Wednesday, August 6, 2008

Dankie en koeie

Dankie aan Muriel, Nikita, Zee, Sandra, Boendoe vir almal se mooi wense vir my verjaardag!

My dag is wonderlik sovér, ek wag nou net vir die Yank om huis toe te kom sodat ons kan gaan uiteet.
Hy het baie mooi geskenke vir my gegee, alhoewel hy my grootse geskenk is wat ek die afgelope jaar gekry het!
Ek sal nog weer 'n ordentlike possie maak, maar die is solank vir Nikita, dis my koeie uit Engeland. Ongelukkig het die 3de een in die stel op haar snoet geval en gebreek! :(




Ek sal móre weer by almal se blogs uitkom, ek hoop dit gaan goed met julle almal te midde van kragonderbrekings, stofstorms, siektes en klagtes. Móre is weer 'n nuwe dag wat ons onse koppies na die son kan draai en shine!