Thursday, October 2, 2008

Cuppa tea?

Ek is verslaaf aan die Britse film instituut se youtube kanaal, die ou films herinner my aan my laerskool dae op die Suid-Afrikaanse platteland.
Ons het, die laaste uur van die skoolweek op 'n Vrydag middag, film periode gehad, ek dink dit is waar my liefde vir films vandaan kom.
Selfs my ongeduld om die skoolweek om te kry, sodat ek my skoene kon uittrek en op die plaas gaan rondspeel, kon my nie keer om die films te geniet nie.
Kyk na hierdie juweel.
Dit is 'n bietjie lank, maar kyk ten minste die eerste paar minute en dan weer teen die einde, waar die twee Britse dames die teemaak proses bespreek.
Onthou asseblief, wat jy ookal doen moet tog net nie agterlosig raak met jou teemakery nie...

hier