Wednesday, July 23, 2008

Oor vet en juwele op die net


Dit is wat ek myself elke dag aan moet herinner hier op die eiland. Ek het mos verlede week, dieselfde versietjie in 'n Chinese fortuinkoekie gekry.
Ja, ek lees so rond op die net, en besef net hoe bevoorreg ons is, om in 'n wereld te bly wat so klein geword het. Hier het ek toegang tot mense van oral oor die wereld se lewens. Ek is so bly dat ek Afrikaans, Engels en Hollands kan verstaan, want dit maak die wereld soveel interressanter.
'n Wereld van kreatiwiteit gaan voor 'n mens oop. Ek is mal daaroor om blogs te vind wat so oulik is dat my maag op 'n knop trek en ek onmiddelik voel, hier wil ek weer kom kuier!

Ek kry die juweel van 'n video, met my omswerwinge in die kuber ruim..


Ek het weereens vanoggend die bult voor ons huis op en af geloop, met twee vriendinne, dit gaan steeds maar blaas-blaas, maar ons kan dit nou al 2 keer op en af maak.
Ek gee nie om vir die moee en klaende dye en kuite nie, ek haat dit net om uitasem te raak, so ek hoop dit sal gou beter raak.
Daar is nog geen verskil in my gewig nie, maar ek en die Yank hang seker te veel uit om die roomys bak... Voordat ek getroud was, was dit soveel makliker vir my om nie gemors te eet nie, maar nou is die versoeking te groot.
Die eiland 'dairy' hier maak die lekkerste vanilla roomys, en ek kan dit net nie weerstaan nie, maar ek gaan sterker word, dit weet ek.
Gelukkig het ek 'n man gekry, wat hou van 'n vrou met 'n 'voller' figuur! Hy se, ek lyk soos Hilda, sy is die rooikop pin-up wat bo aan my blog pryk. Ek moet se, ek hou ook nogal van my rondinge, maar deesdae raak dit bietjie te erg. Nou ja, laat ek skouer aan die wiel sit en begin huis skoon maak, hier gaat ek....