Wednesday, January 13, 2010

kiekies, nooit geneem nie

'n klein, bruin dogtertjie met twee vlegsels punt in die wind, al hardlopende voor haar ma uit, met uitgestrekte dun, breekbare armpies en 'n wye, wye, laggende mond en stralende gesig, soos net die gesig van 'n jong kind kan lyk wat nog nie die volle gewig van die wereld en haar probleme voel nie, net om ronde vet wit en bruin duiwe voor haar in die pad op te jaag, of was dit dalk om hulle te vang? aanskou vanuit 'n warm voertuig vasgevang in 'n verkeersknoop met die wens vir verlossing en om so onbevange te kan wees soos daardie klein, bruin dogtertjie...
.

soms is daar nie 'n kamera nie, die situasie is nie reg nie of iets gebeur net te vinnig, aangespoor deur die webwerf Unphotographable begin ek hier my eie 'kiekies, nooit geneem nie' reeks.
een van sy wonderlike "unphotographable moments":
"This is a picture I did not take of two young soldiers, a man and a woman, the former clean-shaven and the latter effervescent, both smiling and chatty while passing through an airport in their fatigues, their mood a stark contrast to the soldiers returning from battle who looked sleep-deprived at best, the couple breezy in their lightness, and as they were guided by a veteran to take an escalator up to the USO office, the young soldier turned and put his arm around the shoulder of the young woman in camouflage, and she turned to meet him as he pulled her close enough to kiss, and they met right in that middle, standing there as the escalator slowly lifted them into a future they could not know, their lips pressed together as if no one else would ever know this love, as if nothing else mattered. "