Tuesday, September 16, 2008

Ek smyt my vreugde in jou gesig!

"Hurl your happiness in people's faces!"
Woorde uit die fliek 'Tigre y la Nieve' of dan 'Tiger in the snow' wat ons gekyk het die afgelope naweek.
Wat 'n wonder!
Dit is van dieselfde regisseur, van die ander wonderlike fliek 'Life is beautiful', weer met Roberto Benigni en Nicoletta Braschi, in die hoofrolle.
Tom Waits tree ook op daarin, ek het nog altyd van sy vreemde styl van musiek gehou.

Vandag wil blogger nie lekker vir my werk nie, links maak nie oop nie, foto's wil nie aanheg nie, niks wil werk nie, behalwe Youtube, wat nogal vreemd is!
Ek het soveel wat ek wil pos, maar dit sal maar moet wag.
Ek het baie gedink die afgelope paar weke, oor onregverdigheid in die lewe, mense wat preek oor die haat van sekere mense, maar dan haat hulle self ander groepe mense.
Mense wat oordeel, sonder dat hulle iemand persoonlik ken, mense wat stories versprei, waarvan hulle nie die feite ken nie, of selfs wanneer hulle dink dat hulle die feite ken.
Mense wat dink dat hulle intelektueel is en dan ander mense oordeel omdat hulle net 'gewoon' is, of dink hulle miskien 'kommin' is?
Hoekom is dit so dikwels reeds die mense wat die swaarste kry om aanvaar te word, wat moet veg om te wees waar hulle is, wat eerste klippe gooi, wanneer dit by die foute van iemand anders kom..
Ek sal seker nog baie hieroor wonder en tob en met myself veg, om altyd eers die balk uit my eie oog te haal, voordat ek die splinter uit die oog van 'n ander haal.