Tuesday, July 15, 2008

Oor Yanks en Chinese

Toe veroorsaak ek vanoggend dat die Yank amper laat is vir werk! Sien, ons stel TWEE alarms en myne is die tweede een, en dis my selfoon. Daar vergeet ek dit toe in die sitkamer, met die deur toe, sodat die aircon beter werk in die slaapkamer..
Ek haat min dinge so baie soos om wakker te word en dadelik te moet op spring en aan die gang raak.
My ideale oggend is om luilekker wakker te word, en dan in die bed te le totdat my lyf begin styf en seer raak.
Met die Yank wat half agt by die werk moet wees is dit egter nie meer moontlik nie.

Soos ek al gese het, my lewe het so baie verander in die laaste ses maande. Ek werk nie op die oomblik nie, wag nog vir daai wonderlike green card. Ek het nog altyd skofte gewerk, so ek is gewoond aan vroeg opstaan en met dik geslaapte oe by die werk aan kom, maar deesdae hoef ek net op te staan, die Yank se toebroodjies te maak, hom by die deur uit te help ( sien ons is altwee glad nie oggendmense nie) en dan kan ek weer slaap of huis skoonmaak of gaan swem of doen net wat ek begeer.

Dit klink miskien na hemel op aarde, maar dis ongelooflik hoe nutteloos mens kan begin voel na 'n paar maande....

Op die oomblik is dit so warm hier, dat ek net in die huis wil bly deur die dag, ek het nog altyd gehiberneer in die Somer en hierdie is nou rerig Somer!
Ja, eiland lewe, ek dink baie mense het 'n droom om op 'n eiland te bly, maar dis lekker vir 'n vakansie, maar nie elke dag nie, in elk geval nie vir my nie.
Nou wil ek natuurlik ook nie kla met die witbrood onder die arm nie..

Gister toe gaan eet ons Chinees, toe die rekening kom toe is die Yank se dis skielik $3 meer as die prys op die menu! Gelukkig is hy baie Wiskundig, ek sou dit nie eens agter gekom het nie.
Toe ons vra, toe se die kelner, die prys het op gegaan! Ek moes lag toe die Yank haar vra: 'Since we ordered?'

Nou een ding wat ek nie van hou nie is astrologie, maar ek is mal oor daai Chinese koekies met die versietjies in en myne se toe gister: There is beauty in simplicity.

Is dit nou nie mooi gese nie?

Ek het so vinnig gepak, my lewe in Engeland op gegee en hierheen getrek toe ek en die Yank besluit het ons wil mekaar he, dat dit voel of my voete nie grond geraak het nie.
Ek het soveel van my goed weg gegee, dat dit partykeer voel of ek worteloos is.

Nou sien, vir party mense is dit maklik om so te lewe, vat bv die Yank, hy is 'n absolute minimalis, hy is een van die interressantse mans wat ek ooit ontmoet het, weet van alles, van wereldsake tot boeke tot musiek, maar hy het nie nodig om dinge om hom op te gaar nie.
Ek aan die ander kant, wil my lewe om my sien, dingetjies wat vir my mooi is, goedjies wat my laat dink aan 'n sekere tyd in my lewe, boeke, musiek, video's, dvd's en berge vol allerhande goed.

Toe vertel die Chinese my mooi gister oor beauty in simplicity........
Die Yank s'n het gese: 'Love is like sweet medicine, good to the last drop' en dis wat ons gekry het soete medisyne......