Friday, October 3, 2008

grys maar glad nie vaal nie

Ek is absoluut gek oor ouer mense, ek kan vir ure na hulle luister.
Hulle sien die lewe van 'n plek waarheen ek nog moet reis.
Ek is so spyt dat ek nie meer tyd met my eie Oupa's en Ouma's deurgebring het nie en hulle nie meer uitgevra het en meer na hulle verhale geluister het nie.
Daar is soveel oor my familie waaroor ek nou wonder, vrae wat hulle sou kon beantwoord het.


Gaan lees oor Zelda Kaplan 92 jaar oud en kyk na die video oor haar lewe daar.
Sy is op haar ouderdom steeds 'n naguil wat die nag kan om disko, maar sy werk ook vir vroueregte in Afrika.
Pablo Picasso het gesé: “It takes a long time to become young"
Ek dink Zelda Kaplan is 'n getuie van daardie woorde.

Kyk hoe doen die Yslanders dit:


Nog 'n naweek wat voor ons lé soos 'n oester, suig hom leeg!