Thursday, October 9, 2008

ons mag nie vergeet nie

Vandag vier die Jode Yom Kippur, 'n dag van verootmoediging en bekering, waartydens hulle vas en hulle voorberei vir die jaar wat voorle.

Toevallig het ek onlangs 'n boek gekoop by 'n tweedehandse winkel, 'Life- Stories of courage and survival' wat handel oor die Holocaust, dit het talle getuienisse in van Jode wat in die konsentrasiekampe was.
In die boek skryf 'n man dat hy onthou hoedat hy eenkeer 'n bietjie ongeduldig geraak het met 'n ouer man in 'n winkel, wat teen sy trollie gestamp het. Hy se dat hy vir 'n oomblik na die tatoeermerk op die man se pols gestaar het en dat 'n gevoel van medelye en hartseer oor hom gespoel het.
Ons bestel altyd dvd's deur Netflix en ons kry toe hierdie week 'Steal a pencil for me' in die pos, 'n fliek wat handel oor 'n man en vrou wat in die kampe was en mekaar later weer ontmoet het en toe getrou het.

Ek het deur 'n stadium in my lewe gegaan, wat ek ontsettend baie gelees het oor die Jode en wat hulle deurgegaan het gedurende die tweede Wereldoorlog.
Hierdie was egter twee toevallighede die afgelope dae, vreemd dat die twee dinge so op dieselfde tyd gebeur het. Ek het die dvd lankal gereserveer en nie eens besef waar dit op die lys is nie, so om dit nou te ontvang lyk amper soos 'n boodskap vir my.
Ek lees al hoe meer in die nuus, van mense wat twyfel dat die Holocaust ooit gebeur het en selfs dat elitist Jode dit self laat gebeur het om ontslae te raak van laer klas en swakker Jode.
Die ander dag het ek 'n blog inskrywing gelees oor die Jode en skokkende menings daaronder gelees, van mense wat wil weet of dit rerig gebeur het en allerhande beweringe wat hulle maak, soos dat Die dagboek van
Anne Frank 'n versinsel is.
Dit is dan ook nie vreemd dat daar deesdae 'n vrees is by sommige Jode dat die mensdom nou na 60 jaar begin vergeet wat regtig gebeur het en dat groepe bv. in Palestina die waarheid verdraai, om die wereld teen die Jode te draai.
Daardie mense met die getatoeeerde nommers op hulle polse, word al hoe minder en daarmee saam verdwyn die konkrete bewyse van wat in daardie kampe gebeur het.
Dan is daar nog 'n leier soos Ahmadinejad, van Iran, wat Israel van die wereldkaart af wil vee en se dat Israel 'n stinkende lyk is.
Een ding wat ek nog altyd bewonder het van Amerika, is dat hulle 'n vriend is van die Jode en by Israel staan.
Ek bewonder die Jode, wat altyd oorleef en iets van hulleself kan maak, waar hulle ookal in die wereld gaan, hulle sit nie rond en kla nie, hulle span die hand aan die ploeg en maak 'n sukses van hulle lewens en hulle sal mekaar altyd help, pleks van mekaar ondermyn, soos so baie ander nasies doen.
So, op hierdie dag dink ek weereens aan die miljoene Jode wat so wreed gesterf het en aan die, wat vandag steeds veg vir oorlewing.

For with every
victim an entire world
was lost:
with every survivor,
a new lesson
must be learned.
In this light,
the meaning
of the Holocaust
is as varied
as the human
heart itself

Sanhedrin: 37a

From Aish HaTorah's
"Understanding the Holocaust"