Showing posts with label woorde wat lewe gee. Show all posts
Showing posts with label woorde wat lewe gee. Show all posts

Tuesday, February 16, 2010

Valentyn en woorde wat lewe gee 15


.
dis nooit te laat vir liefde nie
.
liefde is
.



ek en die Yank het nie vir mekaar kaartjies
of geskenke gegee vir Valentynsdag nie
dit voel so onnodig
om een dag spesiaal te maak
.
toe sit ek so en dink in die kerk
elke dag met hom
is Valentynsdag
.
die volgende oomblik toe leun hy oor na my toe en fluister in my oor:
"Every day with you is Valentine's day..."

kyk
vir nog woorde wat lewe gee van my man.
.
ek hoop almal se Valentynsdag
en elke ander dag
was en is gevul met
liefde





Tuesday, February 2, 2010

'n viering en woorde wat lewe gee 14



.
vandag is ons twee jaar getroud
dit voel so kort
maar tog ook so lank
man van my hart
later in my lewe gevind
as wat ek ooit gedink het
ek sou
.
dankie Here
.
nou die dag is 'n vriendin se ma oorlede
haar ouers was oor die 60 jaar getroud
.
my man was tevore getroud
sy't hom gelos
na 14 jaar
hy was nooit genoeg vir haar nie
.
ek wil nog vir haar 'n dankie brief skryf
.
vir haar dankie se
dat hy vry is om myne te wees
vreugde na pyn
.
toe se my man die ander aand:

.

"I can't wait for the day that I will be married to you for longer than I've been married to anyone else"

.

my man

man van my hart

.

“If you live to be a hundred, I want to live to be a hundred minus one day so I never have to live without you."
- a.a. milne


.



.

kyk hier vir nog van my man se woorde wat lewe gee...



Thursday, January 21, 2010

woorde wat lewe gee 13




.



"my love for you, is higher than the sky, deeper than the ocean, further than the East is from the West" die Yank se woorde terwyl ons ineengestringel op die bed le.
Ek is so geseend dat my man se 'liefdestaal' aanraking/fisiese kontak is, ek kry meer drukkies as enige iemand wat ek ken :)
.

kyk hier vir nog van my man se woorde wat lewe gee...


foto van Leef tydskrif se wonderlike muurpapier foto's.





Tuesday, October 20, 2009

woorde wat lewe gee 11

Bright star


Hierdie fliek wil ek baie graag sien, ek kan nie wag nie. Dit is die storie van die romanse van John Keats en Fanny Brawne.

Dit het my herinner aan die mooi woorde van my eie man, met sy warm arms om my:
"You are flesh of my flesh, you are bone of my bone..."

kyk HIER vir nog van sy woorde, wat lewe gee...

Monday, August 10, 2009

Woorde wat lewe gee... 10


.
'n langnaweek
.
ons twee
.
die reen
.
die sand
.
die son
.
en die see
.
My man se gebed vir my:
"Lord, thank you for making this sweet woman and that you gave her to me as my wife."
.
sy woorde
.
die soetste verjaardag geskenk
.
ooit....

HIER is meer van sy woorde wat lewe gee.

Wednesday, July 29, 2009

woorde wat lewe gee 9

"My love for you is like a huge ball. I love you and the ball gets bigger and bigger as you love me back, it is like a huge snowball. The ball of my love for you, is so big now, that three men will have to help me to get it on the back of my truck."
Die woorde van my Yank na aanleiding van my vraag of hy my liewer het as sy eerste vrou.
HIER is nog van sy woorde wat lewe gee.

Monday, July 27, 2009

Woorde wat lewe gee 8

"My love for you, is like the rings on a tree, it gets more and more the longer we are together..."
Die woorde van my man, hier vir ewig, woorde wat lewe bring in my hart.
Gaan kyk HIER na die res.




'n foto van een van die manjifieke koraal bome hier op die eiland, hulle is almal in rooi geklee op die oomblik, 'n fantastiese gesig.

Monday, June 1, 2009

woorde wat lewe gee 7



met die verwaarlosing van my blog, het ek ook opgehou met rekord hou van my man se helende woorde...

gister:

"You are my perfect angel..."

soveel ander,
vergete in die kronkels van my brein,
van nou af,
sal ek hulle weer kom neerpen.

nog meer
van sy woorde wat lewe gee,
.
.
.
.
.
my liefde vir JOU,
my kosbare man,
.
"a thousand kisses deep"
.
so mooi

gese

deur

Leonard Cohen

.



Monday, December 29, 2008

woorde wat lewe gee 6


Ek: urgh, ek is so vet! In die nuwe jaar moet ek 'n plan maak!
Die Yank: You are not fat, only sweetly plump...

Ek sal jou vir ewig liefhe!

Friday, November 7, 2008

woorde wat lewe gee 5


Die Yank en ek se seker honderde keer elke dag vir mekaar dat ons mekaar liefhet, maar gister het ek 'n tydjie gevat en hom mooi vertel, hoe vreeslik ek hom waardeer en dat hy my rots en my hero is.

Toe se hy: "Our hearts are knitted together, Love."

My man WEET hoe om lewe te gee met sy woorde, nie net aan MY nie, maar ook aan ander mense.

Sunday, October 12, 2008

Woorde wat lewe gee 4


Die Yank vroeer die week, toe hy van die werk af by die huis kom: "You are my refuge."

Thursday, September 11, 2008

geskenkies wat lewe gee

Gister het die Yank vir my
'n geskenkie huis toe
gebring,
na werk,

toe ek hom vra
hoekom,
toe sé hy:
I thought he is cute,
and you like green...

en hy was ook bang dat die
'hermit'krappie
dalk sou seerkry,
daar tussen die werkers
se voete en al
die masjinerie,
ek het my Yank verander
in iemand
wat deesdae
twee keer sal dink
voordat hy selfs
'n spinnekop
sal doodmaak,
net soos hy
my verander het,
om na sekere mense te kyk
met meer medelye...

ons het
vir krappie
vrygelaat in die tuin.

Friday, August 22, 2008

Woorde wat lewe gee 3


'You are making my life worth living' van die Yank, toe ek hom nader trek vir nog so 'n biejtie langer in die bed lé, toe hy vanoggend al moes opgestaan het.



Die youtube video wat hy vir my gestuur het daar in die BEGIN van ons uitgaan dae.
En niks het sederdien verander nie...

Friday, August 15, 2008

Woorde wat lewe gee 2



"aaaah, your touch adds years to my life..." deur die Yank geuiter terwyl ek vroeér sy rug krap.

Wednesday, July 23, 2008

Woorde wat lewe gee...


'I'm so glad you didn't turn out to be a psycho woman.'
Die Yank se woorde vanoggend, met sy arms om my, waar ek staan en skottelgoed was.