Monday, September 1, 2008

winter in my hart



Ek was nog altyd meer van 'n Winter, Herfs, Lente mens as 'n Somer mens en nou bly ek waar dit nimmereindigende Somer is. Ek word vertel dat ek teen volgende 'Winter', wanneer ek aangepas is, langmou klere en jeans sal dra, maar dit is moeilik vir my om te glo.
So, dit is Lente in die Suidelike halfrond en ek weet hoe wonderlik dit is, dit voel asof alles begin ontwaak, daar is iets in die lug en selfs die diere lyk meer op en wakker.
Dit is so wonderlik wanneer 'n wéreld wat gelyk het asof dit dood is, ontwaak en klein blaartjies en botsels verskyn.
Hier het ons egter steeds 'n baie drukkende, klam hitte, en oral die malse kleure van 'n tropiese wéreld, wat natuurlik baie mooi is en die eiland het nou uitgebars in malse groen nadat ons goeie reén begin kry het.
Dit alles bring natuurlik ook die vrees van orkane, die volgende sateliet foto is van vandag, kyk hoe lé die stormweer soos ingerygde pérels oor die Atlantiese oseaan...



Die foto is van hier, die webwerf wat deel is van ons elke dag se bestaan gedurende die orkaan seisoen, wat eers teen einde November verby is.

Ons is 'n klein, klein spikkeltjie Wes van die geel sirkel, gemerk 3. Daar is natuurlik genade in daardie prentjie, want dit wys dat die twee rooi swirly figure by ons verby is, sonder om ons te affekteer, dit is natuurlik Orkaan Gustav en Tropiese storm Hanna...
Snaak hoe die wéreld van orkane vir jare by my verby gegaan het en net nuusberigte was van ander mense vér weg in die wéreld se ondervinding en lyding.
Ek kon bid vir die mense en myself selfs in hulle skoene probeer plaas, maar nou voel ek dit aan my eie lyf en dit maak 'n wéreld se verskil.
Nuusberigte van New Orleans, waar Orkaan Gustav hulle nou weereens bereik het, plaas 'n beklemming om my hart 'n mens kan net vir hulle hoop en bid.

Hieronder is van my foto's van die blommeprag wat ek teé kom langs die pad, wanneer ek in die oggend gaan stap, let wel, meeste van hierdie blomme is net die natuurlike plantegroei, die foto's is nie in iemand se tuin geneem nie, maar net langs die pad.
Van hierdie, is piepklein, fyn blommetjies, ander is piepklein blommetjies binne in groter blomme, 'n wonderwéreld...



So, ek wens vir elkeen daar in vérre Suid-Afrika 'n wonderlike Lentedag en mag julle uit julle kokkone kruip en ontwaak en 'n wonderwéreld ontdek hierdie seisoen en onthou...