Wednesday, December 30, 2009

pienk verskrik

wel, wel
wie sou dit nou kon dink
ek is deesdae pienk verskrik
'n kleur wat ek nooit regtig van gehou het nie
gee my groen of oranje
nie blou of pienk nie
.
maar deesdae word ek al hoe meer aangetrek na hierdie twee kleure
.
allerhande goeters
in soetgoed pienk
en babablou
.


.
van links bo
na regs onder
.
~die malse blomme prag op ons eiland op die oomblik
~my nuwe (tweedehandse) kussingslope wat deesdae al te fraai blom
~selfs die Kersliggies in die strate word oorgeneem deur pienk rankplante
~malse wolke in skakerings van pienk soos spookasem by die Kermis
~vanilla roomys en vars aarbeie, saamgeklits in die versapper
~my nuwe (tweedehandse) teepot met die mooiste pienk roos
.
ek het die tweedehandse winkels ontdek
hier op die eiland
en dis 'n fees
.
goedkoop goeters
baie mooi
en soms amper splinternuut
en oral vang my oog die sagte pienke
en die baba bloue....