Tuesday, August 12, 2008

Die wéreld is ghaga oor China...



Iets ry my nou al vir 'n ruk, maar tot nou toe wou ek nie rérig iets sé nie.
Na die afgelope Vrydagaand se opening van die Olimpiese spele deur die wonderlike China, kan ek egter nie meer my mond hou nie...

Hoe kan 'n land wat homself skuldig gemaak het en steeds maak, aan die ergste vergrype van menseregte homself voordoen as so oulik?!
Dit maak my siek om te kyk na die foto's van die opening van die spele en om te luister na mense se ophemeling van China!
Chinese kinders, wat foto's vashou van kinders van oor die wéreld, en die hele oefening is veronderstel om vrede in die wéreld aan te moedig, ek wonder hoeveel foto's daar was van die kinders van Tibet?
Die Chinese sit onwettig in Tibet en hulle het hoeveel Tibetane oor die jare vermoor, hulle kultuur vernietig, kloosters afgebrand en boeke verwoes!
Hoe KAN die wéreld toekyk? Wat se boodskap gee ons aan ons kinders?

Dat ons maar onreg onder die mat kan vee en verdoesel, solank ons 'n groot, asembenemende skouspel kan opsit?
Dit maak my siek om selfs net na die Spele te kyk op televisie.

Ek was nog altyd iemand wat veg vir die underdog, iemand wat dit nie kan hanteer as iemand onregverdig behandel word nie. Ek veg vir my geliefdes en vir sake waarvoor ek omgee en dus kan ek nie meer stil bly nie.
Ek kuier so op die blogwéreld rond en voel my bloed kook, wanneer ek sien hoe mense wat gewoonlik vir reg en geregtigheid opstaan foto's plaas van die wonderlike skouspel!

Die ding is, dat ek nog altyd 'n fasinasie met Tibet gehad het. Vandat ek my eerste boek oor daardie misterieuse land gelees het as tiener, wou ek daarheen reis.
'n Wonderlike land met kompleksiteit, met mense wat nie geweldadig is nie, wat in vrede wil leef, maar wie dit nie toegelaat word nie...
'n Land en sy mense wat verwoes word deur die Chinese, 'n magtige nasie wat besig is om die wéreld stadig maar seker oor te neem!

Maak oop julle oé wéreld!

Foto's van hier Lees sommer ook op sy homepage wat hy skryf oor Tibet...