Showing posts with label foto's. Show all posts
Showing posts with label foto's. Show all posts

Thursday, November 5, 2009

staan stil, kyk en luister...

hier is hoe ek die ongelooflike mooi skouspel van Herfs in New England vas gevang het, met foto's en 'n kort video. Kliek op die foto's om dit in volle glorie te kan waardeer, glo my die ou klein foto'tjies doen dit 'n onreg aan.




Autumn is a second Spring, when every leaf is a flower

Albert Camus
















































volgende keer:

Die oulikste seuntjie in die wereld en die mooiste Herfs lied.


Kyk na die mooiste Herfs foto's in die Boston globe se big picture

Thursday, October 29, 2009

liefde

het ek julle al ooit vertel van my skoonouers?
dit is hoog tyd.
hierdie twee mense het tien kinders in die wereld gebring
en agt van hulle groot gekry,
nou het hulle 'n agter kleinkind in pleegsorg.
hulle is in die tweede helfte van hulle tagtigs.
wie kan hulle dit nadoen?

die klein knaap is vreeslik oulik en 'n handvol
ons het baie pret gehad




met wurms gespeel



en ver gestap




blare versamel



en dit sommer rondgestrooi ook



my geliefde seilman het blaarbootjies op 'n stroom laat vaar



'n klein charmer




en ons


en
hier is die mooiste Herfs lied, wat my laat verlang na daardie bome en woude waardeur ons gestap het in Connecticut







Wednesday, October 28, 2009

nog Herfs

met die Yank by die werk, wys ek nog Herfs foto's...




die ou plaashuis waar my skoonouers begin het, hier het hulle 9 kinders gehad
die laaste een, my man, is gebore na hulle na hulle huidige huis toe getrek het





op 'n soel Herfs oggend is die park banke leeg




hierdie gesinnetjie het darem die koel weer aangedurf, met 'n piekniek langs die meer




'n kerk in die tipiese boustyl van New England


'n ou geroeste brug na nerens



ongelooflike kleure






van die takke was reeds kaal en selfs dit het mooi foto's gemaak




pragtige New England, om elke draai 'n fotomooi prentjie

ek mis jou

.


Friday, June 19, 2009

monster pa's en vetplante

daar woon 'n
monstervoel buite
ons huis
.
eintlik
is dit maar net
'n pappa voel
en
'n mamma voel
met
piepklein babas
wat leef
in die hoek
van die dak,
op die stoep
.
en pappa voel
is baie ontsteld
wanneer ons
uit die huis kom
en
swiep oor
ons koppe
.
hier is 'n foto
van scary,
monster pappa
.
die foto
het my hard
laat lag
.
gelukkige Vadersdag
monster pappa,
.
van
jou dankbare kroos
.
.
laas week
het ek 'n steggie geplant,
net 'n stukkie
van 'n wonderbare
vetplant
wat vir twee dae
in die son
in die trok vergeet is
.
ek het dit net in die grond gedruk
.
en
nou is ek beloon
met die mooiste, fynste
oranje blommetjie
.
daar is steeds geen wortels nie
.
ek het gekyk
.
maar sy blom
.
wat 'n lewensles
vir my
.

Thursday, June 18, 2009

lammerkinners

Op snikheet warm, Karibbiese
middae
.
luister ek
na die geroep
van lammers
in die vallei
.
en
met weemoed
in my hart
.
vra ek my niggie
vir foto's,
.
foto's
van lammers
.
en
kry
hierdie
kosbaarheid
.
.
lammers
en 'n
dogtertjie,
.
in die Winter
.
ver
op 'n plaas
in Afrika
.
en ek onthou
.
die Wintersonnetjie
en die geroep
van lammers
uit my eie
kinderdae
.
ek het ook
gebly
op 'n plaas
ver
in Afrika

Wednesday, June 17, 2009

wasdag

die vreugde van
helderbont,
geblomde sonrokke,
al flappend
in die wind
.
die vreugde van
die skoon
babapoeier reuk
van die son,
in die lap
.
die vreugde van
wonderskone
blomme,
klein,
klein
skepseltjies
en
sampioene
in bruidsrokke geklee
.


.

.

.

.

.

.

.

.

.


.
die vreugde van
sintuie
.
en
die vreugde om
klere te he,
om te was,
op my
wasdag

Friday, June 12, 2009

luilekker Somers naweke

'n paar van my mees geliefde dinge
.
wit, wasige branders
.
die Yank
.
laat middae
.
die silhouet van 'n pelikaan teen die lig
.
.
wolke
.
spelende dogtertjies, in rooi
.
sappige aarbeie
.
.
'n wit laphoed
.
voetjie-voetjie speel
.
soentjies en drukkies
.
.
strandstoele
.
fyn voetspoortjies in die sand
.
pieknieks
.
.
en natuurlik al die wonders
waarvan daar nie foto's
geneem kan word nie
.
skole klein, silwer vissies
al spelende om my bene
.
suikerbek voeltjies op die strand
.
'n sjampanje prop wat plof
.
die wind
.
en
natuurlik
liefde

Wednesday, May 20, 2009

eiland alleen

die seening van 'n wegbreek naweek,
geleende boot,
'n eilandparadys,
net vir ons twee,
op 'n Sondag aand,
donker, onweers wolke
en louwarm
turkoois oseaan
.


.


.


.


.

.

eva en haar adam.

.

Thursday, March 19, 2009

die eilande

All I have seen teaches me to trust the creator for all I have not seen.
Ralph Waldo Emerson











Dankie vir al die eiertjies, gele op my vorige pos. Ek kan glad nie my comments oopmaak nie en ook nie enige iemand se blogs nie.
Ja, een van die minder lekker dinge van op 'n eiland bly.
Ek se weereens dankie en ek hoop ek kan gou weer by almal uitkom.

vrede