Friday, August 29, 2008

doodles en dromme op die pavement


Is dit nie wonderlik wanneer mens jou reg maak vir ure se wag en dan handel jy alles, wat jy moes doen, af binne 'n halfuur nie?
Ek moes vanoggend my vingerafdrukke en foto's laat neem by die Amerikaanse immigrasie kantore en het gedink ek gaan ure wag, toe is ek sommer gou klaar. Ek gaan eet toe 'n ietsie en drink 'n yummie frappucino by die Starfish patesserie!
Dit is ons enigste ware 'koffie' plek hier op die eiland en hulle koffie is heerlik. Starbucks was een van my gunsteling uithang plekke toe ek in Engeland gebly het, so dit is lekker om so dan en wan by Starfish uit te kom.
Dit was lekker om net te skryf in my dagjoernaal en sommer net te doodle, totdat my pen se ink opgeraak het.
Snaaks, as kind het ek so baie keer so gedoodle en opgehou toe ek groot word, dit het vir my soos tydmors begin voel.
Vanoggend was dit egter vrek lekker om net so tyd te mors....

Ek kon dit nie weerstaan om die pragtige koeke af te neem nie, al het die vrou agter die toonbank my skeef aangekyk...


Gepraat van dinge wat ek as kind gedoen het, ek kry hierdie videotjie nou die dag en toe dink ek aan hoe ek altyd daarvan gehou het om teen verskillende voorwerpe te tik, om die verskillende klanke te hoor...

vreemd, ek weet, maar dit was 'n obsessie en dit was nie die vreemdste van my obsessies nie...

Thursday, August 28, 2008

weer Tibet...

Die video:
Leaving fear behind

deur
Dhondup Wangchen,

dit is 25 min lank,
dit wys
wat die pragtige mense
van Tibet
gedink en gevoel het
oor die feit
dat die Olimpiese spele
in China gehou sou word.
Dit lyk miskien na mostert
na die maal,
maar dit wys ook wat
hulle voel en dink
oor die aneksasie van
hulle land
deur China.

kyk, luister en leer...
o, en onthou,
kliek onderaan die video
as jy dit volskerm
wil kyk...




en as dit nie
hier wil werk
nie,
gaan kyk dit
hier

:)


Moes myself moed gee, ek is oppad na die voertuig registrasie kantoor, en dit kan ure vat....
O, en oor 5 maande en 5 dae is die Yank en ek 'n hele jaar getroud....
Happy times!

Kyk my blomme in TECHNICOLOR! :)





Wednesday, August 27, 2008

blog prysie

Baie dankie aan Jacki vir die pragtige blog award wat sy aan my gegee het omdat sy dink dat my blog 'beautiful and yummie is :)



Die reéls is eenvoudig:
1. Maak 'n blog inskrywing en gee die toekenning aan sewe ander blogs waarvan jy hou.
2. Gaan na hulle blogs en vertel hulle dat hulle 'n toekenning van jou gekry het.

Ek gee dit dus aan:

something white vir 'n hartbrekend mooie blog in wit, en soms ander kleure...

thea (sommer vir altwee jou blogs!) vir haar inspirasie, ek wil ook 20 hande hé, soos sy

muriel oordat sy in so 'n mooi wéreld bly met blomme en musiek en altyd 'n bemoedigende woord het

bronwyn vir haar ontsettende mooi en inspirerende dagboeke

sandra vir die deel van haar interressante woestyn wéreld met woord, sang en prentjies

nikita vir al die goed wat sy my leer, hoe kan ek ooit kers vashou?

zee omdat sy bitter mooi goed skryf en dikwels soveel wonderlike juweeltjies op haar blog het

daar is natuurlik soveel wonderlike blogs wat ek by draai en lees, mense met wonderwoorde en prentjies uit hulle penne, maar vandag gee ek hierdie prysie vir mense met regte egte, mooi prentjies en/of musiek by hulle woorde.
Dan is daar ook natuurlik al my Engelse/Amerikaanse/Skandinawiese/Japanese blogvriende, maar my blog is in Afrikaaans, so ek gee die prysie vir mense wat my kan verstaan, hier.

Tuesday, August 26, 2008

my eiland 2


hierdie is die kleur van die waters meeste van die tyd, ek het nooit geglo dat die see werklik hierdie kleur kan wees nie, maar dit is...







let op die gebrek aan branders, wat dikwels hier voorkom, hier is ook die mooiste wolkformasies, waaroor ek baie bly is, want ek is 'n wolkejagter....















alles is nou ook baie groener na die reénseisoen begin het, hierdie foto's is in die begin van die jaar geneem, dus ons 'Winter'...

word vervolg...

Monday, August 25, 2008

my eiland 1

Vir Sandra, wat gevra het:













word vervolg....

vir Tibet.....

Die stryd gaan steeds voort,
die wéreld het hulle medaljes gevat
en geloop
en die mense van Tibet
sit steeds in verdrukking
of sterf selfs....
Die volgende Skype onderhoud
en baie ander links
en inligting oor Tibet,
by ....
boingboing :



lees my tirade
oor die Olimpiese spele in China
hier.
en
Nikita hier.
lees ook wat
Muriel sé, vandag...

'n Vroee wurm of is dit voél?

Ek was nog nooit 'n oggend mens nie, dis so lekker om weer om te draai wanneer daardie wekker afgaan en my neus toe te trek met 'n snoesige kombers. Deesdae doen ek egter wat hy aanbeveel:

The breeze at dawn has secrets to tell you.
Don’t go back to sleep.
You must ask for what you really want.
Don’t go back to sleep.
People are going back and forth across the doorsill
where the two worlds touch.
The door is round and open.
Don’t go back to sleep.
–Rumi


Met daardie koppie boeretroos in die hand lees ek wat my vriende op die web gedoen het of te sé het, ek luister musiek en vang op met die daaglikse nuus.
Ek het darem ook uiteindelik my blogroll beter gemaak, sodat ek mooi kan opvang met almal se blogs en nie iets mis nie.
Die lied in die volgende video draai heel oggend in my kop.
Dit is so 'n pragtige, positiewe lied en beelde. Ek stem nie vir Obama nie, maar ek bid ook vir Amerika, die land wat teen en wil en dank myne geword het, omdat dit my geliefde Yank se hartland is.
As ek een ding geleer het in die afgelope 6 maande, dan is dit dat, wanneer mens lief word vir iemand, sy drome ook jou drome word.



Gewoonlik gaan ek darem vir 'n oggendstap ook, maar vanoggend het dit gereén, moet sé ek was nie rérig lus vir stap nie.

Ek vind Pia toe vanoggend, en het verlore geraak in haar blog en haar soundscape en toe verlang ek na my Winter oggend,van lank gelede, met sneeu wat val op die Eiffeltoring....

Sunday, August 24, 2008

vandag eet ek rose


Lekker lui Sondag,
na 'n kopseer
vir 3 dae,
wat 'n genade
dis verby...
Vandag,
net ek
en die Yank,
in die bed,
heeldag,
met kerk hou op ons eie,
foto's kyk,
swerf
op die net,
omelette eet,
video kyk,
goeie musiek luister,
miskien later 'n swem.
Wat meer kan ek vra?

Friday, August 22, 2008

Woorde wat lewe gee 3


'You are making my life worth living' van die Yank, toe ek hom nader trek vir nog so 'n biejtie langer in die bed lé, toe hy vanoggend al moes opgestaan het.



Die youtube video wat hy vir my gestuur het daar in die BEGIN van ons uitgaan dae.
En niks het sederdien verander nie...

Wednesday, August 20, 2008

die boodskap van 'n hommelvoeltjie

Uiteindelik, uitgevang jou klein karnallie!






Uiteindelik kry ek toe vir meneertjie mooi. Hierdie klein karnallies is vreeslik vinnig en hulle hou ook nie baie van mekaar nie, hule is klein vegtertjies! Hulle swiep op mekaar af en jaag mekaar heeldag rond!
Ek weet nie hoe ander mense dit reg kry dat hulle meer as een laat drink by dieselfde voerder nie, maar myne haat mekaar.
Ek wens ek kon met myne dans:




Hommelvoeltjies is tekens van:

energie
vitaliteit
vreugde
hernuwing
opregtheid
genesing
uithouvermoe
vrede
oneindigheid
agility (wat is dit tog in mooi Afrikaans?)
speelsheid
lojaliteit
liefdevolheid


Dit is nie algemeen bekend dat die fladderende vlerkies van 'n hommelvoeltjie, in die patroon van die oneindigheid simbool beweeg nie, dit bevestig hulle as die simbool van oneindigheid.

Deur die voeltjie dop te hou kry mens die idee dat hulle nooit moeg word nie. Hulle is altyd aktief op soek na die soetste nektar en so herinner hulle ons om altyd die goeie in die lewe en die skoonheid in elke dag te soek.

Hulle is ongelooflike migrasie voeltjies, sommiges is al gevind 2000 myl van waar hulle gemerk was. Dit herinner ons om aan te hou om ons drome te volg...

Die belangrikste vrae wat die klein voeltjie vra is:
Waar is jou vreugde:
Soek jy jou vreugde innerlik of uiterlik?
Wat is die bron van jou vreugde?
Wat kan jy doen om jou vreugde te vermeerder?

My klein wonderwesentjies het my geleer om die vreugde in die klein dingetjies te soek en dat die eenvoudigste dinge soms die mooiste is...

Onthou altyd die Hommelvoeltjie se boodskap is:
Die soetste nektar is binne jou bereik!


Baie interressante feite oor die klein wonderwerkies hier by Wikipedia
Hulle is onder andere die enigste voels wat agteruit kan vlieg!
Daar is ook oneindig baie en pragtige video's op Youtube van hulle, ek kan heeldag daar spandeer! Kyk hierna en luister na die wonderlike stem van David Attenborough.
Ek is bekoor en vasgevang en verlief, ek sal hulle bestudeer solank ek aan hierdie kant van die Atlantiese oseaan bly....

Ditte en datte

Vandag wil ek net 'n paar goeters hier sit wat ek die afgelope week gevind het, wat vir my mooi was/my gefasineer het/ek ongelooflik gevind het...

Die volgende foto's van die nuutste SARIE , ek kyk maar na die tydskrif op die web, want ek het nog nooit sovér gekom om dit deur die pos te kry nie. Hierdie foto's is vir my so mooi en ek het 'n roos soos die donker pienke gekoop toe ek laas in SA was....






Moeg vir daardie stoute kat wat jou meubels krap? Miskien moet jy SOFT PAWS kry?
Goeie genugtig wat nou nog?!

Hierdie bakkie is vir my baie mooi, ek hou van borde en bakke wat vir niks anders goed is as om na gekyk te word nie, ek is ook mal oor woorde en letters op gebruiksartikels:


Dit was via Apartment therapy ongelukkig het ek nie die direkte link nie.

Lus vir ietsie om te eet, hoe lyk dit met hierdie roomys van porselein, te kry by
MINT



Die volgende foto fasineer my. Nou kyk, enigiemand wat my ken weet hoe lief ek is vir boeke en dit is baie moeilik vir my om 'n boek weg te gooi, selfs al is dit 'n trashy liefdesverhaal.
Hierdie 'kuns' is egter vir my wonderlik. Ek het gister 'n boek so begin vou, toe kom die Yank later by my met die boek en vra wat dan nou hier aangaan. Hy was verbaas, want hy weet hoe ek voel oor boeke, ek kla altyd oor die toestand van my boeke nadat hy dit gelees het!
Gaan kyk HIER vir meer...



Ek vind toe vanoggend uit dat daar nie net hummingbirds is nie, maar ook hummingbird MOTTE! Wat 'n wonderwéreld woon ons in! Ek probeer alreeds vir twee dae 'n mooi foto kry van my hummers, maar dis moeilik, hulle is vinnig!
Kyk HIER
na die motte...







Soek jy 'n bietjie pampering? Daar is blykbaar deesdae SPA'S waar jy 'n pedikuur kan kry deur vissies gedoen. Te grillerig vir my! Vandat ek begin snorkel en skuba duik het en gesien het wat alles om 'n mens se voete draai in die see, gril ek selfs wanneer ek swem!



Wie sou kon dink 'n vlieg kan mooi wees? Dr LA kan enigiets mooi maak....



Nou ja, genoeg vir eers, ek het 'n boek om te gaan vou....

Tuesday, August 19, 2008

Boeke, skulpe, foto's en die liefde


Ek het begin lees aan hierdie boek, ek het dit al vir jare elke nou en dan opgetel in 'n boekwinkel en gewik en geweeg om dit te koop, maar nooit sovér gekom nie. Gister toe ontdek ek die oulikste winkel met die mooiste boeke, kaartjies en geskenke hier in ons baie 'moderne' winkelsentrum.
Een van my groot klagtes oor die eiland is dat dit nie lekker winkeltjies met snuisterye het nie en daar ontdek ek die een toe toevallig en wat 'n fonds!
Hulle het toe die boek op hulle rakke en ek het dit weer opgetel en die keer besluit om dit te lees.
Sy was die eerste vrou wat 'n lisensie gekry het as 'glider' vlieénier in die VSA, maar hier gesels sy natuurlik oor lesse wat sy by die see geleer het oor die lewe, die liefde en verhoudings.
Die boek trek my aan, miskien omdat ek nou so naby aan die see bly en ek ook dinge leer uit die natuur, boodskappe kry en altyd na die dieper betekenis in gebeurtenisse soek.

"Patience and faith. One should lie empty,
open, choiceless as a beach –
waiting for a gift from the sea."


Soos die skrywer sé, leer ek ook hier op die eiland, in hierdie fase van my lewe, dat 'n mens soms net geduldig moet wag vir geskenke en gawes en dat dit dikwels van die see af kom.
Sy praat in die boek van die dubbele 'sunrise' skulp en vergelyk dit met verhoudings in haar lewe. Ek onthou toe dat die Yank die ander dag so 'n dubbele skulp opgetel het toe ons gesnorkel het en ek het dit gaan soek en dit mooi bestudeer en is totaal daardeur bekoor, kyk na my foto daarvan hieronder.



Elke klein groefie en bobbeltjie is perfek gevorm en die twee helftes pas so volmaak op mekaar. Die een helfte met 'n groefie en die ander helfte met 'n riffie om daarin te pas. Dit het my so laat dink aan my huwelik en hoe ons mekaar aanvul en so dieselfde is in so baie opsigte. Ek sien defnitief die skulp as 'n geskenk van die see af, miskien gestuur deur 'n almagtige Vader en ek sal hom prys vir my huwelik, elke keer wanneer ek na hierdie skulp kyk.

'n Ander wonderlike boek wat ek eendag opgetel het in 'n stowwerige tweedehandse boekwinkel op die Engelse platteland is die volgende een:



Die skrywer, Sherry Suib Cohen, skryf oor haar ondervindinge met haar man wat mal is oor visvang en hoe sy groei en oorleef deur dit alles. Dit het my so laat dink aan my eie huwelik met die Yank wat hou van seil en ek wat seesiek raak.
Soveel juwele in hierdie boek.
Ek het haar selfs ge-epos eenkeer en sy het 'n baie oulike e-pos terug gestuur aan my.

Ek het toe ook gister uiteindelik 'n raam vir die Yank se ouers se troufoto gekry. Ek dink dit lyk baie mooi, ek wik en weeg nog of ek die raam moet verf, ek hou nie eintlik van die donker nie, maar kyk net die pragtige detail daarvan.



My skoonouers was bitter jonk toe hulle getroud is, sewentien en agtien jaar oud en hullle is nou in hulle tagtigs, dink net hoe dit moet wees om sestig jaar getroud te wees...
Hulle is so 'n wonderlike paartjie, wat baie stry en struwel, maar mens kan sien hoe lief hulle mekaar het en dat hulle nie sonder mekaar kan lewe nie. Ek weet dat ek en die Yank mekaar te laat in die lewe ontmoet het om so lank getroud te bly, maar ek hoop dat ons ook saam oud kan word.

Hier onder is 'n foto van my groot glas bottel wat ek gevul het met skulpe, breinkoraal, ystervarkpenne en 'n metaal deurklopper in die vorm van 'n skeepsanker. Die anker is deur vriende aan ons gegee as 'n geskenk, met die wens dat ons huwelik altyd geanker sal bly...



Die volgende foto is van my 'birdfeeder', tropiese storm Faye is nou die dag hier oor ons en ons was dankbaar dat sy nie PMS gehad het en in 'n orkaan verander het nie, maar kyk net die vreemde kleur van die lug.
Dit het baie hard gedonder en blits ook, nogal skrikwekkend, alhoewel 'n mens weet dat die eiland die reén nodig het.



Ja, so bly elke dag op die eiland interressant, mens weet nooit wat vir jou wag elke dag nie. Daar is blykbaar 'n moontlikheid dat al die krag afgeskakel gaan word van Vrydag af, want ons kragstasie het nie geld nie.
Hulle wag natuurlik weer vir die Amerikaanse regering om hulle te kom help. Daar is soveel korrupsie op die eiland en almal wil net die soustrein ry. So, ons sal maar sien wat móre bring...