Thursday, March 19, 2009

die eilande

All I have seen teaches me to trust the creator for all I have not seen.
Ralph Waldo Emerson











Dankie vir al die eiertjies, gele op my vorige pos. Ek kan glad nie my comments oopmaak nie en ook nie enige iemand se blogs nie.
Ja, een van die minder lekker dinge van op 'n eiland bly.
Ek se weereens dankie en ek hoop ek kan gou weer by almal uitkom.

vrede











Sunday, March 1, 2009

seil en sterre kyk

Alweer 'n nuwe maand!


Maart in my Mucha kalender.
Kyk hier na die ander maande, wat ek in my blog gepos het.
Ek kan nie wag om hierdie prente in my joernaal te gebruik nie!

Ons gaan seil hierdie week, met die boot in die foto bo aan my blog. Is ek nie geseend nie? Ja, ek weet, ek bly in die Paradys en kan seil, net wanneer ek wil en die see geniet, terwyl my vriende in Engeland vries en dit een van die dae Winter sal wees in Suid-Afrika.
Dit is defnitief 'n makliker lewe om in die trope te bly. Ek dra glad nie toe skoene nie en het vandat ek hier bly nog nooit 'n trui of selfs 'n langmou top gedra nie of selfs 'n langbroek nie! Moenie eens praat van jeans nie, ek sal seker nooit weer een dra nie, nie terwyl ek hier bly nie.
Dit is net rokke en kortbroeke, ek weet dit is vir sommige mense 'n droom, maar ek mis Winter klere, dit was nog altyd mooier vir my as Somers klere.
I.e.g. ons gaan seil die week.
Hopelik is die see nie te rof nie en raak ek nie te erg seesiek nie, dit kan nogal 'n probleem wees vir my.
Dit sal goed wees om weg te kom, sterre te tel en die wind op ons gesigte te voel.
Dit is tyd om die spinnerakke weg te waai.