Tuesday, January 13, 2009

kaskenades!


Sit hierdie prentjie op 'n sieklike babablou agtergrond op my rekenaarskerm en dit is, op die oomblik, die prent wat ek die meeste haat in die hele wereld.
Glo dit of nie, ons eiland is die 'hub' vir die mees progressiewe 'fiber optic' tegnologie in die wereld, maar omdat ons regering hier so korrup is en soveel nonsens het, kon hulle nog nooit tot 'n ooreenkoms kom met die maarskappy om vir ons die beste internet konneksie in die wereld te kry nie.
So, ons moet verlief neem met 'n konneksie wat heeldag kom en gaan, seker duisende keer 'n dag verskyn hierdie bogenoemde prentjie op my skerm en dan wil ek skreeu.
Wel, ek moet seker dankbaar wees dat ons hoegenaamd internet toegang het, maar ek moet erken dat ek bederf was in Europa en nou is dit nogal frustrerend om die internet hier te gebruik.
My grootste pyn is dat baie van die foto's op mense se blogs deesdae net die klein rooi kruisie wys en as daar baie detail is op 'n blog, dan kry ek dit nie oop nie.
Nou ja, dis van my hart af, nou sal ek ophou kla.
O ja, terwyl ek nou kla oor die eiland net gou iets interressant. Kyk hoe word die kaartjies vertoon by ons 'supermark':

ha! Moenie dink jy kan gou inhardloop en 'n kaartjie koop as jy haastig is nie, die koeverte is almal op die onderste rak, so jy moet nog een soek wat pas ook...
Hoe meer dae hoe meer dinge, maar ons leef steeds in die Paradys. ;)

help my Here!