Wednesday, October 29, 2008

'n uitroep aan alle gelowiges

Hierdie is 'n uitroep aan almal wat glo in ons Hemelse Vader en wat glo dat die lewe heilig is.
Die van julle wat nie net glo in God nie, maar wat ook glo dat elke lewe belangrik is, vanaf die oomblik van bevrugting.
Die van julle wat glo dat selfs die klein blob, wat nie eens soos 'n mens lyk nie, die reg het om te lewe.
Ek is ontsettend aangeraak deesdae deur die kreet van die miljoene klein wesentjies wat geaborteer is sedert aborsie wettig geword het.
Oor die 43 miljoen, net in Amerika, sedert die sewentigerjare.
Ek smeek julle, bid vir die verkiesing hier in Amerika. Die hele wéreld dink dalk dat 'n Obama regering beter gaan wees vir die wéreld en vir Amerika.
Hoeveel mense weet egter dat hy belowe het dat die eerste ding, wat hy sal doen as President, is om die aborsie wet te onderteken. 'n Wet wat so radikaal is, dat dit fondse gaan wegneem van swangerskap krisis sentrums en fondse gaan gee vir aborsie klinieke. ( Hulle noem dit 'planned parenthood' hier, maar dit is net 'n beter woord vir aborsie kliniek ) Hy gaan ons belasting geld vat en dit gee vir aborsie klinieke!
Dit is een van die dinge waaroor Obama geflip flop het in hierdie verkiesing, soos oor meeste van die dinge waarin hy glo, in sy stryd om aan te pas, sodat hy meer middel van die weg kan voorkom vir kiesers.
Dit is egter oor en oor bewys dat sy rekord sé, dat hy baie radikaal is, wanneer dit kom by aborsie.
Hy is die man wat sé, dat dit 'above my paygrade' is om te besluit wanneer lewe begin. Hy is die man, wat sé, dat hy nie wil hé, dat sy dogters met 'n baba 'gestraf' moet word, as hulle 'n 'fout' sou maak nie!
Hy is een van die enigste senators in die Amerikaanse regering wat gestem het TEEN die 'infants born alive act' iets wat so erg is, dat sy ondersteuners nie wil erken dat hy dit gedoen het nie.
Hyself het nou al rond geflip flop met verskonings vir die rede waarom hy die wet teengestaan is, maar daar is nou al oor en oor bewys dat hy oneerlik is oor waarin hy glo.
Vir die van julle wat nie weet waaroor dit gaan nie, dit is die wet wat babatjies beskerm wat aborsies oorleef. Die wet gee daardie babatjies die reg tot mediese sorg, wanneer hulle 'n aborsie oorleef.
Ja, in sommige state in Amerika word aborsies selfs in die laaste trimester van swangerskap gedoen!
Daar is selfs iets soos 'partial birth abortion' waar babatjies halfpad gebore word en dan word hulle DOODGEMAAK deur die aborsie dokter!
Ek kan nie begin om julle te vertel hoeveel miljoene trane ek gestort het in die afgelope weke nie! Dit is 'n saak wat SO naby aan my hart is, dit skeur my hart uitmekaar.
Onthou dat die meeste aborsies in Amerika gedoen word op swart en Latynse vrouens.
Die liberale media in Amerika, wil die wéreld laat glo dat alle swart mense in Amerika agter Obama staan, maar kyk na die volgende video.
Dit is Dr Alveda King, Dr Martin Luther King Jr, die bekende 'civil rights' vegter se broers of susterskind, sy is 'n baie groot pro-life ondersteuner en staan aborsie teen, nadat sy self 'n aborsie gehad het as jong meisie.


Kyk ook na die wonderlike getuienis van Gianna Jessen, sy het 'n aborsie oorleef en veg nou vir die reg vir ander baba's wat aborsies oorleef.




Ek was te lank bang om oor politiek te praat hier op my blog, maar ek kan nie langer stilbly oor hierdie saak nie.
Kan ek vra vir julle gebede asb. en om nie op te hou as Obama die verkiesing wen nie, maar om asb te bid dat sy hart sal verander teenoor die mees kwesbare wesentjies in Amerika!
Die lewetjies, wat uit hulle moeders se baarmoeders geruk word en op vlekvrye staal tafels in hospitale gelos word om te sterf...

Kyk HIER vir bewyse van wat ek hier geskryf het.