soos in, nie coleries of flegmaties of sanguinies nie.
Nee, ek is melancholies
so, ek hou van my eie geselskap
en is bang vir verwerping,
baie bang.
My man is alles vir my,
alles wat ek nodig het.
Maar,
Hier op hierdie eiland,
waar elkeen mekaar ken,
waar mens in 'n glashuis woon,
waar almal weet wat jy doen, gedoen het
en nog gaan doen.
Toe,
'n vriendin wat anders is,
wat spesiaal is.
My vriendin,
wat altyd geskenkies aandra vir almal.
Sy, wat nie 'n tweedehandse, gevlekte hempie kan weggooi nie,
want dit het die son op.
My sonskyn vriendin.
Sy wat kunsblomme plant in haar tuin.
Wat vir my bottels vol verf gee
en fyn, fyn koper stof
Sy met die verskriklike, mooi,
sy met die liefde wat straal uit haar ystee wat sy vir my skink
wat sy gebak het.
Sy, my sonskynvriendin,
sy, wat nie hierdie woorde kan verstaan nie,
maar wat die taal van my hart verstaan.
Dankie my maat.






































