou nogal van lysies en het hierdie een nou al 'n paar keer op blogs gesien en besluit om dit te doen, as deel van my nuwe voornemens, hier onder is 'n paar van die dinge wat ek al gedoen het in die lewe.
Tyd om nog meer en nog hoeer te vlieg!

Die goed wat ek al gedoen het is donkerder as die res:

1. Started your own blog
2. Slept under the stars
3. Played in a band
4. Visited Hawaii ( but living on a tropical island! :)
5. Watched a meteor shower
6. Given more than you can afford to charity
7. Been to Disneyland
8. Climbed a mountain
9. Held a praying mantis
10. Sang a solo (singing to myself all the time though)
11. Bungee jumped
12. Visited Paris
13. Watched a lightning storm at sea.
14. Taught yourself an art from scratch
15. Adopted a child
16. Had food poisoning
17. Walked to the top of the Statue of Liberty
18. Grown your own vegetables (does herbs count?)
19. Seen the Mona Lisa in France (almost)
20. Slept on an overnight train
21. Had a pillow fight
22. Hitch hiked
23. Taken a sick day when you’re not ill
24. Built a snow fort
25. Held a lamb
26. Gone skinny dipping
27. Run a Marathon
28. Ridden in a gondola in Venice
29. Seen a total eclipse
30. Watched a sunrise or sunset (who hasn't?)
31. Hit a home run
32. Been on a cruise
33. Seen Niagara Falls in person ( does the Victoria falls count? it's just as impressive)
34. Visited the birthplace of your ancestors ( aaah, so ALMOST)
35. Seen an Amish community
36. Taught yourself a new language ( still trying)
37. Had enough money to be truly satisfied ( at times )
38. Seen the Leaning Tower of Pisa in person
39. Gone rock climbing
40. Seen Michelangelo’s David (almost)
41. Sung karaoke
42. Seen Old Faithful geyser erupt
43. Bought a stranger a meal at a restaurant
44. Visited Africa
45. Walked on a beach by moonlight
46. Been transported in an ambulance ( wasn't the patient though)
47. Had your portrait painted
48. Gone deep sea fishing
49. Seen the Sistine Chapel in person (almost, it is closed on a Monday)
50. Been to the top of the Eiffel Tower in Paris
51. Gone scuba diving or snorkeling (both)
52. Kissed in the rain ( think so... )
53. Played in the mud
54. Gone to a drive-in theater
55. Been in a movie
56. Visited the Great Wall of China
57. Started a business
58. Taken a martial arts class
59. Visited Russia (does the Ukraine count?)
60. Served at a soup kitchen ( does handing out Thanksgiving meals count? )
61. Sold Girl Scout Cookies
62. Gone whale watching
63. Got flowers for no reason
64. Donated blood, platelets or plasma
65. Gone sky diving
66. Visited a Nazi Concentration Camp
67. Bounced a check
68. Flown in a helicopter
69. Saved a favorite childhood toy
70. Visited the Lincoln Memorial
71. Eaten Caviar
72. Pieced a quilt
73. Stood in Times Square (does the one on St Croix count? :)
74. Toured the Everglades
75. Been fired from a job
76. Seen the Changing of the Guards in London
77. Broken a bone
78. Been a passenger on a motorcycle
79. Seen the Grand Canyon in person
80. Published a book
81. Visited the Vatican
82. Bought a brand new car
83. Walked in Jerusalem
84. Had your picture in the newspaper
85. Kissed a stranger at midnight on New Year’s Eve
86. Visited the White House
87. Killed and prepared an animal for eating
88. Had chickenpox
89. Saved someone’s life (taken part in CPR efforts that were successful)
90. Sat on a jury
91. Met someone famous
92. Joined a book club
93. Got a tattoo
94. Had a baby
95. Seen the Alamo in person
96. Swam in the Great Salt Lake
97. Been involved in a law suit
98. Owned a cell phone
99. Been stung by a bee

VLIEG!

dankie vir my vlerke Jesus


Tuesday, February 17, 2009

seeninge


vergeet kom gou
.
kla kom maklik
.
veral in hierdie tye
.
maar
.
met vol maag
.
warm lyf
.
met die wieg
in 'n hangmat
.
met die fluistering
van geheime
deur 'n ewige see
.
met die tel van seeninge
.
so
.
kom die dankbaarheid
.
.
hoe dan anders.





(bloot net gedagtes, nie enigsins
bedoel as poesie nie)

dankie Here vir hierdie seeninge

Monday, February 16, 2009

presidente dag

Vandag is presidente dag hier en ook George Washington se geboortedag.
Ek leer deesdae baie van die Amerikaanse geskiedenis, want die Yank is baie lief vir geskiedenis en het altyd iets om my te vertel.
'n Oulike video met al die Amerikaanse presidente van Washington tot vandag:

Sunday, February 15, 2009

V is vir...

ons valentyn:


rooi rose, sweetheart, aarbei harte, pienk yoghurt en blou bessies, sé dit, soet liefde.

ons het ook die fliek 'Slumdog millionaire' gaan kyk, dit was baie goed gedoen, defnitief werd om te gaan sien. Dit was net hartseer en het my laat terugdink aan die tyd wat ek in Mumbai was en verstom was oor al die kinders in die slums. Ek onthou hoe ek gedink het dat hulle nooit die voorreg sal he om soos ek op die platteland van Afrika groot te word en vars lug in te asem nie. Dit was tragies vir my, maar mens vergeet so gou, hierdie fliek het my net weer laat onthou.

'n video vir valentyn, met 'n onverwags skokkende einde:

we can love
we can cherish
we can protect
we can empower

why don't we?

Saturday, February 14, 2009

my valentyn

Sonnet XVII - Pablo Neruda

"I do not love you as if you were salt-rose, or topaz,
or the arrow of carnations the fire shoots off.
I love you as certain dark things are to be loved,
in secret, between the shadow and the soul.
I love you as the plant that never blooms
but carries in itself the light of hidden flowers;
thanks to your love a certain solid fragrance,
risen from the earth, lives darkly in my body.
I love you without knowing how, or when, or from where.
I love you straightforwardly, without complexities or pride;
so I love you because I know no other way
than this: where 'I' does not exist, nor 'you',
so close that your hand on my chest is my hand,
so close that your eyes close as I fall asleep.


hierdie man...



myne...



en ek syne...



vir ewig...



en altyd...


Even after all this time,
the sun never says to the earth,
"You owe me."
Look what happens with a love like that.
It lights the whole sky.
~Hafiz~





Kyk na hierdie oulike webwerf: iloveyoumorethanblank

en van die Washington post, mense se liedesverhale in 6 woorde
baie klink so negatief en ek dink my gunsteling was ook negatief bedoel:
"Marriage is a neverending slumber party"
MAAR ek hou van slumber parties, so vir my is dit 'n wonderlike gedagte.




ek hoop vir jou - liefde.

dankie Here, vir die genade van liefde

Friday, February 13, 2009

lag, dis Vrydag.

Nog musiek van Kings of convenience.
'n Oulike video, wat my laat dink het aan die hoofkarakter in die flieks Napoleon Dynamite en Mama's boy en ook op 'n bisarre manier aan die Yank!



Ja, my man lyk miskien nie so nerdy nie, maar hy weet hoe om my te laat lag, hy is kooky en sweet en cute, opvreetbaar so, met kuiltjies in sy wange, wat my kniee lam maak.
Aanlas 16/02/09:
Ek het gisteraand gedroom dat iemand my kamera by my probeer afvat, toe val die Yank hom aan met 'n paar karate skoppe. Die 'mugger' skop die Yank toe op sy skeen en die Yank val op sy maag en lag en lag.
Hy het daarna darem weer opgestaan en my toe verlos van my aanvaller.
Ja, my man laat my selfs lag in my drome!

Paul Newman se vrou Joanne Woodward, het gese:
"Sexiness wears thin after a while and beauty fades, but to be married to a man who makes you laugh every day, ah, now that's a real treat.".

wyse woorde.

Soos Napoleon Dynamite sou se: "Flippen sweet man."

groot verlang.

Hierdie liedjie sluit aan by my droom, waar ek saam met my familie by 'n troue was.
Ek onthou nog steeds die wonderlike, warm gevoel, waarmee ek al laggende wakker geword het.
Luister na Kings of convenience
met Homesick,
so mooi:

Thursday, February 12, 2009

blomme van Gaza

net betyds vir Valentine's:

Aanhaling van die dag/week/jaar/eeu:
"Basically it is a Palestinian decision - whether they want to send flowers or rockets," Lerner said.
(spokesman for the Israeli Defense Ministry agency that handles Palestinian civilian affairs)

Wednesday, February 11, 2009

staar reuse in die gesig.

Facing the giants:

Die Yank en ek het hierdie ongelooflike mooi fliek gekyk die ander aand. Ja, trane het 'n paar keer oor ons albei se wange gestroom, terwyl ons dit gekyk het. Dit het iets diep binne ons albei aangeraak.
'n Paar van die situasies in die fliek is baie na aan ons eie omstandighede, so dit was persoonlik.
'n Wonderlike 'skoon' fliek met 'n ewige boodskap en dit se ek as iemand wat nie hou van 'soetsappige' Christen fiksie nie.
Hierdie fliek is gemaak met 'n baie klein budget deur 'n kerk, maar dit was goeie kwaliteit.
Ek raak deesdae moeg vir die vieslike gemors wat baie keer deur Hollywood uitgegee word.
Ek het ook 'n paar reuse om in die gesig te staar en soms vergeet ek dat dit moontlik is om dit te doen, dit was goed om herinner te word daaraan deur hierdie fliek.

Sunday, February 8, 2009

vlerkie



Jy het saam met my gevlieg
vanuit die verre koue
na hierdie hitte.
Jy het nie jou eie, piepklein
vlerkies gebruik nie,
maar was toegedraai
in sagte papier
in karton.
Jy, my diebare
glasengeltjie.
Toe laat ek jou val
en jy splinter
in tientalle,
klein stukkies.
Net die genade,
van 'n goudomraamde
glasvlerkie
het heel gebly.
Jy, my engeltjie
wat hierdie nuwe lewe
met my moes deel.
Hierdie vlerkie
sal ek bere.
Hoe gepas,
my woord
vir die jaar is
'fly'
en nou
kan ek dit doen,
met jou,
geleende,
kleine,
glasvlerkie.


Wednesday, February 4, 2009

vriendskap


Dis alweer Februarie en hier is my Mucha kalender. Kyk hier na die res.


Die Mucha meisie het my laat dink aan my mooie vriendin in Engeland, wat einde verlede jaar getroud is met haar droom man. Sy is my maatjie, met wie ek soveel pret gehad het by die werk en in die koue strate van Oxford. Ons is absoluut teenoorgesteldes in baie opsigte, maar ons het groot vriende geraak en ek mis haar baie.
Ek kon nie by haar troue wees nie, so sy het vir my hierdie foto's gestuur, my mooie maatjie wat soos 'n beeldskone Bollywood aktrise lyk, ek moet met haar spog vandag.






Ek verlang na ons kuiers in Starbucks, waar ons gesels het oor werk, ons liefdes en baie ander dinge. Ons het ons mans op omtrent dieselfde tyd ontmoet en min het ons geweet dat ons albei 'n jaar later getroud sou wees, dat ek ver oor die oseaan sal bly en dat ons mekaar so min sal sien.
Ongelooflik hoe radikaal 'n mens se lewe kan verander in net 'n jaar.

I woke up laughing


Die ander oggend het ek al laggende wakker geword. Die Yank moes my vra wat dan aangaan, so hard het ek gelag.
Ek het gedroom dat ek by 'n troue is met my hele familie.
Die Yank het bloedrooi gekleurde hare gehad en my suster se hare was groen. Dit was 'n fantasie van my onderbewussyn, wat beter as ek weet, hoe vreeslik ek my familie mis.
Ek is vasgevang in 'n maalkolk van Amerikaanse burokrasie en redtape, met werkpermitte en die regte dokumente om hier te kan werk en aan die ander kant van die Atlantiese oseaan, is dit Afrika tyd, die tyd wat geen respek vir enige Westerling het nie, om my dokumentasie hier te kry.
Dit alles moet eers uitgewerk word, voordat ek ooit weer my voete in die stof van Afrika kan sit.
Het jy al ooit gevoel asof jy in 'n doolhof vasgekeer sit?

Monday, February 2, 2009

my liefsteling - the thought of you


Anniversary

Love, like friendship
Must be about something
Besides itself.

I love you, not for the sake of loving,
Nor for the sake of being loved,
But for the sake of the truths we share,
The joy of walking on the same secret road.

I love you, not out of my need for love,
But because of our common vision,
Our travels on the same quest.
We are collaborators, companions, allies,
Face to face and side by side.

I love you, not because love has survival value,
But because you are helping give value to survival.

I love you because you stand for yourself,
And I for myself,
And we are like sovereign princes of independent states,
On neutral ground,
Free of contexts and naked of surroundings.

No shadow of necessity, no burdensome duty
Oversees our love, nor constraint without reason.
We are free and equal as if we had met an hour ago,
While the affection and tenderness of years
Enfolds us.

I love you because in making this journey with you
I have seen you a thousand times
In fear, in anger, in sickness and in tears,
And still you ring true.

I love you, and you love me,
Because we bring out of each others depths
All that is best and wisest, and funniest,
And most exquisite.

Among all the spirits that roam our planet
We have found each other,
And we are lucky beyond measure and description
To be in such company.

–Susan De Vore


The thought of you...

music that fills my heart until it feels like bursting, the same way that your love and your words do.
mmm, ek sien die video is afgehaal en ek kry nie 'n ander een nie, so ek gaan hierdie een hier los.


Thank you, for a year of beauty, like I've never known before.

my hart sing tippy tippy tay, vir jou my hart