Friday, July 11, 2008

Perfeksie

Wow, en toe vind ek weer my blog na al hierdie maande. Dit was weg, en ek het nie geweet waar dit skuil op die net nie. onverklaarbaar weg in cyberspace!

My lewe het intussen heeltemal verander! Ek is getroud en ek bly nie meer op die groot eiland nie, ek bly nou op die klein eiland!

Ongelooflik hoe 'n mens se lewe so gou kan verander en dit in 'n kwessie van minder as 'n jaar.

Toe ek bietjie meer as 'n jaar gelede in Kuba was het ek nooit kon droom dat ek sou terugkom na die Karibbiese waters as getroude vrou nie.

Nooit het ek gedink toe ek daar op die strand in Varadero gele het dat ek nog eendag, elke dag die geleentheid sal he om op die strand te le en kyk na die turkoois waters en die aangename louwarmheid daarvan op my lyf sal voel nie.
Vreemde lewe vir my, iemand wat nog altyd Winter as die beste seisoen gesien het, of miskien selfs Herfs, maar nooit as te nimmer Somer nie...

So, nou gaan ek voort met my blog, ek moet praat. Praat oor my lewe hier, in die taal van my hart, want soms raak dit alleen.
Ek sal maar sien hoe my blog uit draai, ek's bietjie van 'n perfeksionis, wil alles in orde he, maar het geleer dat blogs hulle eie kop volg.