Monday, November 10, 2008

Sarah geoffer.

My gedagtes was in so 'n warboel die afgelope dae, ek weet nie waarheen om met hierdie blog te gaan nie.
Dit was oorspronklik bedoel as net 'n tipe van 'n dagboek, ek het nooit eens gedink dat iemand dit sal lees nie. Dit is waarom ek in Afrikaans begin het, toe begin ek meer internasionale blogs lees en praat met hulle, maar hulle kan nie terugpraat hier nie. So, ek weet nie, ek gaan of heeltemal ophou, of my taal verander of heeltemal verander waaroor ek blog.
Eintlik het ek alle lus hiervoor verloor, ek lees nie eens meer ander blogs nie.
Sal maar moet sien.
Ek wou lankal die volgende foto's deel, hierdie is die foto's van 'n vrou, vir wie ek verskriklik baie respek het. Iemand wat nie verdien wat aan haar gedoen is nie. Sy is gevat vanuit haar suksesvolle wereld en op die wereldverhoog gesit, om 'n party wat nie kon oorleef nie, te red.
Sy het haar bes gedoen, is verneder deur 'n media wat met alle mag die oposisie in beheer wou he en nou word sy gekruisig deur lede van haar eie party.
Ek weet dat gese word dat 91% van Republikeine steeds 'n positiewe opinie van haar het, maar dit breek my hart wanneer my oorsese vriende dink dat sy 'n 'airhead' is.
Dit is ongelooflik hoe die aanmekaar gelaste onderhoude en die leuens van mense, ons beeld van iemand kan vorm.
Sy sal nooit die leuens wat oor haar vertel is kan oorleef nie, sy wou boeke verban, sy wou he dat verkragte vrouens vir hulle eie 'rapekits' betaal, sy glo in dit en sy glo in dat, sy het dit gedoen en sy het dat gedoen.
Dit maak nie saak HOEVEEL keer dit bewys is dat dit alles leuens was nie, mense glo dit nog steeds.
Sy is 'n vrou wat so baie dinge in haar eie staat bereik het, maar sy is gekruisig deur die liberale wereld waarin ons leef.
Hulle wou 'n vrou op die wereldverhoog sien, maar asseblief tog net nie een met konserwatiewe waardes nie, behoede ons!!
Ek lees nou die dag 'n aanmerking op 'n blog, die ou het geskryf: "I will take a bullet for this woman."
So, voel ek ook.
Hier is sy met haar baie kosbare babaseuntjie, Trig, die baba met down sindroom ( deesdae word 90% van baba's met down sindroom geaborteer in Amerika ) en twee van haar dogters.











Sarah, ek sal ook 'n koeel vir jou vat!