Monday, September 29, 2008

doodles en liefdesbriewe


Meer doodles die afgelope naweek, nog politiek en dink oor die lewe.
Die Yank en ek, het begin om die eposse van ons dating dae te herlees, op die datums wat ons dit vir mekaar gestuur het.
Gelukkig is nie een van ons twee baie lief vir 'n telefoon nie, so ons het 'n stapel uitgedrukte eposse aan mekaar.
'n Kosbare wonder voorwaar, hoe wonderlik om dit nou te lees, nou dat ons getroud is en mekaar deur en deur ken. Ons lag en ons vee selfs 'n traan af nou en dan.
Die sekerheid oor mekaar, wat so gou reeds by ons altwee ontstaan het, dat dit ware liefde is en dat ons absolute sielsgenote is en saam hoort, skemer sommer vroeg deur in ons korrespondensie aan mekaar.
Dit is nooit te laat om liefdesbriewe aan mekaar te skryf nie, veral as twee mense dit nooit gedoen het nie. Soms is dit soveel makliker om iets op papier te sit as wat dit is, om dit in persoon te se.
My man se eposse aan my is 'n kosbare kleinood, sy poetiese woorde en gedagtes 'n lied aan my hart en ek is so bly dat ons dit gehou het.

Ek lees nou en dan uit 'n humoristiese, klein boekie 'Don'ts for wives' deur Blanche Ebbutt wat gedruk is in 1913!
Dit is vol wenke vir getroude vrouens en sommige is natuurlik lagwekkend, veral in die eeu waarin ons leef.
Die een wat nou by my opkom:
Don't din his perfections into the ears of every woman you meet. Be satisfied to enjoy them."
Vandag gaan ek glad nie luister na Ms Ebbutt nie, ek IS getroud met die wonderlikste man in die wereld en ander vrouens moet maar daar oor kom. ( wink, wink )
'n Ander juweel uit die boekie:
Don't vegetate as you grow older if you happen to live in the country. Some women are like cows, but there really is no need to stagnate.
Keep both body and brain on the move."

Ek sal nou en dan hier kom lag oor 'n juweel uit die boekie.
Nou ja, laat ek hierdie liggaam aan die beweeg kry, anders verkoei ek dalk...