Thursday, October 29, 2009

liefde

het ek julle al ooit vertel van my skoonouers?
dit is hoog tyd.
hierdie twee mense het tien kinders in die wereld gebring
en agt van hulle groot gekry,
nou het hulle 'n agter kleinkind in pleegsorg.
hulle is in die tweede helfte van hulle tagtigs.
wie kan hulle dit nadoen?

die klein knaap is vreeslik oulik en 'n handvol
ons het baie pret gehad




met wurms gespeel



en ver gestap




blare versamel



en dit sommer rondgestrooi ook



my geliefde seilman het blaarbootjies op 'n stroom laat vaar



'n klein charmer




en ons


en
hier is die mooiste Herfs lied, wat my laat verlang na daardie bome en woude waardeur ons gestap het in Connecticut







Wednesday, October 28, 2009

nog Herfs

met die Yank by die werk, wys ek nog Herfs foto's...




die ou plaashuis waar my skoonouers begin het, hier het hulle 9 kinders gehad
die laaste een, my man, is gebore na hulle na hulle huidige huis toe getrek het





op 'n soel Herfs oggend is die park banke leeg




hierdie gesinnetjie het darem die koel weer aangedurf, met 'n piekniek langs die meer




'n kerk in die tipiese boustyl van New England


'n ou geroeste brug na nerens



ongelooflike kleure






van die takke was reeds kaal en selfs dit het mooi foto's gemaak




pragtige New England, om elke draai 'n fotomooi prentjie

ek mis jou

.


Tuesday, October 20, 2009

woorde wat lewe gee 11

Bright star


Hierdie fliek wil ek baie graag sien, ek kan nie wag nie. Dit is die storie van die romanse van John Keats en Fanny Brawne.

Dit het my herinner aan die mooi woorde van my eie man, met sy warm arms om my:
"You are flesh of my flesh, you are bone of my bone..."

kyk HIER vir nog van sy woorde, wat lewe gee...

Monday, October 19, 2009