Monday, August 25, 2008

'n Vroee wurm of is dit voél?

Ek was nog nooit 'n oggend mens nie, dis so lekker om weer om te draai wanneer daardie wekker afgaan en my neus toe te trek met 'n snoesige kombers. Deesdae doen ek egter wat hy aanbeveel:

The breeze at dawn has secrets to tell you.
Don’t go back to sleep.
You must ask for what you really want.
Don’t go back to sleep.
People are going back and forth across the doorsill
where the two worlds touch.
The door is round and open.
Don’t go back to sleep.
–Rumi


Met daardie koppie boeretroos in die hand lees ek wat my vriende op die web gedoen het of te sé het, ek luister musiek en vang op met die daaglikse nuus.
Ek het darem ook uiteindelik my blogroll beter gemaak, sodat ek mooi kan opvang met almal se blogs en nie iets mis nie.
Die lied in die volgende video draai heel oggend in my kop.
Dit is so 'n pragtige, positiewe lied en beelde. Ek stem nie vir Obama nie, maar ek bid ook vir Amerika, die land wat teen en wil en dank myne geword het, omdat dit my geliefde Yank se hartland is.
As ek een ding geleer het in die afgelope 6 maande, dan is dit dat, wanneer mens lief word vir iemand, sy drome ook jou drome word.



Gewoonlik gaan ek darem vir 'n oggendstap ook, maar vanoggend het dit gereén, moet sé ek was nie rérig lus vir stap nie.

Ek vind Pia toe vanoggend, en het verlore geraak in haar blog en haar soundscape en toe verlang ek na my Winter oggend,van lank gelede, met sneeu wat val op die Eiffeltoring....