Thursday, January 15, 2009

mooi

Ek het vandag bietjie op etsy rond gespeel, hier is 'n paar goed wat ek baie van hou, kliek op die mosaiek om dit beter te sien en gaan kuier by die winkels deur op die name te kliek:


gebreide hippo aaah, te wonderlik vir woorde, sy het my laat dink aan my eie skeppings van wol, toe ek nog in die laerskool was.

houthartjie so oulik.

gebreide hondehoed hier MOET jy gaan inloer, hierdie hond is dierbaar en sy baas baie talentvol, dit het my dag gemaak!

yo yo's wie het dan nie yo yo gespeel nie! Ek het altyd van die rooi Coke yo yo's gehou, maar hierdie is baie mooier.

skets as ek maar so oorpronklik kan wees.

Londen ek hou baie van hierdie ou reis advertensie plakate.

hartjie so oulik, die oranje en die felt.

sokkie honde :) wat meer kan ek se?



o, vir 'n etsy winkel...