Tuesday, August 19, 2008

Musiek en My se Mamma


Ons het Mamma mia gaan kyk gisteraand en dit was 'n blast! Gaan kyk dit!
Dit is altyd 'n ondervinding om die fliek hier op die eiland te besoek. Dit het al gebeur dat hulle 'n fliek gekanseleer het omdat daar net twee mense in die fliek was.
Die keer het dit egter gewys en ons het voete getik/saam gesing en gelag.
Die Yank hou nie van muskiekblyspele nie en tot hy het dit geniet!
Ek is natuurlik mal oor ABBA se musiek, so ek het die fliek ekstra geniet, ek dink ook dat Meryl Streep wonderlik was in die fliek.
Die hele opset met die troue was so romanties, waarlik iets mooi.

Vir die wat hou van ABBA se musiek, kry sommer ook die video 'Muriel's wedding', ek het dit al male sonder tal gesien.
Die séding daarin: 'You are terrible Muriel' het al my en my suster se séding geword met die jare. :)