Wednesday, July 15, 2009

Afrika kom na my toe

Dit is weer daardie tyd,
die tyd vir Afrika om na my toe te kom.
Ek was so lanklaas daar,
dit is 'n goeie ding
dat sy by my kom kuier.
In die Somer het ons dikwels
sulke wasige dae hier in die Karibbiese wereld.
Dit is wanneer groot stofstorms vanaf die Sahara woestyn,
oor die Atlantiese oseaan
na ons toe kom
Dit maak die lug wasig en rooi
en die sonsondergange is nie so fantasties
soos gewoonlik nie.
Vir my is daar egter heimwee in die gedagte
dat dit die grond van Afrika is,
wat oral om ons in die lug is.



Gaan lees
hier
dit is 'n artikel van vroeer in die Somer
oor die gebeurtenis.
Hulle se dat areas so groot soos Spanje
oor die Atlantiese oseaan waai,
dit slaan my asem weg!

Wetenskaplikes het organismes hier gevind,
wat gewoonlik net in Afrika voorkom,
hulle neem aan
dat dit klou aan die sandkorrels
en dan so hierheen reis.
.
Die foto is net voor sonsondergang geneem,
'n ongelooflike gesig.