hier, word bladsye gevul, met die asemteue van my hart. (Soos aanbeveel deur William Wordsworth)
Wednesday, December 30, 2009
ek onthou
pienk verskrik
wie sou dit nou kon dink
ek is deesdae pienk verskrik
'n kleur wat ek nooit regtig van gehou het nie
gee my groen of oranje
nie blou of pienk nie
maar deesdae word ek al hoe meer aangetrek na hierdie twee kleure
Friday, December 25, 2009
Geseende Kersfees
dat U gekom het
sodat ek vryheid kan he
vrede en vergifnis
vir vies wees vir my man
omdat ons Kersfees nie perfek is nie
nie is presies soos wat ek dit wou he nie
dankie Jesus
dat U die geskenk is
en vergewe my vir my tekortkominge
'n Geseende Kersfees
vir jou wat hier lees
vrede bid ek jou toe
.
Wednesday, December 16, 2009
geduld en papierknipsels

My man raak bekommerd
ek knip en knip en knip
daar is iets nuuts
elke dag
wanneer hy by die huis kom
.
'n gogga het my gebyt
.
knipsels uit papier
.
dit is zen
dit is vreugde
dit is vrede
dit is kalmte
.
in hierdie dae
van wag vir Kersfees
.
hierdie fantastiese, groot sneeuvlokkies
of is dit sterre
hang oral in ons klein shack
.
ek het dit ook begin maak
om vir vriende te gee
as geskenke/Kerswense
maar nou sit ek een gedrukte bladsy in
met die woorde
'Jesus is the gift'
groot sneeuvlokkies/sterre
geweek in gebed
vir die ontvanger
.
dit is die grootste geskenk
wat ek kan gee
.

soos ek alreeds tevore gese het
dit mag dalk hierdie Kersfees sneeu
.
ater all
.
'n oulike musiek video
kyk tot die einde
dit is wat die Yank bekommerd maak
.
Friday, December 11, 2009
kyk
.
gevorm deur die raam van 'n venster
in die sonkol op my bank
'n donker skadu
splinternuut van die tweedehandse winkel
met 'n patroon soos
sneeuvlokkies
lyk my dit gaan 'n wit Kersfees wees
Monday, December 7, 2009
hoop
"Hope is the thing with feathers
And sings the tune--without the words,
And never stops at all,
And sweetest in the gale is heard;
And sore must be the storm
That could abash the little bird
That kept so many warm.
I've heard it in the chillest land,
And on the strangest sea;
Yet, never, in extremity,
It asked a crumb of me. "
Hoop,
Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!
Sunday, December 6, 2009
soekend
Thursday, December 3, 2009
seenwoorde
in hierdie dae
en luister na die o so mooie
Ierse aksent
.
wat die koms van 'n Koningskind
voorspel
..
Tuesday, December 1, 2009
Advent
gaan lees hier by Ann Voskamp wat Advent regtig beteken, met links na ander Advent blogs.
Ann se blog, Holy experience is een plek op die net wat ek elke dag besoek.
Sunday, November 29, 2009
vroee oggend lied
barefoot and disheveled, standing outside my window
in one of the fragile cotton dresses of the poor.
She will look in at me with her thin arms extended,
offering a handful of birdsong
and a small cup of light.
~William Collins
.
.
sy het gekom
Thursday, November 26, 2009
blou is 'n bokkie
ek moes suutjies rondsluip
hierdie foto's het baie donker uitgekom,
dit is deur die sif voor die venster geneem,
en ek moes dit ligter maak,
maar hier is sy,
in al haar prag
.

Tuesday, November 24, 2009
pesto
gisteraand het ons dit gemeng,
met pasta
en
edamame
swart peper
en
parmesaan kaas
Monday, November 23, 2009
vol hart
so goed
deur die blare,
Sunday, November 22, 2009
mooi uit die as...
Wednesday, November 18, 2009
paperclips
kyk dit as jy kan.
Tuesday, November 17, 2009
gedagtes in my kop
Wednesday, November 11, 2009
dankie aan die Veterane...
Ek onthou toe ek eenmaal die monument vir Amerikaanse soldate wat in WWI en WWII geveg het besoek het. Dit is gelee tussen die heuwels van Cambridge in Engeland.
Die rye en rye wit kruise het my weemoedig gelaat en ook diep dankbaar vir alles wat hierdie manne opgegee het, sodat die Weste (ons) in vrede en vryheid kan lewe.
Toe het ek nog nie die opoffering van die Amerikaanse soldaat verstaan nie, dit het my gekos om hier te kom bly en saamleef met 'n patriotiese Amerikaner, om dit te kon verstaan.
Stadig maar seker het al my wilde, liberale idees, waarmee ek van Europa af gekom het, weg gesypel, soos wat ek geluister het na die Yank en Amerika begin verstaan het.
Ek het stories gehoor van Amerikaanse soldate wat alles gee om hulle land en haar mense te beskerm, selfs wanneer daardie mense hulle bespot en met eiers gooi wanneer hulle terug keer na hulle land.
Soos gebeur het met my twee swaers, wat in Vietnam geveg het. Baie van hierdie soldate het nie gekies om daar te wees nie, hulle is opgeroep vir diens en het baie getraumatiseerd terug gekeer en moes maar net op hulle eie weer normaal leer leef in 'n samelewing wat hulle gehaat het.
Ek glo vas dat ons steeds in 'n vrye wereld lewe, omdat hierdie manne ( en vroue ) dit moontlik maak.
Ek onthou ook hoe een van my ouer pasiente in Engeland vertel het, hoe aantreklik die Amerikaanse soldate tydens WWII vir hulle was, hulle het in Engeland aangeland, bruingebrand en gesond met bloesende wange, so anders as die bleek Britse mannetjies!
Geen wonder dat soveel Britse meisies met hulle weg geloop het nie.
Vra my, ek weet wat 'n Yank aan 'n mens se hart kan doen!
Hier onder, 'n paar van my foto's van die WWI en WWII gedenktuin naby Cambridge in Engeland.




en twee kosbare foto's van my nou 85 jarige skoonpa, wat Japan toe gestuur is gedurende WWII
vandag se ek dankie aan alle veterane, my skoonpa en twee van my swaers ingesluit.
Thursday, November 5, 2009
skoonheid omring my
vir altyd
.
.
of miskien tog
nie
.
staan stil, kyk en luister...
volgende keer:
Die oulikste seuntjie in die wereld en die mooiste Herfs lied.
Kyk na die mooiste Herfs foto's in die Boston globe se big picture






















