Wednesday, August 20, 2008

die boodskap van 'n hommelvoeltjie

Uiteindelik, uitgevang jou klein karnallie!






Uiteindelik kry ek toe vir meneertjie mooi. Hierdie klein karnallies is vreeslik vinnig en hulle hou ook nie baie van mekaar nie, hule is klein vegtertjies! Hulle swiep op mekaar af en jaag mekaar heeldag rond!
Ek weet nie hoe ander mense dit reg kry dat hulle meer as een laat drink by dieselfde voerder nie, maar myne haat mekaar.
Ek wens ek kon met myne dans:




Hommelvoeltjies is tekens van:

energie
vitaliteit
vreugde
hernuwing
opregtheid
genesing
uithouvermoe
vrede
oneindigheid
agility (wat is dit tog in mooi Afrikaans?)
speelsheid
lojaliteit
liefdevolheid


Dit is nie algemeen bekend dat die fladderende vlerkies van 'n hommelvoeltjie, in die patroon van die oneindigheid simbool beweeg nie, dit bevestig hulle as die simbool van oneindigheid.

Deur die voeltjie dop te hou kry mens die idee dat hulle nooit moeg word nie. Hulle is altyd aktief op soek na die soetste nektar en so herinner hulle ons om altyd die goeie in die lewe en die skoonheid in elke dag te soek.

Hulle is ongelooflike migrasie voeltjies, sommiges is al gevind 2000 myl van waar hulle gemerk was. Dit herinner ons om aan te hou om ons drome te volg...

Die belangrikste vrae wat die klein voeltjie vra is:
Waar is jou vreugde:
Soek jy jou vreugde innerlik of uiterlik?
Wat is die bron van jou vreugde?
Wat kan jy doen om jou vreugde te vermeerder?

My klein wonderwesentjies het my geleer om die vreugde in die klein dingetjies te soek en dat die eenvoudigste dinge soms die mooiste is...

Onthou altyd die Hommelvoeltjie se boodskap is:
Die soetste nektar is binne jou bereik!


Baie interressante feite oor die klein wonderwerkies hier by Wikipedia
Hulle is onder andere die enigste voels wat agteruit kan vlieg!
Daar is ook oneindig baie en pragtige video's op Youtube van hulle, ek kan heeldag daar spandeer! Kyk hierna en luister na die wonderlike stem van David Attenborough.
Ek is bekoor en vasgevang en verlief, ek sal hulle bestudeer solank ek aan hierdie kant van die Atlantiese oseaan bly....