Tuesday, December 30, 2008

goue oomblikke



Ek en die Yank
My Kersgeskenk glas teepot
met lieflike blom teeblare
jasmyn gegeur
sonstrale oor die kombuisteels
ryp vrugtekoek met amandels
diep gesels
die wonder van saam wees
nou en vir altyd.
deel ons die soet en die suur

Monday, December 29, 2008

woorde wat lewe gee 6


Ek: urgh, ek is so vet! In die nuwe jaar moet ek 'n plan maak!
Die Yank: You are not fat, only sweetly plump...

Ek sal jou vir ewig liefhe!

Friday, December 26, 2008

mmm

kleurpotlode, so sag soos botter.
glasteepotte met blombol teeblare.
magies vol.
Charlie Brown's Christmas.
It's a wonderful life.
liefde.
vrede.
laatmiddag sonstrale deur die venster.
stilte.
rus.
dankie.

God is liefde

Thursday, December 25, 2008

vreugde

Joy to the world

dankie Here, dat U vlees geword het

Wednesday, December 24, 2008

eiland Kersfees in die nag

Ek was nog altyd meer van 'n aand/nag mens as 'n helder son in jou gesig mens. Die sagte kleure van die maanlig en kerslig maak my gelukkig en vredevol. Dit is 'n wonderwereld van liggies hier op die oomblik.

Bote, versier met liggies vir die hawe fees 'n paar dae gelede




Vensters in die nag, ek dink hulle wag net totdat almal gaan slaap, dan loop hulle rond in die winkels...


Staalpan orkes in die winkelsentrum, 'n groot geraas, maar hulle is baie goed en snaaks ook


Vrede in die strate. Een van die minder goeie dele van die dorp, maar selfs daar daal vrede neer 'n paar nagte voor Kersfees.


Vrede vir almal in hierdie tyd, wat ons Jesus se koms na hierdie klein aarde, herdenk.

kersfees in die son

Dit is steeds moeilik om gewoond te raak aan 'n warm Kersfees, ek wou nooit weer 'n warm Kersfees beleef, na ek 'n koue Kersfees geproe het nie. Die lewe loop egter vreemde draaie met ons.
Dit voel nou soos 'n warm Suid-Afrika Somer hier en eergister was die eerste dag van die Winter!
Ons het darem sneeumanne hier


Nutcrackers in 'n winkelvenster, dit herinner my aan die balletopvoerings wat ek en 'n vriendin elke jaar net voor Kersfees gaan kyk het in Engeland. Een jaar het ons die Nutcracker gesien, dit was wonderlik.
Hierdie tyd van die jaar het die Britte mos pantomimes en allerhande ander Kerskonserte.


Die Yank is uit om inkopies te gaan doen! Ek wou nie 'n geskenk he nie, maar dis ons eerste Kersfees saam, so ons wil dit spesiaal maak.
Hy het tot 'n kalkoen gekoop! Ek het nog nooit een gaar gemaak nie, so ek hoop dat dit goed gaan.
Ons gaan so baie kalkoen he, dat ons dit sal moet uitdeel more middag.
Ai, die vreugde van eet met die kersseisoen, dit herinner my net weereens aan hoeveel seeninge ons nog steeds het.

Monday, December 22, 2008

kersfees tuiste

Welkom in ons huisie!
Ek het 'n paar foto's van ons kersversierings vandag. Ek moet myself altyd inhou, om nie te veel geld te spandeer op versierings nie en vandat ek al die mooi goed in mense se huise sien, deur hulle blogs, is dit nog erger.
Ek probeer ook altyd onthou waaroor kersfees regtig gaan.
So, kom binne!

Ek het gedroogde lemoene met naeltjies aan die gordyn stok gehang, by die voordeur, met wit en rooi, houtversierings wat Skandinawies lyk vir my.
Ek hou nogal van my lemmetjiegroen gordyne, so saam met die rooi. Volgende jaar sal ek 'n Somer kersfees hou, met eiland versierings, maar hierdie jaar, verlang ek nog na die koue in Europa.

Ek het hierdie opeetbaar oulike kersboom kers gekry vir baie goedkoop, ek dink daaraan om terug te gaan en meer te koop vir vriendinne vir kersgeskenke


Ek het sommer twee groot servette gebruik om die tafel in die kombuis feestelik te laat lyk. Ek hou baie van die wit en rooi saam, miskien gaan ek sommer die kombuis rooi los van nou af.


Gips en spieel engeltjie en duif voor die kombuis venster.


Ons, baie 'messy' kersboom, ek het al die versierings wat ek al ooit gekry het ( behalwe die wat nog in Suid-Afrika weg gepak is) daaraan gehang. Ek het in die vorige inskrywing vertel van my vriendin se netjiese boom met withuis versierings, wel myne is 'n warboel van allerhande tipes versierins, maar ek is mal daaroor.
Dit is my eerste rerige kersboom ooit, dit maak my baie bly!
Kyk die Yank se kerskous, ook die eerste vir my.


Hierdie handoek en waslap is vir my so mooi, 'n gemmerbroodmannetjie en 'n Hansie en Grietjie koek en lekkergoed huisie! Die Yank waag dit darem nie om sy hande daaraan af te droog nie.
Roomkleurige handoeke en mans gaan mos nie juis saam nie.
My rowwe, hout, klip en glas kruis van Nieu-Beteshda, teen die muur.



Hierdie is my enigste 'nativity scene', dit is 'n baie klein glas versiering, wat ek verlede jaar as 'n geskenk gekry het en ek is so gek daaroor. Ek wil baie graag 'n nativity scene he en wil kyk of hulle dit goedkoop uitverkoop na kersfees.


Kersfees het my onverhoeds gevang hierdie jaar, ek dink dit is omdat ek nie meer gewoond is aan warm weer in Desember nie.
Volgende jaar sal ek vroeer begin en meer versierings en geskenke maak.
Ek wil baie graag meer versierings he, wat ons sal herinner aan Jesus se geboorte wat ons vier. Ek het ook nie advent kerse of 'n advent kalender hierdie jaar nie, ek hoop om dit volgende jaar te he.
Meer foto's van die eiland met kersfees sal volg.

Friday, December 19, 2008

withuis kersfees





Vandag is 'n gepaste dag om my withuis kersfees inskrywing te doen. Dit het baie goed gegaan met immigrasie gister. Ek is oppad om 'n African-American te word! :D
Hierdie is net die eerste treetjies, maar ons het nou al so ver gevorder.
Ek was baie op my senuwees, die immigrasie beampte het ons apart ingevat vir onderhoude en ek was so bekommerd sy dink ons is nie regtig vir liefde getroud nie, ons het selfs van die goed verkeerd gese, 'n mens kan mos nie alles onthou nie!
Ek het nooit eens daaraan gedink dat ek dalk gedoperteer kan word nie, eers toe ek daar sit, geskei van die Yank, het dit my maag op 'n knop laat trek.
Alles het toe goed afgeloop, nou sal dit weer 'n rukkie vat voor ons weer die volgende stap moet vat.

Soos ek se, hierdie is my withuis kersfees pos. Kyk net daardie groot kersboom wat daar by die withuis aankom, ek sal graag so 'n grote wou he! Die foto het so 'n ouwereldse gevoel, ek is mal daaroor.
Ek sal ook daarvan hou om soveel kersbome te he, soos wat Laura Bush het!

Die kersboomversierings hieronder behoort aan 'n vriendin van my. Die withuis gee 'n kersversiering uit elke jaar en Cindy se ma stuur vir haar twee kinders die nuwe versiering elke jaar. Sy het erens in die tagtigerjare begin.
Dit het eers vir my so kitch gelyk, miskien omdat ek nie gek is oor goud nie, maar nou begin dit al hoe meer spesiaal lyk.
Die detail is ongelooflik, elkeen lyk anders en het die jaar se datum op. Fantasties!
Hierdie Amerikaners weet hoe om kersbome en huise te versier met kersfees.


Die eerste withuis troue!



Tuesday, December 16, 2008

kuba kersfees

Vandag voel dit asof iets my jaag, ek het soveel dinge om te doen en ek weet nie waar om te begin nie.
Verder voel ek ook nie te wel nie, wie sou kon dink dat 'n mens verkoue kan kry op 'n tropiese eiland, mmmmm.
Ek wil so graag werk in my kuns joernaal, maar more is ek en die Yank se eerste persoonlike onderhoud met immigrasie, om te bewys dat ons regtig getroud is. Ons het gegrap vanoggend en gese ons gaan hulle se dat hulle net na ons 'voor' en 'na' foto's kan kyk om te sien hoe gelukkig ons is. Daar word mos vertel dat gelukkige getroude pare gewig optel, wel hulle hoef ons net een kyk te gee...
So, ek moet by die kopiering plek uitkom om afdrukke te maak van elke liewe dokument wat ons ooit in ons lewe gekry het.
Ek moet klere was, o ai toggie, my arme man het glad nie meer werkshemde om aan te trek nie.
Daar is tonne kersfeesinskrywings wat ek wil maak hier.
Ek het die mooiste hout hartjies gekoop en wil dit versier vir die kersboom, ek kry nooit genoeg van kersversierings nie!
Dan moet ek nog begin met die Yank se verjaarsdag kaartjie ook, ja-nee, hy verjaar toe mos nogal 5 dae voor Kersfees!
Hy wil nie geskenke he nie, net een van my tuisgemaakte kaartjies en ek het min dae oor vir dit.



Die foto van die kersboom is geneem in een van die mees luuksieuse hotelle in Kuba.
Ons het daar geslaap met ons laaste nag in Kuba, omdat ons te laat was vir ons vlug en die redery ons sitplekke weg gegee het, toe het hulle ons in die Melia Cohiba ingeboek.
Dit was vol prag en praal, wat 'n mens natuurlik nie sien in die res van Kuba nie. Op daardie stadium was dit ook onwettig vir Kubane om in die 'toeriste' hotelle te bly. Ons was regtig vies oor al die luuksheid, na 10 dae wat ons in privaat mense se huise tuis gegaan het en gesien het in wat se armoede hulle bly.
Blykbaar is Kersbome stadig maar seker besig om terug te keer na Kuba toe, soos wat kapitalisme stadig maar seker inkruip en sosialisme uitkruip. Daar is steeds baie onderdrukking van die mense, maar dit sal hopelik nie vir altyd aanhou nie.
Hierdie foto was op 'n blog van 'n Kubaanse vrou wat 'onwettig' blog vanuit Kuba. Hierdie inskrywing is so lank ek sal nog oor haar skryf.
Ai, nog iets wat ek wil doen.
O ja, en ek moet nog foto's neem van die kersversierings in die dorp, dit is so oulik, so hier gaan ek, ek sal maar moet begin by die begin vandag. :D

Monday, December 15, 2008

my kersfees huis




If I decorate my house perfectly with plaid bows,
strands of twinkling lights and shiny balls,
but do not show love to my family,
I'm just another decorator.

If I slave away in the kitchen,
baking dozens of Christmas cookies,
preparing gourmet meals and arranging
a beautifully adorned table at mealtime:
but do not show love to my family,
I'm just another cook.

If I work at a soup kitchen,
carol in the nursing home,
and give all that I have to charity;
but do not show love to my family,
it profits me nothing.

If I trim the spruce with shimmering angels
and crocheted snowflakes,
attend a myriad of holiday parties
and sing in the choir's cantata
but do not focus on Christ,
I have missed the point.

Love stops the cooking to hug the child.
Love sets aside the decorating to kiss the spouse.
Love is kind, though harried and tired.
Love does not envy another's home
that has coordinated Christmas china and table linens.

Love does not yell at the kids to get out of the way,
but is thankful they are there to be in the way.
Love does not give only to those who are able
to give in return; but rejoices in giving
to those who cannot.

Love bears all things,
believes all things,
hopes all things, and endures all things.
Love never fails.

Video games will break,
pearl necklaces will be lost,
golf clubs will rust,
but giving the gift of love will endure.

--Author Unknown

Saturday, December 13, 2008

kindergesiggies

♪♫♪ As Hy weer kom,
as Hy weer kom,
kom haal Hy Sy pêrels,
al Sy pêrels, fraaie pêrels,
vir Jesus se kroon.
Ja die kindergesiggies
soos die sterre se liggies,
is die hemel se pêrels
vir Jesus se kroon!♪♫♪

(dankie Pikkie :), mens kan sien dat jy kleintjies het, ek het dit gister probeer sing, maar kon nie al die woorde onthou nie!)


Die Kersfees viering met die kinders was toe wonderlik gewees. Hulle het speletjies gespeel, geeet, pryse gewen en borrels geblaas. Almal het 'n lekker dag gehad, die Yank het tot 'n rooi neus gehad van die warm son.
Dit was so lekker om die gesiggies dop te hou, opgehelder van vreugde. Soos ek reeds tevore gese het, baie van hierdie kinders (maar nie almal nie) is van minder gegoede huise. Hier op die eilande is dit ook baie algemeen dat die kinders uit enkelouer huise kom, die mans is nie baie getrou nie en het soms meer as een familie, selfs op ander eilande. Hierdie kinders is baie uitgehonger vir liefde en net so is ek en die Yank uitgehonger vir kindergesiggies en laggies, so dit is lekker om deel te neem aan sulke geleenthede. Kliek op die mosaiek om die oulike gesiggies van naderby te sien.

Die dag het my aan die volgende liedjie van Steven Curtis Chapman laat dink.

Friday, December 12, 2008

eiland kersfees

Christmas waves a
magic wand over this world,
and behold,
everything is softer
and more beautiful.
~Norman Vincent Peale


Ons eiland is 'n wonderwereld op die oomblik. Ek is heel verras met hoe baie liggies en kersbome oral verskyn het.
Ek het seker maar vergeet dat Kersfees steeds kan mooi lyk in die hitte van die Somer, maar dit lyk so mooi hier nou.
Ons het selfs liggies in die strate, ek het dit nie verwag nie, so dit is 'n wonderlike verrassing.





Ons is baie besig deesdae met Kersfees dinge, ek dink nie ek was al ooit so besig gedurende hierdie tyd nie.
More gaan ons help met die Kersparty vir die kinders wat die Somerkamp bygewoon het, hulle is van minder gegoede huise, so dit is altyd goed om te sien hoe hulle hulleself geniet.
Lekker naweek almal.

Thursday, December 11, 2008

advent fees

Die advent fees verlede Saterdag was toe heel lekker. Die kinders het koekies versier ( tot die seuns, hulle was te oulik ) kunswerke gemaak, ons het Kersfees liedere gesing, geeet en lekker gekuier. My 'Chrismon' figuur vir die Kersboom het toe nogal mooi uitgekom, maar ek het nie 'n foto geneem nie en dis aan die boom by die kerk.







Hierdie is my eerste Kersfees in 'n warm klimaat, na 5 jaar in die koue van Europa, ek moet nog eers weer gewoond raak daaraan. Dit voel nie eens soos Kersfees nie, maar ek het ons boom op en wil koekies bak!
Sal nog 'n pos doen oor my boom.
Ek het al my eerste geskenk gekry! Dankie Pikkie.

Tuesday, December 2, 2008

advent


Vandag maak ek my versiering vir die Chrismon boom, vir ons Advent fees die komende Saterdag.
Dis 'n morsige affere, so met die snesies en die decoupage goete, maar nogal lekker. Ek sal 'n foto opsit, as dit mooi genoeg uitkom.
Ek mis die koue, donkerte met feetjieliggies oral, van 'n Europese Kersfees. Dit voel nie eens of Kersfees nader kom nie, maar daar is soveel kans om mense te dien hier op die eiland. Soveel behoefte, so min gewillige hande.
Die video hier bo was baie gepas vir my, ek dink te veel van ons spandeer te veel geld op onodige dinge gedurende die Kersseisoen en ons vergeet wat dit regtig beteken.
Ek eet altyd te veel en doen te min, maar hierdie jaar sal ek probeer om beter te doen.
So, ons tel die dae af tot Kersfees, voor ons weet is dit alweer verby.
Ek wens vir elkeen 'n streslose advent toe.

kom ons staan saam

From the award-winning documentary, "Playing For Change: Peace Through Music", comes the first of many "songs around the world" being released independently. Featured is a cover of the Ben E. King classic by musicians around the world adding their part to the song as it travelled the globe.



"Although the world is full of suffering, it is also full of the overcoming of it."
Helen Keller

Monday, December 1, 2008

desember


Desember in my
Mucha kalender.

Desember het aangebreek, met stories van tereur aanvalle in Mumbaai,
barbare wat 'n assistent in 'n Walmart doodgetrap het, toe 2000 van hulle by die deure ingestorm het om hulle afslag inkopies te doen en vele meer treurige gebeurtenisse oral oor die wereld.

Vandag is internasionale vigs dag.
Kliek, kliekBloggers Unite

en na dit alles, wonderwoorde van Carol Ann Duffy:

The year dwindles and glows
to December's red jewel,
my birth month.

The sky blushes,
and lays its cheek
on the sparkling fields.

Then dusk swaddles the cattle,
their silhouettes
simple as faith.

These nights are gifts,
our hands unwrapping the darkness
to see what we have.

The train rushes, ecstatic,
to where you are,
my bright star.

~ Carol Ann Duffy, from Rapture