Wednesday, November 26, 2008

danksegging


"The First Thanksgiving", painted by Jean Leon Gerome Ferris (1863–1930).

More is dit "Thanksgiving" hier.
Ek se dankie vir al die wonderlike seeninge in my lewe.
Kos
Klere
Asem
Hoop
Vrede
Geloof
Genade
Liefde
Vryheid
Gesondheid

Mag elkeen wat hier lees dit ook he.
geskiedenis

Saturday, November 22, 2008

hoop in Irak

Omdat die liberaal leunende/Bush hatende media in Amerika dit nie wil erken nie, doen die bloggers dit
Kliek op die links van die hoof blogs of scroll tot onderaan die blog inskrywings en kyk ten minste na die foto's.


'n Video van 2007

Wednesday, November 12, 2008

armsvol liefde

Dankie.

Monday, November 10, 2008

Sarah geoffer.

My gedagtes was in so 'n warboel die afgelope dae, ek weet nie waarheen om met hierdie blog te gaan nie.
Dit was oorspronklik bedoel as net 'n tipe van 'n dagboek, ek het nooit eens gedink dat iemand dit sal lees nie. Dit is waarom ek in Afrikaans begin het, toe begin ek meer internasionale blogs lees en praat met hulle, maar hulle kan nie terugpraat hier nie. So, ek weet nie, ek gaan of heeltemal ophou, of my taal verander of heeltemal verander waaroor ek blog.
Eintlik het ek alle lus hiervoor verloor, ek lees nie eens meer ander blogs nie.
Sal maar moet sien.
Ek wou lankal die volgende foto's deel, hierdie is die foto's van 'n vrou, vir wie ek verskriklik baie respek het. Iemand wat nie verdien wat aan haar gedoen is nie. Sy is gevat vanuit haar suksesvolle wereld en op die wereldverhoog gesit, om 'n party wat nie kon oorleef nie, te red.
Sy het haar bes gedoen, is verneder deur 'n media wat met alle mag die oposisie in beheer wou he en nou word sy gekruisig deur lede van haar eie party.
Ek weet dat gese word dat 91% van Republikeine steeds 'n positiewe opinie van haar het, maar dit breek my hart wanneer my oorsese vriende dink dat sy 'n 'airhead' is.
Dit is ongelooflik hoe die aanmekaar gelaste onderhoude en die leuens van mense, ons beeld van iemand kan vorm.
Sy sal nooit die leuens wat oor haar vertel is kan oorleef nie, sy wou boeke verban, sy wou he dat verkragte vrouens vir hulle eie 'rapekits' betaal, sy glo in dit en sy glo in dat, sy het dit gedoen en sy het dat gedoen.
Dit maak nie saak HOEVEEL keer dit bewys is dat dit alles leuens was nie, mense glo dit nog steeds.
Sy is 'n vrou wat so baie dinge in haar eie staat bereik het, maar sy is gekruisig deur die liberale wereld waarin ons leef.
Hulle wou 'n vrou op die wereldverhoog sien, maar asseblief tog net nie een met konserwatiewe waardes nie, behoede ons!!
Ek lees nou die dag 'n aanmerking op 'n blog, die ou het geskryf: "I will take a bullet for this woman."
So, voel ek ook.
Hier is sy met haar baie kosbare babaseuntjie, Trig, die baba met down sindroom ( deesdae word 90% van baba's met down sindroom geaborteer in Amerika ) en twee van haar dogters.











Sarah, ek sal ook 'n koeel vir jou vat!

Friday, November 7, 2008

woorde wat lewe gee 5


Die Yank en ek se seker honderde keer elke dag vir mekaar dat ons mekaar liefhet, maar gister het ek 'n tydjie gevat en hom mooi vertel, hoe vreeslik ek hom waardeer en dat hy my rots en my hero is.

Toe se hy: "Our hearts are knitted together, Love."

My man WEET hoe om lewe te gee met sy woorde, nie net aan MY nie, maar ook aan ander mense.

Thursday, November 6, 2008

die lug is steeds blou



Ek lees gister een van die Kubaans-Amerikaanse blogs, waarin die ou se dat 'n vreemde ding gisteroggend gebeur het. Hy het opgestaan en toe hy buite die huis kom toe het die son opgekom en sy honde het by die deur uitgehardloop en hulle bene gaan lig, hy het koffie gedrink en sy twee dogtertjies more gesoen.

Dit klink miskien na 'n vreemde storie, maar miskien is dit meer verstaanbaar as mens onthou dat hierdie Kubane vanaf Kuba gevlug het, nadat Fidel Castro sy revolusie gewen het. Hy het 'change' belowe en het Kuba toe in 'n sosialistiese land verander.
Hulle het nog al hierdie jare bankvas agter die Republikeinse party gestaan, wat nog altyd vasgeskop het teen Castro. Hulle vertrou nie die Demokrate nie en het nog nooit in groot getalle vir hulle gestem nie. Hierdie jaar het Obama baie hard gevry vir hulle stem en almal het gedink dat hy daarin geslaag het om dit te kry.
Die verkiesing wys toe anders, die meeste Kubaans-Amerikaners het weereens vir die Republikeinse kandidaat gestem.
Hulle het vas gestaan en gese, nooit sal hulle weer deur iemand om die bos gelei word nie, hulle se dat die charisma van Obama hulle herinner aan die van Castro.
Dit, laat die van ons wat saam met hulle staan natuurlik nie gemakliker voel nie.

So, in die lig hiervan kan mens verstaan hoekom hierdie man gedink het dat die son nooit weet gaan opkom nadat die Demokrate die Wit huis gevat het Dinsdag nag nie.

Ek, het ook weereens besef, dat die lug STEEDS blou is.

Vandag, praat ek oor een van die dinge wat my verskriklik en volkome DANKBAAR maak in hierdie lewe:

Die Yank.

Ek het die wonderlikste man in die wereld, wat my ongelooflik baie liefhet.
Hy is 'n tradisionele, maar ook 'n moderne man, ek het nog altyd gese, dat ek nooit met 'n man sal kan trou, wie ek nie respekteer nie en ek het die man gekry vir wie ek nie anders kan nie, as om die hoogste respek in die wereld te he.
Hy bring die beste in my uit, werp lig op my tekortkominge en laat my skaam kry vir myself, wanneer ek onvriendelike dinge oor ander mense se.
Hy het die hoogste werketiek en selfs sy medewerkers kan nie help om hom te respekteer nie, selfs nou nadat hulle uitgevind het dat hy glad nie polities met hulle saam stem nie.
Hy werk meestal saam met Rasta-ouens van die eilande, wat nou sy siel uittrek omdat sy kandidaat verloor het.
My man vat dit soos 'n man en grap terug, al wroeg dit hom diep in sy siel.
HY kry trane in sy oe oor die geringste hartseer situasie, selfs in flieks, maar tog is hy een van die sterkste mans, wat ek ken.
Die wonderlikste ding in my lewe, is om langs hom wakker te word in die nag en sy warm liggaam, daar langs my te voel.
Dit vat die alleenheid weg, veral omdat ons absoluut op dieselfde golflengte is in alle aspekte van ons lewens.
Ek het baie lank gewag vir hom en die wag was totaal en al die moeite werd.

My man ROCK!

Wednesday, November 5, 2008

toe gaan ons vir die 'cool guy'


So, ons word wakker in 'n nuwe wereld. 'n Amerika met 'n nuwe President-elect, die Amerikaners het gepraat....
Amper die helfte van die mense in Amerika, is nie baie gelukkig vandag nie, die ander, net oor die helfte is in ekstase, saam met die res van die wereld.
Ek weet nie wat dink ons troepe en die Amerikaanse Jode, wat in Israel bly, vandag nie, meer as 70% in beide groepe, het hom nie gekies as President nie.
Feit is, ons het hom en hy is gelukkig, dat konserwatiewe mense nie op riots gaan nie.
Nee, ons is mos bitter en klou vas aan ons gewere en ons geloof, soos ons nuwe President-elect, nie so lank terug, gese het nie, maar ten minste hou ons onsself in.
So, nou sit ons en wag dat hy die wereld begin gesond maak, dit is mos wat hy belowe het.
Hy kan begin by die President van Somalie, wat al klaar hoop dat hy die probleme in sy land gaan kom uitsorteer of hy kan begin om petrol in Peggy se kar te gooi, of haar huisverband af te betaal.
Sy was een van die opgewonde ondersteuners waarmee 'n onderhoud gedoen is nadat ons President-elect, een van sy toesprake gehou het.
Ek voel nogal vandag soos ek gevoel het toe die ANC aan bewind gekom het in SA, verlig dat swart mense nou kan ophou om 'witmense' te blameer vir al hulle probleme, of in hierdie geval liberales wat konserwatiewes blameer.
Ons is bang, regtig bang vir wat 'n Obama presidensie aan Amerika gaan doen, hy het belowe hy gaan ons steenkool produksie so hoog belas, dat dit bankrot sal raak. Hy het belowe om energie pryse te laat 'skyrocket', dit is nie wat Amerika, nou nodig het nie.
Hy is daarop uit om klein besighede so hoog te belas, dat hulle nie sal kan voortbestaan nie, die Yank werk vir een van daardie, so ons voel dit aan ons lyf.
Die Yank, het amper 'n hartstilstand gekry, toe hy gesien het wat Sen. Obama se belasting behels vir Amerika, net 'n voorbeeld, hy wil mense wat geld erf so hoog belas, dat omtrent 40% van die erfgeld, na die staat toe gaan.
Hy glo ook, dat daar nie genoeg reperasie gedoen is aan swart mense na slawerny nie, selfs al is slawerny alreeds in 1856 beeindig.
Dit is interressant dat meeste mense wat gevra is, gese het dat een van die redes dat hulle vir hom gestem het, was omdat hy swart is, ten minste het Amerika aan die wereld gewys dat dit nie so rassisties is soos wat hulle gedink het nie.
Dan weer, een of ander swart persoon, het die ander dag gese dat Amerika steeds rassisties is, want Obama is net half swart....
Wat help dit egter om die goedkeuring van die hele wereld te he, as jou eie land bankrot raak.
Daar was sprake dat Wallstreet net gewag het vir 'n McCain oorwinning, om te herstel, maar dat dit dieselfde sal bly, met 'n Obama oorwinning, ons sal moet sien wat gebeur.*
Een ding waaroor ek baie bly is, is dat die Bush- en Palin-bashing (miskien) nou sal stop, ek het geleer hier in Amerika, dat liberale mense net 'tolerant' is, wanneer 'n mens saamstem met waarin hulle glo, anders verander hulle in die vreemdste wesens, wat die aakligste haat kan uitspuug, wat ek nog ooit aanskou het.
Gelukkig sal ons nou ook nie Hollywood sterre en feministe by vensters sien uitspring of in massas Kanada toe sien verhuis nie, dit is altyd 'n bonus.
Die meeste mense in Amerika, hoop vandag dat ons nuwe President-elect, nie regtig so ver links is soos sy rekord se nie, ek dink egter die wat hoop dat hy al sy beloftes in sy toesprake gaan nakom, gaan lank wag.
So, baie geluk met die oorwinning President-elect Obama, ons sal jou ondersteun, want ons glo dat 'n President dit verdien en nie die 'bashing' wat gewoonlik deur die liberales aan 'n konserwatiewe President toegedien word, die hele tyd wat hy aan bewind is nie.
Natuurlik wil ons jou suksesvol sien, want ons is lief vir hierdie land en hierdie nasie en Amerika verdien dit.
Bo alles egter, sal ek vir jou bid, want ja, ek is een van daardies wat vasklou aan my geloof.

Dankie ook aan almal wat gebid het vir ons verkiesing.

Die foto hier bo is soldate en offisiere tydens WWI, dink net die ongelooflike werk wat ingegaan het in die koreografie, om die beeld te vorm, in daardie tyd waar hulle mos nie al die tegnogologie gehad het wat ons vandag het nie.
Kliek op die foto, dit is regtig iets besonders.

****Opgedateer- 6 Nov 2008
Gaan kyk HIER, wat Wallstreet toe se.
mmmm, interressant......

Tuesday, November 4, 2008

demokrasie




ImageChef.com - Custom comment codes for MySpace, Hi5, Friendster and more
nou vir die lang wag...

Saturday, November 1, 2008

November


November in my Mucha kalender.

Net 'n paar gedagtes oor my aborsie pos van die ander dag. Dankie vir al die reaksies, positief en negatief. Jammer, ek gaan nie reageer op enige e-posse nie, ek voel te emosioneel oor die saak.
Ek oordramatiseer nie, wanneer ek sé, dat ek die afgelope weke miljoene trane hieroor gestort het nie.
Dit is 'n kwessie wat letterlik besig is om my hart uitmekaar te skeur, daar is 'n diep wroeging in my siel hieroor, dit is iets waaroor ek nie eens kan praat, sonder om te begin huil nie.
My diepste wese word aangeraak hierdeur en ek maak geen verskoning daarvoor nie.
Ek het al te naby gekom aan aborsie in my lewe en wat ek gesien het, is afskuwelik.
So, ek gaan weg wees van hier af vir 'n paar dae, ek vra weer, dat die van julle wat glo in God, asseblief sal bid vir ons verkiesing hier, in Amerika, hierdie komende Dinsdag.
Ons weet dat dit nie rérig saak maak, wie ONS in 'n posisie van mag wil hé nie, maar wie God wil.
Mag Sy wil geskied.

Friday, October 31, 2008

kyk versigtig

Onthou julle nog hierdie tipe prente, probeer om nie te fokus nie en kyk wat sien jy:

My hart.

Wednesday, October 29, 2008

'n uitroep aan alle gelowiges

Hierdie is 'n uitroep aan almal wat glo in ons Hemelse Vader en wat glo dat die lewe heilig is.
Die van julle wat nie net glo in God nie, maar wat ook glo dat elke lewe belangrik is, vanaf die oomblik van bevrugting.
Die van julle wat glo dat selfs die klein blob, wat nie eens soos 'n mens lyk nie, die reg het om te lewe.
Ek is ontsettend aangeraak deesdae deur die kreet van die miljoene klein wesentjies wat geaborteer is sedert aborsie wettig geword het.
Oor die 43 miljoen, net in Amerika, sedert die sewentigerjare.
Ek smeek julle, bid vir die verkiesing hier in Amerika. Die hele wéreld dink dalk dat 'n Obama regering beter gaan wees vir die wéreld en vir Amerika.
Hoeveel mense weet egter dat hy belowe het dat die eerste ding, wat hy sal doen as President, is om die aborsie wet te onderteken. 'n Wet wat so radikaal is, dat dit fondse gaan wegneem van swangerskap krisis sentrums en fondse gaan gee vir aborsie klinieke. ( Hulle noem dit 'planned parenthood' hier, maar dit is net 'n beter woord vir aborsie kliniek ) Hy gaan ons belasting geld vat en dit gee vir aborsie klinieke!
Dit is een van die dinge waaroor Obama geflip flop het in hierdie verkiesing, soos oor meeste van die dinge waarin hy glo, in sy stryd om aan te pas, sodat hy meer middel van die weg kan voorkom vir kiesers.
Dit is egter oor en oor bewys dat sy rekord sé, dat hy baie radikaal is, wanneer dit kom by aborsie.
Hy is die man wat sé, dat dit 'above my paygrade' is om te besluit wanneer lewe begin. Hy is die man, wat sé, dat hy nie wil hé, dat sy dogters met 'n baba 'gestraf' moet word, as hulle 'n 'fout' sou maak nie!
Hy is een van die enigste senators in die Amerikaanse regering wat gestem het TEEN die 'infants born alive act' iets wat so erg is, dat sy ondersteuners nie wil erken dat hy dit gedoen het nie.
Hyself het nou al rond geflip flop met verskonings vir die rede waarom hy die wet teengestaan is, maar daar is nou al oor en oor bewys dat hy oneerlik is oor waarin hy glo.
Vir die van julle wat nie weet waaroor dit gaan nie, dit is die wet wat babatjies beskerm wat aborsies oorleef. Die wet gee daardie babatjies die reg tot mediese sorg, wanneer hulle 'n aborsie oorleef.
Ja, in sommige state in Amerika word aborsies selfs in die laaste trimester van swangerskap gedoen!
Daar is selfs iets soos 'partial birth abortion' waar babatjies halfpad gebore word en dan word hulle DOODGEMAAK deur die aborsie dokter!
Ek kan nie begin om julle te vertel hoeveel miljoene trane ek gestort het in die afgelope weke nie! Dit is 'n saak wat SO naby aan my hart is, dit skeur my hart uitmekaar.
Onthou dat die meeste aborsies in Amerika gedoen word op swart en Latynse vrouens.
Die liberale media in Amerika, wil die wéreld laat glo dat alle swart mense in Amerika agter Obama staan, maar kyk na die volgende video.
Dit is Dr Alveda King, Dr Martin Luther King Jr, die bekende 'civil rights' vegter se broers of susterskind, sy is 'n baie groot pro-life ondersteuner en staan aborsie teen, nadat sy self 'n aborsie gehad het as jong meisie.


Kyk ook na die wonderlike getuienis van Gianna Jessen, sy het 'n aborsie oorleef en veg nou vir die reg vir ander baba's wat aborsies oorleef.




Ek was te lank bang om oor politiek te praat hier op my blog, maar ek kan nie langer stilbly oor hierdie saak nie.
Kan ek vra vir julle gebede asb. en om nie op te hou as Obama die verkiesing wen nie, maar om asb te bid dat sy hart sal verander teenoor die mees kwesbare wesentjies in Amerika!
Die lewetjies, wat uit hulle moeders se baarmoeders geruk word en op vlekvrye staal tafels in hospitale gelos word om te sterf...

Kyk HIER vir bewyse van wat ek hier geskryf het.

Wednesday, October 22, 2008

ons oorleef (foto's)

Dankie vir almal se besorgdheid, ons het oorleef!
Omar het toe so 'n draaitjie gemaak, net toe hy by die eiland kom en sy ergste mag is oor die Oostelike deel van die eiland, ons is aan die Westelike kant.
Dus is alles op die eiland nie verwoes nie, maar dit wat verwoes is, is nogal erg.
Ek sal later foto's plaas, ons het steeds nie krag nie, net 'n kragopwekker. Ek kan dus nie te lank op die internet wees nie en ek MOET opvang met die politieke nuus vanuit Amerika!
Dit is ongelooflik hoeveel 'n mens verloor deur net twee dae van die internet afgesny te wees.

Kliek op die foto. Kyk hoe daardie scary maalkolk op ons af gepeil het...


22 Oktober 2008

Ons krag is terug, maar dit sny nog steeds uit so vier keer 'n dag, frustrasie, maar ten minste het ons weer krag!
Hier is die foto's wat ek belowe het.
Hierdie is almal bote in ons hawe, die eienaars het gedink die orkaan gaan nie sterk wees nie, of hulle het die bote nie goed genoeg vasgebind nie, of die eienaars het nie omgegee nie ( daar is selfs sprake dat sommige hul bote nie goed vasgemaak het nie, sodat hulle kan eis van hulle versekering )

Hierdie is die eerste gesig wat ons begroet het, by die hawe en wat ons laat besef het dat daar groter skade was as wat ons gedink het:






Die Yank se dat daar geen verskoning is vir al die motorbote wat gekelder is nie, hulle kon verwyder gewees het na 'n veilige hawe op kort kennisgewing, dit is die seilbote wat moeiliker is.








Kyk hoe het 'n deel van die kaai afgebreek:


Ons lieflike 'boardwalk' aan flenters:




Bote wat teen mekaar vasgespoel het, een bo op die ander een teen aan die kaai, 'n mens moet jammer voel vir die ou wat sy boot goed vasgemaak het en toe word dit meegesleur deur 'n ander ou se boot:


Die Yank ken meeste van hierdie bote, hy was 'n seilinstrukteur vir 5 jaar vanuit hierdie hawe.
Hy was BAIE verlig om sy 'ander' vrou- Vixen te sien, sy is die boot in die middel van die foto. Die van julle wat seemanne en hulle bote ken sal weet dat 'n seeman oor sy boot voel soos oor 'n vrou!


Damme waar gewoonlik paaie is:


Kragdrade en pale op die grond, oral oor die eiland, daar is baie skade aangerig aan die plantegroei en baie bome is ontwortel, maar die foto's daarvan doen nie reg daaraan nie:


Hierdie is een van die bote wat die Yank vasgemaak het voor die orkaan ons getref het, kyk net al die toue, voor- en agter aan haar en sy het mooi netjies bly staan:


Foto's geneem by die seiljagklub, baie bote het gesink en 'n paar is op die strand uitgespoel


Kyk die Hobbiecat in die boom, net langs die klubhuis:


Ons is dankbaar dat dit net 'n kategorie 2 of 3 orkaan was en dat dit ons nie reg in die middel van die eiland getref het nie, kan julle dink hoeveel skade dan aangerig sou gewees het.
Die ergste vir my was om in die huis te sit met die orkaan shutters voor die vensters en om die wind buite te hoor waai, my man is al deur twee baie sterker orkane op die eiland en hy se dat die geluid van die loeiende wind verskriklik angswekkend is.
Vir my was Orkaan Omar erg genoeg, ek wil nie 'n sterker een beleef nie!

ek is geseend

Vandag is ek gevul met 'n vreugde en 'n dankbaarheid, wat groter is as my hart en my wese.
Ons het 'n wonderlike, geseende lewe, 'n dak oor ons koppe, kos om te eet, mense om lief te he, goeie gesondheid en SO baie meer!
Daar was 'n poll geneem, hier in die US 'n paar weke gelede, waarin 91% mense se dat hulle ontevrede is met die lewe in Amerika. Dit is vir my ongelooflik hoe hierdie mense kan kla, terwyl hulle steeds in een van die mees bevoorregte lande in die wereld bly.
Hulle het vryheid, werkloosheid is net 6%, as 'n mens kyk na die hoeveelheid nuwe karre wat hulle elke jaar koop dan is dit skokkend.
Hulle bly in kasarms en hou net aan koop...
Iemand skryf nou die dag in 'n artikel dat sy by 'n winkelsentrum was en die mense het so gekoop dat sy gewonder het of Kersfees vroeer aangebreek het.
Dit, terwyl ons veronderstel is om in baie erge finansiele moeilikheid te wees. Hierdie mense weet nie wat dit is om in armoede te leef nie, maar hulle weet hoe om te kla.
Dit help ook nie dat sekere politici aanhou om hulle te vertel hoe gebroke hulle wereld is nie.
Dit is vir my ongelooflik dat Amerikaners op die drumpel staan van 'n verkiesing waarin hulle heel moontlik met 'n so te se, sosialistiese regering gaan opeindig.
Dit is ook opmerklik, dat mense in die res van die Westerse wereld, self nie Sosialiste aan bewind wil sien in hulle eie lande nie, maar wel vir Amerika wil kom vertel vir wie hulle moet stem.
Hulle wil egter 'change' he, dit maak nie saak dat hulle nie regtig weet wat daardie 'change' gaan wees nie.
Ek wonder wat hierdie verspotte, bedorwe brokke sou gedoen het, as hulle Oos-Europa en Rusland, gesien het, net nadat die Sosialiste daar tot 'n val gekom het. Ek het, en dit was nie 'n mooi prentjie nie...
Toevallig kom ek op hierdie bloginskrywing af vanoggend .An ungrateful nation, dit nadat ek al die afgelope week vir my vriende probeer vertel het hoe geseend ons steeds is. Dit is 'n wonderlike essay oor wat Amerikaners nog het om voor dankbaar te wees.
Iets wat ek geleer het terwyl ek in Europa gebly het en nou hier, is dat Europeers en Amerikaners baie dinge, wat ons in Afrika as 'n VOORREG sien, sien as 'n REG.
Ek wil dit ook net duidelik maak dat die Yank en ek glad nie welaf is nie, ons leef 'n eenvoudige lewe, probeer om nie skuld te maak nie en leef binne die perke van ons inkomste, ons koop nie huise en karre wat ons weet ons nie sal kan afbetaal nie en dan blameer ons die regering as ons bankrot raak nie.

So, ek wou net se dat my hart sing van vreugde vandag.
Kyk na hierdie interressante film wat ek raakgeloop het:

Beached from Keith Loutit on Vimeo.
Gaan kyk hier by
Keith Loutit hoe hy werklike mense en voorwerpe, soos skepe fotografeer en dit laat lyk na modelletjies. Hy gebruik ook 'stop motioning' verfilming om die regte effek te kry.

Wednesday, October 15, 2008

orkaan seisoen

So, ons dog toe ons het dit gemis en hier kom Omar reguit vir ons vandag. Daar word voorspel dat dit nie baie sterk sal wees nie, maar nogtans is dit 'n orkaan, my eerste een ooit!
Ons het al die tuinmeubels in die huis ingebring en die vensters is toegemaak met die orkaan 'shutters', die Yank het 'n paar bote wat hy met ekstra lyne moet vasmaak aan die kaai en dan is dit maar net sit en wag.
Ons is in die rooi area, reg onder die H.



Hier kry ons, ons weer inligting vandaan, hou die muis oor die rooi areas en kliek om dit van nader te sien.

Ons hoop en bid dat dit gou sal verby gaan en nie baie sterk word nie, ons het 'n veilige tuiste, maar daar is soveel mense op die eiland wat in armsalige plekkies bly en die eiland het so lanklaas 'n behoorlike storm gehad, dat die plantegroei nie gewoond is daaraan nie en al die bome kan dus breek en totale verwoesting kan veroorsaak word.
Met elke orkaan word die kragtoevoer afgesny en soms kan 'n mens maande sonder krag wees, so daar is baie wat kan verkeerd gaan.
Sover word net 'n kategorie 2 voorspel, dit reen alreeds, die wind het nog nie begin waai nie.
Ja, 'n vreemde, interressante wereld waar ek my deesdae bevind.

Sunday, October 12, 2008

Woorde wat lewe gee 4


Die Yank vroeer die week, toe hy van die werk af by die huis kom: "You are my refuge."

Thursday, October 9, 2008

ons mag nie vergeet nie

Vandag vier die Jode Yom Kippur, 'n dag van verootmoediging en bekering, waartydens hulle vas en hulle voorberei vir die jaar wat voorle.

Toevallig het ek onlangs 'n boek gekoop by 'n tweedehandse winkel, 'Life- Stories of courage and survival' wat handel oor die Holocaust, dit het talle getuienisse in van Jode wat in die konsentrasiekampe was.
In die boek skryf 'n man dat hy onthou hoedat hy eenkeer 'n bietjie ongeduldig geraak het met 'n ouer man in 'n winkel, wat teen sy trollie gestamp het. Hy se dat hy vir 'n oomblik na die tatoeermerk op die man se pols gestaar het en dat 'n gevoel van medelye en hartseer oor hom gespoel het.
Ons bestel altyd dvd's deur Netflix en ons kry toe hierdie week 'Steal a pencil for me' in die pos, 'n fliek wat handel oor 'n man en vrou wat in die kampe was en mekaar later weer ontmoet het en toe getrou het.

Ek het deur 'n stadium in my lewe gegaan, wat ek ontsettend baie gelees het oor die Jode en wat hulle deurgegaan het gedurende die tweede Wereldoorlog.
Hierdie was egter twee toevallighede die afgelope dae, vreemd dat die twee dinge so op dieselfde tyd gebeur het. Ek het die dvd lankal gereserveer en nie eens besef waar dit op die lys is nie, so om dit nou te ontvang lyk amper soos 'n boodskap vir my.
Ek lees al hoe meer in die nuus, van mense wat twyfel dat die Holocaust ooit gebeur het en selfs dat elitist Jode dit self laat gebeur het om ontslae te raak van laer klas en swakker Jode.
Die ander dag het ek 'n blog inskrywing gelees oor die Jode en skokkende menings daaronder gelees, van mense wat wil weet of dit rerig gebeur het en allerhande beweringe wat hulle maak, soos dat Die dagboek van
Anne Frank 'n versinsel is.
Dit is dan ook nie vreemd dat daar deesdae 'n vrees is by sommige Jode dat die mensdom nou na 60 jaar begin vergeet wat regtig gebeur het en dat groepe bv. in Palestina die waarheid verdraai, om die wereld teen die Jode te draai.
Daardie mense met die getatoeeerde nommers op hulle polse, word al hoe minder en daarmee saam verdwyn die konkrete bewyse van wat in daardie kampe gebeur het.
Dan is daar nog 'n leier soos Ahmadinejad, van Iran, wat Israel van die wereldkaart af wil vee en se dat Israel 'n stinkende lyk is.
Een ding wat ek nog altyd bewonder het van Amerika, is dat hulle 'n vriend is van die Jode en by Israel staan.
Ek bewonder die Jode, wat altyd oorleef en iets van hulleself kan maak, waar hulle ookal in die wereld gaan, hulle sit nie rond en kla nie, hulle span die hand aan die ploeg en maak 'n sukses van hulle lewens en hulle sal mekaar altyd help, pleks van mekaar ondermyn, soos so baie ander nasies doen.
So, op hierdie dag dink ek weereens aan die miljoene Jode wat so wreed gesterf het en aan die, wat vandag steeds veg vir oorlewing.

For with every
victim an entire world
was lost:
with every survivor,
a new lesson
must be learned.
In this light,
the meaning
of the Holocaust
is as varied
as the human
heart itself

Sanhedrin: 37a

From Aish HaTorah's
"Understanding the Holocaust"

Monday, October 6, 2008

kreatief


'n Wonderlike video oor kreatiwiteit.
Ek stem nie met haar saam oor elke punt nie. Daar is meer in kreatiwiteit as net teken, skryf en beelde skep.
Daar is ook kreatiwiteit in kos maak, huis skoonmaak en kinders opvoed, maar ek verstaan haar punt.
Ek voel baie keer dat ek tyd mors wanneer ek net sit en teken of doodle, maar ek besef ook dat dit nie waar is nie.
Dit is ek-tyd, waar ek krag kan kry vir die elke dag se take waarvan daar so baie is.

Friday, October 3, 2008

grys maar glad nie vaal nie

Ek is absoluut gek oor ouer mense, ek kan vir ure na hulle luister.
Hulle sien die lewe van 'n plek waarheen ek nog moet reis.
Ek is so spyt dat ek nie meer tyd met my eie Oupa's en Ouma's deurgebring het nie en hulle nie meer uitgevra het en meer na hulle verhale geluister het nie.
Daar is soveel oor my familie waaroor ek nou wonder, vrae wat hulle sou kon beantwoord het.


Gaan lees oor Zelda Kaplan 92 jaar oud en kyk na die video oor haar lewe daar.
Sy is op haar ouderdom steeds 'n naguil wat die nag kan om disko, maar sy werk ook vir vroueregte in Afrika.
Pablo Picasso het gesé: “It takes a long time to become young"
Ek dink Zelda Kaplan is 'n getuie van daardie woorde.

Kyk hoe doen die Yslanders dit:


Nog 'n naweek wat voor ons lé soos 'n oester, suig hom leeg!

Thursday, October 2, 2008

Cuppa tea?

Ek is verslaaf aan die Britse film instituut se youtube kanaal, die ou films herinner my aan my laerskool dae op die Suid-Afrikaanse platteland.
Ons het, die laaste uur van die skoolweek op 'n Vrydag middag, film periode gehad, ek dink dit is waar my liefde vir films vandaan kom.
Selfs my ongeduld om die skoolweek om te kry, sodat ek my skoene kon uittrek en op die plaas gaan rondspeel, kon my nie keer om die films te geniet nie.
Kyk na hierdie juweel.
Dit is 'n bietjie lank, maar kyk ten minste die eerste paar minute en dan weer teen die einde, waar die twee Britse dames die teemaak proses bespreek.
Onthou asseblief, wat jy ookal doen moet tog net nie agterlosig raak met jou teemakery nie...

hier

Wednesday, October 1, 2008

winter gedagtes

Vandag verlang ek na Winter, my geliefkoosde tyd van die jaar!
Ek bly op 'n tropiese eiland so ek sal maar na my ou foto's kyk om 'n stukkie Winter te kry.









Kyk na hierdie wonderlike ou video wat handel oor stap in Cumbria ( die Lakedistrik in Engeland)


Dit het my laat dink aan Nikita se blog oor haar besoek daar.