Wednesday, February 11, 2009

staar reuse in die gesig.

Facing the giants:

Die Yank en ek het hierdie ongelooflike mooi fliek gekyk die ander aand. Ja, trane het 'n paar keer oor ons albei se wange gestroom, terwyl ons dit gekyk het. Dit het iets diep binne ons albei aangeraak.
'n Paar van die situasies in die fliek is baie na aan ons eie omstandighede, so dit was persoonlik.
'n Wonderlike 'skoon' fliek met 'n ewige boodskap en dit se ek as iemand wat nie hou van 'soetsappige' Christen fiksie nie.
Hierdie fliek is gemaak met 'n baie klein budget deur 'n kerk, maar dit was goeie kwaliteit.
Ek raak deesdae moeg vir die vieslike gemors wat baie keer deur Hollywood uitgegee word.
Ek het ook 'n paar reuse om in die gesig te staar en soms vergeet ek dat dit moontlik is om dit te doen, dit was goed om herinner te word daaraan deur hierdie fliek.