Tuesday, June 23, 2009

magic op 'n Vrydagaand ( foto bygevoeg )



(opgedateer met 'n foto van 'n properse kiekieboks )
.
dis nog nie eens die 4de Julie nie,
maar, jy weet nooit wat jy gaan kry
op 'n soel Somersaand
op 'n Vrydag op 'n tropiese eiland nie
.
.
gisteraand het 'n maat, vuursirkels gemaak
op 'n strand
.
die son het gesak en het 'n pienk horison agter gelaat
.
hy is gevange gehou in 'n sirkel van lig
en
daar was tonge van vuur
wat gedans het deur die lug en oor die sand
.
daar is magic gemaak
.
en
dis met moeite vasgevang met 'n selfoon

.
.
.
daar was magic gemaak,
.
magic gemaak vir my,
.
ja
daar is sommige mense
wat magic kan maak, enige plek, enige tyd
.
met 'n paar stukke staalwol en 'n lang stuk draad
gebere in 'n ou koffieblik, agter op 'n bakkie
.
.
soek hulle,
die mense wat kan magic maak,
enige plek en enige tyd
.
.
ons het so baie gelag
.
iets wat nie nuut is, vir my man nie
.
maar gisteraand het ons ekstra baie gelag
.
wonderlike tye
.
die volgende video laat my sing,
die woorde laat my dink aan vriende, goeie tye en
liefde

update

21 Junie 2009:

toe gaan kuier ek by Relyn vandag en vind haar blogpos:

"magic in their pockets"

en sy skryf oor mense wat magic maak vir ander mense

gaan kyk daar,

ons maat, die een met die vuursirkels, die een wat magic maak

hy


hoort ook in haar blogpos


Friday, June 19, 2009

monster pa's en vetplante

daar woon 'n
monstervoel buite
ons huis
.
eintlik
is dit maar net
'n pappa voel
en
'n mamma voel
met
piepklein babas
wat leef
in die hoek
van die dak,
op die stoep
.
en pappa voel
is baie ontsteld
wanneer ons
uit die huis kom
en
swiep oor
ons koppe
.
hier is 'n foto
van scary,
monster pappa
.
die foto
het my hard
laat lag
.
gelukkige Vadersdag
monster pappa,
.
van
jou dankbare kroos
.
.
laas week
het ek 'n steggie geplant,
net 'n stukkie
van 'n wonderbare
vetplant
wat vir twee dae
in die son
in die trok vergeet is
.
ek het dit net in die grond gedruk
.
en
nou is ek beloon
met die mooiste, fynste
oranje blommetjie
.
daar is steeds geen wortels nie
.
ek het gekyk
.
maar sy blom
.
wat 'n lewensles
vir my
.

Thursday, June 18, 2009

lammerkinners

Op snikheet warm, Karibbiese
middae
.
luister ek
na die geroep
van lammers
in die vallei
.
en
met weemoed
in my hart
.
vra ek my niggie
vir foto's,
.
foto's
van lammers
.
en
kry
hierdie
kosbaarheid
.
.
lammers
en 'n
dogtertjie,
.
in die Winter
.
ver
op 'n plaas
in Afrika
.
en ek onthou
.
die Wintersonnetjie
en die geroep
van lammers
uit my eie
kinderdae
.
ek het ook
gebly
op 'n plaas
ver
in Afrika

Wednesday, June 17, 2009

wasdag

die vreugde van
helderbont,
geblomde sonrokke,
al flappend
in die wind
.
die vreugde van
die skoon
babapoeier reuk
van die son,
in die lap
.
die vreugde van
wonderskone
blomme,
klein,
klein
skepseltjies
en
sampioene
in bruidsrokke geklee
.


.

.

.

.

.

.

.

.

.


.
die vreugde van
sintuie
.
en
die vreugde om
klere te he,
om te was,
op my
wasdag

Sunday, June 14, 2009

gesigte

Friday, June 12, 2009

luilekker Somers naweke

'n paar van my mees geliefde dinge
.
wit, wasige branders
.
die Yank
.
laat middae
.
die silhouet van 'n pelikaan teen die lig
.
.
wolke
.
spelende dogtertjies, in rooi
.
sappige aarbeie
.
.
'n wit laphoed
.
voetjie-voetjie speel
.
soentjies en drukkies
.
.
strandstoele
.
fyn voetspoortjies in die sand
.
pieknieks
.
.
en natuurlik al die wonders
waarvan daar nie foto's
geneem kan word nie
.
skole klein, silwer vissies
al spelende om my bene
.
suikerbek voeltjies op die strand
.
'n sjampanje prop wat plof
.
die wind
.
en
natuurlik
liefde

Monday, June 1, 2009

woorde wat lewe gee 7



met die verwaarlosing van my blog, het ek ook opgehou met rekord hou van my man se helende woorde...

gister:

"You are my perfect angel..."

soveel ander,
vergete in die kronkels van my brein,
van nou af,
sal ek hulle weer kom neerpen.

nog meer
van sy woorde wat lewe gee,
.
.
.
.
.
my liefde vir JOU,
my kosbare man,
.
"a thousand kisses deep"
.
so mooi

gese

deur

Leonard Cohen

.



Mucha

Junie in my MUCHA kalender



gaan kyk HIER na die res.

Wednesday, May 20, 2009

eiland alleen

die seening van 'n wegbreek naweek,
geleende boot,
'n eilandparadys,
net vir ons twee,
op 'n Sondag aand,
donker, onweers wolke
en louwarm
turkoois oseaan
.


.


.


.


.

.

eva en haar adam.

.

Thursday, May 7, 2009

hierdie lewe...

Now we should live when the pulse of life is strong. Life is a tenuous thing... fragile, fleeting. Don't wait for tomorrow. Be here now! Be here now! Be here now!
Anonymous.


Gaan kyk na hierdie webwerf, 'n seun wat sy pa eer:

Katie se troufoto's


beide hartroerend hartseer mooi.

en gaan dan en

Gryp die dag.

Friday, May 1, 2009

Mei


dis Mei maand in my MUCHA kalender, kyk HIER na die res

Thursday, April 23, 2009

flieks!

"Tornado and the Kalahari horsewhisperer":


Ek kan nie wag om hierdie fliek van Regardt van den Bergh te sien nie!
Hopelik sal dit een van die dae op Netflix uitkom.
Hierdie naweek gaan ons "Faith like potatoes" kyk, ek was so bly om dit deur Netflix te kry, ek het al 'n stukkie gekyk en myself verlustig in daardie Suid-Afrikaanse aksente. Die mooiste klanke, hier waar ek in die verte sit.

Wednesday, April 22, 2009

stemreg 'n voorreg



Vandag dink ek aan my land en sy mense, daar in die verte.
Ek kan nie stem nie, ek is wel geregistreer, maar daar is nie 'n ambasade naby ons nie.
Ek hoop elkeen, wat kan, gebruik hulle reg om te stem, 'n reg wat so baie ander mense in die wereld nie kan gebruik nie.
Mag alles goed afloop in my hart se land en mag die goeie seevier vandag.

Wipneus druk haar liefde vir ons mooi land baie mooi uit, gaan kyk HIER

Foto van HIER, 'n stukkie Suid-Afrika in Londen.

Tuesday, April 21, 2009

ek roep van ver.

Ons het die Narnia fliek, Prince Caspian vir die tweede keer gesien, die afgelope naweek. Hierdie keer op vriende se 'wide screen' ek wil ook een he! ;)
Die lied, The call van Regina Spektor, wat teen die einde van die fliek speel, is vir my so mooi.
Dit maak my weemoedig en laat my verlang na al my vriende wat so ver is.
Hier is 'n youtube weergawe.

Ek ry 'n "gasguzzler"


"When it comes to food consumption, moving about in a heavy body is like driving around in a gas guzzler,"
volgens 'n artikel deur Reuters.
nog 'n paar juwele daar:
Overweight people eat more than thin people and are more likely to travel by car, making excess body weight doubly bad for the environment, according to a study from the London School of Hygiene & Tropical Medicine.
They estimated that each fat person is responsible for about one tonne of carbon dioxide emissions a year more on average than each thin person, adding up to an extra one billion tonnes of CO2 a year in a population of one billion overweight people.

O aarde, hierdie artikel het my nou laat lag dat die trane loop.
Tel dit darem dat ek nie 'n kar het nie?
Dis 'n goeie ding dat my dieet/gesondheidsplan vandag begin.

Net 'n nota aan almal wat comment op my blog. Dit is baie moeilik vir my om te blog of selfs net comments te lees en veral om te reageer, met ons internet wat so kom en gaan van minuut tot minuut of moet ek se van sekonde tot sekonde!
So, dit is die rede dat ek nie reageer nie, jammer!
Ek sal maar sien wat ek gaan doen, dalk is dit goed om 'n breek te vat van die bloggery.
Ek sien dat ek laas op die 12de gepos het en nou is dit die 21ste, ek hou van sulke toevallighede in die lewe.

Nota aan Sandra: Die woorde seder fees, in my vorige pos, is 'n link na inligting toe, oor die seder fees.
Hulle se dit soveel beter as wat ek kan.

Sunday, April 12, 2009

Hy het opgestaan



Hierbo, 'n foto van die doring kroon galaxy.
So genoem omdat dit baie lyk soos die kroon van dorings wat deur die spotters op Jesus se kop gesit is.
Vandag onthou ek dat Jesus moes sterf, sodat Hy weer kon opstaan, sodat ons lewe kan he.

Jesus, woorde is nie genoeg om dankie te se nie.

Ons het vandag 'n seder fees gehou, saam met vriende.
Ek het nooit eens geweet van so 'n viering nie, dit was wonderlik om dit te beleef.

Thursday, April 9, 2009

geseende Paasfees



(the 1991 release from Enya, Shepherd Moon).
The lyrics:

My life goes on in endless song
above earth's lamentations,
I hear the real, though far-off hymn
that hails a new creation.

Through all the tumult and the strife
I hear it's music ringing,
It sounds an echo in my soul.
How can I keep from singing?

While though the tempest loudly roars,
I hear the truth, it liveth.
And though the darkness 'round me close,
songs in the night it giveth.

No storm can shake my inmost calm,
while to that rock I'm clinging.
Since love is lord of heaven and earth
how can I keep from singing?

When tyrants tremble sick with fear
and hear their death knell ringing,
when friends rejoice both far and near
how can I keep from singing?

No storm can shake my inmost calm,
while to that rock I'm clinging.
Since love is lord of heaven and earth
how can I keep from singing?

My life goes on in endless song
above earth's lamentations,
I hear the real, though far-off hymn
How can I keep from singing?

How can I keep from singing?

original hymn by Robert Wadsworth Lowry

dankie Jesus.

Thursday, April 2, 2009

wag

aaah
my neus loop
albei ore is so toe
soos kleiosse
.
ek wag steeds
vir die perde
om horings te kry
met my papiere
in Suid-Afrika
.
my kamera is
steeds weg
.
maar

No pessimist ever discovered the secret of the stars, or sailed an uncharted land, or opened a new doorway for the human spirit.
Helen Keller

miskien

net

miskien

is ek veronderstel

om te leer

geduldig te raak

.

die wyse man het gevra:

Gee my geduld

maar gee dit NOU

.

ek sal wag

.

en daar pop my ore

:)

.

Wednesday, April 1, 2009

April


dis April maand in my MUCHA kalender, kyk HIER na die res

soms

Ai,
soms suck die lewe
.
gemors van 'n internet konneksie,
vir weke nou al
.
verkoue,
die vierde keer in ses maande
.
vir dokumente
van ver oor die oseaan
burokrasie en red tape
.
en nou
my kamera gesteel
ergste is
ek weet

wie

.
ja
soms voel ek om
op te rol in 'n balletjie
en net te bly le
.
die lewe gaan egter aan
met die minder mooi
EN
die bitter mooi
.
en
ek het steeds
liefde
.
maar
soms
net soms
maak die lewe
van jou
die
April's fool
.

"The soul is dyed the color of its thoughts.
Think only on those things that are in line with your principles
and can bear the full light of day.
The content of your character is your choice.
Day by day, what you choose,
what you think and what you do is who you become.
Your integrity is your destiny;
it is the light that guides your way."
Heraclitus