Wednesday, September 24, 2008

vreugde het nie baie nodig nie


Ons loop 'n paar Sondae terug in die supermark en 'n oulike klein patroon van 'n dogtertjie, met boksterte hoog teen haar kop, kom ingehuppel.
Sy het 'n groot appel in haar hand en se met 'n hoe stemmetjie, hard genoeg vir almal in die winkel om te hoor, dat Appelseisoen daardie dag begin het en dus MOET sy 'n appel koop, want Juffrou het so gese by die skool.
Sy het dit nie net een keer gese nie, maar aanhoudend herhaal terwyl sy voortgehuppel het deur die winkel.
Ek en die Yank het vir mekaar gekyk en breed geglimlag, dit was so 'n wonderlike klein juweel in ons dag, hoe belangrik is dit nie om vreugde te vind in die klein dingetjies nie!
Om te leef in die oomblik en elke dag iets te doen wat jou gelukkig maak, selfs al is dit net om 'n appel te koop...

Dankie vir almal se beterskap wense aan die Yank, hy voel elke dag beter.