Wednesday, July 29, 2009

woorde wat lewe gee 9

"My love for you is like a huge ball. I love you and the ball gets bigger and bigger as you love me back, it is like a huge snowball. The ball of my love for you, is so big now, that three men will have to help me to get it on the back of my truck."
Die woorde van my Yank na aanleiding van my vraag of hy my liewer het as sy eerste vrou.
HIER is nog van sy woorde wat lewe gee.

Monday, July 27, 2009

Woorde wat lewe gee 8

"My love for you, is like the rings on a tree, it gets more and more the longer we are together..."
Die woorde van my man, hier vir ewig, woorde wat lewe bring in my hart.
Gaan kyk HIER na die res.




'n foto van een van die manjifieke koraal bome hier op die eiland, hulle is almal in rooi geklee op die oomblik, 'n fantastiese gesig.

Wednesday, July 15, 2009

Afrika kom na my toe

Dit is weer daardie tyd,
die tyd vir Afrika om na my toe te kom.
Ek was so lanklaas daar,
dit is 'n goeie ding
dat sy by my kom kuier.
In die Somer het ons dikwels
sulke wasige dae hier in die Karibbiese wereld.
Dit is wanneer groot stofstorms vanaf die Sahara woestyn,
oor die Atlantiese oseaan
na ons toe kom
Dit maak die lug wasig en rooi
en die sonsondergange is nie so fantasties
soos gewoonlik nie.
Vir my is daar egter heimwee in die gedagte
dat dit die grond van Afrika is,
wat oral om ons in die lug is.



Gaan lees
hier
dit is 'n artikel van vroeer in die Somer
oor die gebeurtenis.
Hulle se dat areas so groot soos Spanje
oor die Atlantiese oseaan waai,
dit slaan my asem weg!

Wetenskaplikes het organismes hier gevind,
wat gewoonlik net in Afrika voorkom,
hulle neem aan
dat dit klou aan die sandkorrels
en dan so hierheen reis.
.
Die foto is net voor sonsondergang geneem,
'n ongelooflike gesig.

warm hart

Ek is melancholies,
ja uit en uit
soos in, nie coleries of flegmaties of sanguinies nie.
Nee, ek is melancholies
so, ek hou van my eie geselskap
en is bang vir verwerping,
baie bang.
My man is alles vir my,
alles wat ek nodig het.
Maar,
ek het gesoek na 'n vriendin.
Hier op hierdie eiland,
waar elkeen mekaar ken,
waar mens in 'n glashuis woon,
waar almal weet wat jy doen, gedoen het
en nog gaan doen.
Toe,
vind ek haar,
'n vriendin wat anders is,
wat spesiaal is.
My vriendin,
wat altyd geskenkies aandra vir almal.
Sy, wat nie 'n tweedehandse, gevlekte hempie kan weggooi nie,
want dit het die son op.
My sonskyn vriendin.
Sy wat kunsblomme plant in haar tuin.
Wat vir my bottels vol verf gee
en fyn, fyn koper stof
en wat dan baie bang is dat ek dit sal inasem.
Sy met die verskriklike, mooi,
maar verskriklike deurmekaar huis,
sy met die liefde wat straal uit haar ystee wat sy vir my skink
en die vars appeltert
wat sy gebak het.
Sy, my sonskynvriendin,
sy, wat nie hierdie woorde kan verstaan nie,
maar wat die taal van my hart verstaan.
Dankie my maat.










Thursday, July 9, 2009

..