Wednesday, August 20, 2008

Ditte en datte

Vandag wil ek net 'n paar goeters hier sit wat ek die afgelope week gevind het, wat vir my mooi was/my gefasineer het/ek ongelooflik gevind het...

Die volgende foto's van die nuutste SARIE , ek kyk maar na die tydskrif op die web, want ek het nog nooit sovér gekom om dit deur die pos te kry nie. Hierdie foto's is vir my so mooi en ek het 'n roos soos die donker pienke gekoop toe ek laas in SA was....






Moeg vir daardie stoute kat wat jou meubels krap? Miskien moet jy SOFT PAWS kry?
Goeie genugtig wat nou nog?!

Hierdie bakkie is vir my baie mooi, ek hou van borde en bakke wat vir niks anders goed is as om na gekyk te word nie, ek is ook mal oor woorde en letters op gebruiksartikels:


Dit was via Apartment therapy ongelukkig het ek nie die direkte link nie.

Lus vir ietsie om te eet, hoe lyk dit met hierdie roomys van porselein, te kry by
MINT



Die volgende foto fasineer my. Nou kyk, enigiemand wat my ken weet hoe lief ek is vir boeke en dit is baie moeilik vir my om 'n boek weg te gooi, selfs al is dit 'n trashy liefdesverhaal.
Hierdie 'kuns' is egter vir my wonderlik. Ek het gister 'n boek so begin vou, toe kom die Yank later by my met die boek en vra wat dan nou hier aangaan. Hy was verbaas, want hy weet hoe ek voel oor boeke, ek kla altyd oor die toestand van my boeke nadat hy dit gelees het!
Gaan kyk HIER vir meer...



Ek vind toe vanoggend uit dat daar nie net hummingbirds is nie, maar ook hummingbird MOTTE! Wat 'n wonderwéreld woon ons in! Ek probeer alreeds vir twee dae 'n mooi foto kry van my hummers, maar dis moeilik, hulle is vinnig!
Kyk HIER
na die motte...







Soek jy 'n bietjie pampering? Daar is blykbaar deesdae SPA'S waar jy 'n pedikuur kan kry deur vissies gedoen. Te grillerig vir my! Vandat ek begin snorkel en skuba duik het en gesien het wat alles om 'n mens se voete draai in die see, gril ek selfs wanneer ek swem!



Wie sou kon dink 'n vlieg kan mooi wees? Dr LA kan enigiets mooi maak....



Nou ja, genoeg vir eers, ek het 'n boek om te gaan vou....