
Vandag dink ek aan my land en sy mense, daar in die verte.
Ek kan nie stem nie, ek is wel geregistreer, maar daar is nie 'n ambasade naby ons nie.
Ek hoop elkeen, wat kan, gebruik hulle reg om te stem, 'n reg wat so baie ander mense in die wereld nie kan gebruik nie.
Mag alles goed afloop in my hart se land en mag die goeie seevier vandag.
Wipneus druk haar liefde vir ons mooi land baie mooi uit, gaan kyk HIER
Foto van HIER, 'n stukkie Suid-Afrika in Londen.



















5 Eiertjies gele:
Vandag was ek trots op ons mense, die rye was lank en nie een van ons kan skuldig voel en sê ons het nie probeer nie Eilandkind.
Die opkoms was wonderlik!
Thanks for your thoughts. It is an emotional experience to go and vote. What a pity you were not able to. It is so good that so many South Africans outside the country were able to.
Ek het ook die hele stem-ding gemis oor ek nie verlof kon kry en die ambesade is ook vrek ver...
Ek is bly soveel mense het egter gaan stem.
Dankie vir julle gedagtes Sammi, FF en kaalvoet.
Nou sit ons maar in spanning en wag ne.
Hi Eilandjie!! Man ek lewe in La-la-land my liefde vir my land is regtig groter as die probleme. Dus ek pas aan! Baklei sommige dae, lag ander dae, maar ons het regtig 'n baie mooi land, en die mense.... so vriendelik en ons is 'n sterk ou volkie!!
Ek droom oor my reënboog land... eendag
Post a Comment