Showing posts with label eiland styl. Show all posts
Showing posts with label eiland styl. Show all posts

Wednesday, August 3, 2011

Die ewige see.

"Wide sea,
that one continuous murmur
breeds along the pebbled shore
 of memory!"
John Keats



"Those who live by the sea
 can hardly form a single thought of which the sea
 would not be part."


                                                                    Hermann Broch


"To me, the sea is like a person
like a child that I've known a long time.
I never feel alone when I'm out there."

--Gertrude Ederle

Friday, May 28, 2010

roadtrip as seen through a dirty windshield




.




.


.

.





.

how far can you go on an island?





Sunday, December 6, 2009

soekend

hierdie foto
het ek geneem die ander aand
.
'n normale aand
soos enige ander
.
met die kleure van die sakkende son
maar hierdie
een
was tog anders
.

.
met drie wyse manne
.
die voorste een wat wys na die lug
.
'n kameel
en
die strale
van 'n ster
wat die koms
van 'n Koningskind aankondig
.
hulle
.
op reis
na 'n Verlosser
.
net soos ek
.
wat wag
.
.
.

Thursday, November 5, 2009

skoonheid omring my

ek het die skoonheid van New England besing in my laaste paar posse,
maar gister was een van daardie dae
wat my so bly maak dat ek hier bly
hier,
op hierdie eiland,
'n dag wat deurskynend was,
met 'n koelheid in die lug teen sonsondergang
'n dag waarop 'n mens 50 kilometer ver kan sien tot waar die ander eilande op die horison le
'n dag wat my betower het,
'n dag,
met die mag,
om my hier te hou,
vir altyd

.
.



.


.

of miskien tog

nie

.

Tuesday, September 1, 2009

dans van die surfers

Verlede week se Orkaan Bill, wat so 'n paar honderd kilometer van ons verby is, het vir ons die mooiste branders gebring.
Die surfers was uit in al hul glorie, want dit gebeur nie aldag hier by ons nie.










Hierdie fliek wil ek baie graag sien...
'n fliek oor hoe die see
'n groep vroue bymekaar gebring het.
Kyk mooi by 1:57 hoe dans sy op haar plank.
Wondermooi.


Die foto's op die webblad van die fliek is baie mooi.
Dear and Yonder
die tweede foto is een van 'n surf dancer
sy lyk asof sy op die water loop...

Wednesday, July 15, 2009

warm hart

Ek is melancholies,
ja uit en uit
soos in, nie coleries of flegmaties of sanguinies nie.
Nee, ek is melancholies
so, ek hou van my eie geselskap
en is bang vir verwerping,
baie bang.
My man is alles vir my,
alles wat ek nodig het.
Maar,
ek het gesoek na 'n vriendin.
Hier op hierdie eiland,
waar elkeen mekaar ken,
waar mens in 'n glashuis woon,
waar almal weet wat jy doen, gedoen het
en nog gaan doen.
Toe,
vind ek haar,
'n vriendin wat anders is,
wat spesiaal is.
My vriendin,
wat altyd geskenkies aandra vir almal.
Sy, wat nie 'n tweedehandse, gevlekte hempie kan weggooi nie,
want dit het die son op.
My sonskyn vriendin.
Sy wat kunsblomme plant in haar tuin.
Wat vir my bottels vol verf gee
en fyn, fyn koper stof
en wat dan baie bang is dat ek dit sal inasem.
Sy met die verskriklike, mooi,
maar verskriklike deurmekaar huis,
sy met die liefde wat straal uit haar ystee wat sy vir my skink
en die vars appeltert
wat sy gebak het.
Sy, my sonskynvriendin,
sy, wat nie hierdie woorde kan verstaan nie,
maar wat die taal van my hart verstaan.
Dankie my maat.










Tuesday, June 23, 2009

magic op 'n Vrydagaand ( foto bygevoeg )



(opgedateer met 'n foto van 'n properse kiekieboks )
.
dis nog nie eens die 4de Julie nie,
maar, jy weet nooit wat jy gaan kry
op 'n soel Somersaand
op 'n Vrydag op 'n tropiese eiland nie
.
.
gisteraand het 'n maat, vuursirkels gemaak
op 'n strand
.
die son het gesak en het 'n pienk horison agter gelaat
.
hy is gevange gehou in 'n sirkel van lig
en
daar was tonge van vuur
wat gedans het deur die lug en oor die sand
.
daar is magic gemaak
.
en
dis met moeite vasgevang met 'n selfoon

.
.
.
daar was magic gemaak,
.
magic gemaak vir my,
.
ja
daar is sommige mense
wat magic kan maak, enige plek, enige tyd
.
met 'n paar stukke staalwol en 'n lang stuk draad
gebere in 'n ou koffieblik, agter op 'n bakkie
.
.
soek hulle,
die mense wat kan magic maak,
enige plek en enige tyd
.
.
ons het so baie gelag
.
iets wat nie nuut is, vir my man nie
.
maar gisteraand het ons ekstra baie gelag
.
wonderlike tye
.
die volgende video laat my sing,
die woorde laat my dink aan vriende, goeie tye en
liefde

update

21 Junie 2009:

toe gaan kuier ek by Relyn vandag en vind haar blogpos:

"magic in their pockets"

en sy skryf oor mense wat magic maak vir ander mense

gaan kyk daar,

ons maat, die een met die vuursirkels, die een wat magic maak

hy


hoort ook in haar blogpos


Wednesday, June 17, 2009

wasdag

die vreugde van
helderbont,
geblomde sonrokke,
al flappend
in die wind
.
die vreugde van
die skoon
babapoeier reuk
van die son,
in die lap
.
die vreugde van
wonderskone
blomme,
klein,
klein
skepseltjies
en
sampioene
in bruidsrokke geklee
.


.

.

.

.

.

.

.

.

.


.
die vreugde van
sintuie
.
en
die vreugde om
klere te he,
om te was,
op my
wasdag

Friday, June 12, 2009

luilekker Somers naweke

'n paar van my mees geliefde dinge
.
wit, wasige branders
.
die Yank
.
laat middae
.
die silhouet van 'n pelikaan teen die lig
.
.
wolke
.
spelende dogtertjies, in rooi
.
sappige aarbeie
.
.
'n wit laphoed
.
voetjie-voetjie speel
.
soentjies en drukkies
.
.
strandstoele
.
fyn voetspoortjies in die sand
.
pieknieks
.
.
en natuurlik al die wonders
waarvan daar nie foto's
geneem kan word nie
.
skole klein, silwer vissies
al spelende om my bene
.
suikerbek voeltjies op die strand
.
'n sjampanje prop wat plof
.
die wind
.
en
natuurlik
liefde

Wednesday, May 20, 2009

eiland alleen

die seening van 'n wegbreek naweek,
geleende boot,
'n eilandparadys,
net vir ons twee,
op 'n Sondag aand,
donker, onweers wolke
en louwarm
turkoois oseaan
.


.


.


.


.

.

eva en haar adam.

.

Thursday, March 19, 2009

die eilande

All I have seen teaches me to trust the creator for all I have not seen.
Ralph Waldo Emerson











Dankie vir al die eiertjies, gele op my vorige pos. Ek kan glad nie my comments oopmaak nie en ook nie enige iemand se blogs nie.
Ja, een van die minder lekker dinge van op 'n eiland bly.
Ek se weereens dankie en ek hoop ek kan gou weer by almal uitkom.