Friday, August 29, 2008

doodles en dromme op die pavement


Is dit nie wonderlik wanneer mens jou reg maak vir ure se wag en dan handel jy alles, wat jy moes doen, af binne 'n halfuur nie?
Ek moes vanoggend my vingerafdrukke en foto's laat neem by die Amerikaanse immigrasie kantore en het gedink ek gaan ure wag, toe is ek sommer gou klaar. Ek gaan eet toe 'n ietsie en drink 'n yummie frappucino by die Starfish patesserie!
Dit is ons enigste ware 'koffie' plek hier op die eiland en hulle koffie is heerlik. Starbucks was een van my gunsteling uithang plekke toe ek in Engeland gebly het, so dit is lekker om so dan en wan by Starfish uit te kom.
Dit was lekker om net te skryf in my dagjoernaal en sommer net te doodle, totdat my pen se ink opgeraak het.
Snaaks, as kind het ek so baie keer so gedoodle en opgehou toe ek groot word, dit het vir my soos tydmors begin voel.
Vanoggend was dit egter vrek lekker om net so tyd te mors....

Ek kon dit nie weerstaan om die pragtige koeke af te neem nie, al het die vrou agter die toonbank my skeef aangekyk...


Gepraat van dinge wat ek as kind gedoen het, ek kry hierdie videotjie nou die dag en toe dink ek aan hoe ek altyd daarvan gehou het om teen verskillende voorwerpe te tik, om die verskillende klanke te hoor...

vreemd, ek weet, maar dit was 'n obsessie en dit was nie die vreemdste van my obsessies nie...