Monday, August 18, 2008

Perfekte naweek



Is 'n perfekte naweek,
die deel van 'n dag,
met die geruis van die see op die agtergrond,
met twee mense, wat
alreeds deur baie pyn in die lewe is en
uiteindelik geluk gevind het by mekaar...



die bruid se dogtertjie,
het blomblare gedra in die
soom van haar rokkie,
en sy het vir haar nuwe pa dankie gesé
vir sy liefde,
elkeen daar het so 'n bietjie gehuil...



(kyk ook hoe mooi hulle,
dit doen érens op 'n koue strand.)

of is 'n perfekte naweek
'n konsert
onder die sterre,
met ongelooflike mooi, polsende, Kubaanse musiek,
terwyl jy mojito's deel met jou geliefde..



of is dit die deel
van 'n mooi-mooi fliek,
soos 'A lovesong for Bobby Long'
op 'n snikhete, warm Sondag middag,
toegegooi met 'n kombers
en die lugverkoeler op sy koudste gestel,
sodat julle kan cuddle.



of is dit die vind
van 'n onderstebo
wéreld daar waar die voéltjies
kom suiker water drink...



want as dit is,
dan was myne
perfek....