Saturday, September 6, 2008

'n gekke wéreld



Die afgelope week is ek
totaal geskok en ontnugter,
deur die wreedheid en onregverdigheid
in die wéreld.
Aan die een kant,
met dit wat aan die gebeur is
in die politiek in Amerika
en die behandeling wat mense kry
deur die media hier.
Aan die ander kant,
mense wat dood gaan van die honger,
wat nie klere het om aan te trek nie,
wat dood gemaak word deur hulle eie mense,
oral oor die wéreld.
Ek was nog altyd 'n baie realistiese mens
maar ek is ook baie lojaal,
as jy my vriend is, my land is,
my geliefde is,
dan sal ek vir jou veg, hand en tand.
Ek haat leuens en onregverdigheid, en veg altyd
vir die 'underdog'
dit is seker nie vreemd dat ek nou
voel soos ek voel nie.
Is dit te veel gevra dat ons omgee vir mekaar.
Hoekom probeer mense mekaar verwoes
en verneder.
Vrae waarmee ek worstel
en nie antwoorde voor kry nie.
My grootste vraag is egter,
wanneer het ek 'n Amerikaner geword,
was dit toe ek vir een lief geword het,
of toe ek my voete op haar grond gesit het,
was dit toe my oé
met trane gevul is, toe ek
geluister het na die storie
van 'n POW
of was dit toe ek my bloed
vir die eerste keer voel kook het,
omdat 'n 'buitestaander'
dit durf waag om Amerika te
kritiseer?
'Ons' kan dit doen,
maar julle bly stil oor haar...

Ek is gou weer terug,
met iets moois en iets normaals.