Friday, September 19, 2008

die dae los op in water

Dit is alweer Vrydag, ek kan dit skaars glo. My ma het altyd gese dat die tyd vinniger gaan, hoe ouer 'n mens word en ek kan nou absoluut met haar saam stem.
Daar is soveel dinge wat ek wou doen die afgelope week en nie by uitgekom het nie. Ek kom nie uit by baie van my geliefkoosde blogs nie, skryf nie die emails wat ek moet nie, reageer nie op al die wonderlike eiertjies wat gele word op my blog nie.
Nou is dit alweer naweek en ons gaan nie by die huis wees nie, nie eens internet he nie, heel moontlik 'n goeie ding.

Die afgelope week was weer 'n passievolle een, aan hierdie kant van die wereld, met die dat die verkiesing nader kom. Ek lees verskriklik baie koerante en blogs en kyk nuus, aan albei kante van die lyn.
Die dinamika van die hele politieke gebroedsel fassineer my verskriklik.
Ongelukkig raak ek te betrokke en probeer ek altyd onregverdigheid uit die weg ruim en as ek dit nie regkry nie, dan het dit 'n invloed op my hele bestaan.
Kyk maar as ek eers begin oor Tibet...
Dit is 'n goeie ding dat die Yank met sy voete vas op die aarde staan en dat hy my emosies kan teen werk!
Hy kom elke keer tot my redding met sy logika.

Iets wat ek geleer het die afgelope week, is dat ek blykbaar 'white trash' is. Volgens 'n liberale vrou in die media, in Kanada, is dit wat Sarah Palin se ondersteuners is.
Wow, ek moet se, die liberale media is regtig baie 'classy'.

Iets wat ek nie kan verstaan nie, is hoe mense so absoluut aaklig kan word wanneer politiek betrokke raak, hoekom word een kandidaat afgebreek en deur die modder gesleep om hulle eie kandidaat op te bou?
Hoekom iemand se naam beswadder en leuens versprei?
Ek het 'n interressante artikel gelees erens, waarin gese is dat rumours en leuens en verdraaings van die waarheid 'n groot invloed speel op wat mense glo.
Daar word ook gese dat, as iemand dan die leuens probeer bewys as onwaar, dat dit verder die mense se geloof in die leuens versterk.
Is dit nie verskriklik nie? So, dit maak nie saak hoeveel keer jy jouself verdedig en die waarheid uitkom nie, baie mense gaan steeds die leuen glo.
Die media hier in Amerika het dit goed geleer kan ek sien.

So, dit is my relaas vir Vrydag. Mooi naweek vir almal!
Geniet die naweek!