Thursday, November 26, 2009

blou is 'n bokkie

ons het gisteraand teen skemer 'n besoeker gehad voor ons deur,
ek moes suutjies rondsluip
met kamera in die hand,
hierdie foto's het baie donker uitgekom,
dit is deur die sif voor die venster geneem,
en ek moes dit ligter maak,
maar hier is sy,
in al haar prag
.
.
en toe laat die foto's van haar,
my dink aan hierdie een van die ander aand
.
'n sonsondergang
wat die lug sagpienk geverf het
.
.
vandag was Thanksgiving dag hier in die Amerikaanse wereld
en ek het so ongelooflik baie
om voor dankie te se
.
ek is mildelik geseend
.