Wednesday, April 22, 2009

stemreg 'n voorreg



Vandag dink ek aan my land en sy mense, daar in die verte.
Ek kan nie stem nie, ek is wel geregistreer, maar daar is nie 'n ambasade naby ons nie.
Ek hoop elkeen, wat kan, gebruik hulle reg om te stem, 'n reg wat so baie ander mense in die wereld nie kan gebruik nie.
Mag alles goed afloop in my hart se land en mag die goeie seevier vandag.

Wipneus druk haar liefde vir ons mooi land baie mooi uit, gaan kyk HIER

Foto van HIER, 'n stukkie Suid-Afrika in Londen.